die hadeda het olie-ogies
(’n geweermetaalgrys vraagtekenvoël)
hy prik afgemete
die gemanikuurde grasperk
boontoe, in boomtoppe
sit kras swartwit kraaie
wagtend op nesduiwe
om hul waaksaam te verslap
boontoe steeds, dieper in die blou
bo pelikane wat huiswaarts bons
word die lug gespikkel
met fletsende swaels
heel bo, in hoogste strata
sirkel roofvoëls
in die volvoering
van gevleuelde lae
en ’n boeingstert halveer die lug


Kommentaar
ek steier steeds by die lees van jou werk....