Die seisoene

  • 4
Dis winter en dis koud. Daar is sneeu op die berge en die sonnetjie is flou.
 
Ek trek dik klere aan en gooi 'n kombersie oor my knieë waar ek sit en TV kyk.
 
En ek verlang na die somer. Maar na die somer kom daar altyd weer 'n winter. Na die winter weer 'n somer en so gaan dit aan en aan, seisoen na seisoen. En soos die seisoene aanloop word ons al ouer, totdat ons krom en styf is en sukkel om teen die koue te oorleef. En sterf ons van 'n verkoue.
 
Groete,
Tiens
  • 4

Kommentaar

  • ’n Paar weke of wat gelede was daar op ’n program oor die radio — ek dink aangebied deur Renske Jacobs — ’n vraag, oor wanneer die seisoene amptelik ’n aanvang neem. Daar was baie kommentare maar wat na my mening almal die pot misgesit het.
    Volgens die WMO (World Meteorological Organisation) begin die seisoene onderskeidelik op die eerste dag van Mrt, Jun, Sep en Des. Die IAO (Internasionale Astronomiese Organisasie) daarteenoor, gebruik weer die deklinasie van die son om die aanvang van ’n nuwe seisoen te bepaal, dws datums vir dag- en nagewening en noordelike en suidelike sonnestilstand wat op 22 Mrt; 22 Jun; 22 Sep. en 22 Des val.
    Toe ek nog op skool was, is ons toegelaat om wit aan te trek skool toe op sg ‘lentedag’ en dit was 1 September of die eerste dag daarna in September wat op ’n skooldag val.
    Ek dink die reël van die IAO is die sinvolste. Ek hou niks van die winter nie en moet dalk Durban toe skuif.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top