Die Schreiner Karoo-Skrywersfees

  • 0

Foto: Lisba Vosloo

Die Schreiner Karoo-Skrywersfees

Cradock, Oos-Kaap, 9-11 Augustus

Vir die derde opeenvolgende jaar vind die geslaagde Schreiner Karoo-Skrywersfees vanjaar weer plaas, van 9 tot 11 Augustus. Daar sal 'n spesiale fokus op vroue wees, om met Vrouedag saam te val. Top-skrywers wat boeke bekend stel, is onder andere Etienne van Heerden, Stephen Gray, Clinton V du Plessis, Guy Jones en Elwyn Jenkins.

Die viering van die vrou-tema sal gedra word deur Hilary Stakesby-Lewis, Sigi Howes, Ingrid Wolfaardt en Tony Jackman.

Uitstappies, 'n hoogtepunt van die fees, sal 'n besoek aan die Bergsebra Nasionale Park insluit.

Om vir die feeste bespreek, kontak Lisa Kerr by 048 8811650 of bel 082 410 5596, of e-pos info@Tuishuis.co.za.

Lees ook LitNet se onderhoud met Lisba Vosloo oor Olive Schreiner se insetsel as deel van die Formidabele Vroue-reeks op kykNET.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top