Die singende, dansende Cornelius?

  • 0

Cornelius

Jy hoef my nie te herinner aan wat ek skrywe nie – anders as jy, weet ek wat ek omtrent die ware Godsdiens en die kettering van ander religieë skrywe.

Nog ’n verskil tussen my en jou is dat ek ook verstaan wat ek skrywe en in watter perspektief dit hoort – jy beslis nie.

Dit is dus sinneloos om elke keer my skrywes te herhaal, want elke keer is die antwoord wat jy soek, in soveel woorde ook in die stukke wat jy aanhaal, soos uitgelig in die res van die briewe waaruit jy my aanhaal. Maar jy is soos ’n blinde, jy kan eenvoudig nie die antwoorde sien en verstaan nie en gaan dan soos ’n sot tekere.

Die “jesus” wat jy verkondig, bestaan nie werklik nie, en ook nie in enige ander religie wat jy uitryg nie. Jy dink dit uit, dit is ’n hersenskim en net jy en jou selfgeskepte alter ego’s vanuit jou “komplekse psige” het “begrip” vir wat jy sê.

Die ware Jesus Christus die HERE bestaan wél en Hy stel Homself in die Woord aan ons bekend, welke Woord ek na verwys en dikwels aanhaal, in meeste van dieselfde skrywes van my waaruit jy vir my aanhaal.

As jy dalk die genade sou ontvang om die verwarring van jou “komplekse psige”, soos jy dit self noem, te oorkom, sal jy besef watter gemors jy aanvang in die Naam van die HERE én jy sal jou saak regstel. Tot dan, moet ons jou maar seker uitstaan, of hoe? Maar jy sal dan seker verstaan as ek nie aanhoudend op jou sinnelose gebrabbel en verwarde uitlatings sal kommentaar lewer nie – vir die eenvoudige rede dat alles wat te sê was, reeds gesê is en ek myself nie gedurig wil herhaal nie, want maak nie saak hóéveel keer ek dit herhaal nie, jy het dit net nie in jou om te verstaan wát ek sê, nie.

En terloops, ja, jy ís toe mos uitgewys as die liefdelose en oneerlike fake wat jy is en selfs dít is ook al sorgvuldig gedoen en dien dit geen doel om dit net weer te doen nie. Mense hier rond weet mos wat hulle aan jou het – niks. Behalwe natuurlik jou alter ego’s. Verder is jy kanonvoer vir diegene wat met jou oor jou matelose snert en waansin wil spot. Daaraan wil ek geen deel hê nie, want ek kry jou jammer daaroor. Jy is siek … jy “sing en dans” in jou newels, in jou hallusinasies Cornelius …

Ek wens jou uit my hart ’n werklike ontmoeting met die werklike, die énigste, ware HERE Jesus Christus, toe.

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top