Die reaksionêre persoon: ’n profiel

  • 0

Hello,

Comestor, sluit af met hierdie frase, “Vir ’n ou hond is dit bitter moeilik om nuwe toertjies te leer”, waar hy met slinkse ironie na himself verwys maar tog nog ‘n steek inkry na Kobus met die verwysing “Omdat ek my bydraes nie tot ’n enkele onderwerp beperk nie”.

Wat Comestor nalaat is dat hy wat Comestor is nog meer skuldig is aan die aanklag van dieselfde onderwerp oor en oor behandel, dieselfde brief sonder ophou oor en oor skryf.

Die tema uit die hand van Comestor is die van die verlore paradys, die eindlose verval en hoe die Afrikaner, die witte sonder blaam is. Vir daardie doeleindes is die net wyd gegooi, Harold Bloom, Allan Bloom, Daniel Bell, José Ortega y Gasset, selfs Sam Harris en Robert Wright as “bewyse” van die verval en hoekom die paradys tot ‘n val gekom het. Met dit is die Peter Godwin dus niks nuut oor Zimbabwe nie maar eerder die gewone Comestor wat in elke brief na vore kom, selfs ‘n bespreking oor herehuise sal ‘n klap na HOP-huise moontlik maak en ‘n bespreking van Murdoch se jeug ‘n ontheffing van wittes se blaam hier moontlik maak.

Laat Comestor homself dus nie bluf nie, hy skryf dieselfde reaksionêre brief oor en oor. Hoe kan dit anders wees wanneer dit duidelik is dat Comestor saam met Jan Rap so reaksionêr is as wat kan kom. Jan Rap sluit gereeld aan met Comestor en skryf ook eindeloos oor verval, die paradys wat nie meer is nie en waar het Afrikaans heen gegaan.

Wanneer die messe dus uitgehaal word om Kobus te steek hiermee sal dit Comestor loon om te besef dat hy nie sonder blaam is nie, verval, die verlore paradys, die stiksienigheid van die gelowige soos hy beweer en die eindelose verwysings na niksheid is sy enkele tema.

Daardie tema word herhaal sonder faal en dit is dalk die aard van die gesprekke hier, die deelnemers het hulle temas en dit word herhaal sonder ophou.

Indien daar uitgebrei word op die aspek van die reaksionêre denke wat Comestor hier openbaar dan is dit redelik eenvoudig. Comestor verlang na daardie staat van perfeksie wat bestaan het voor die revolusie en staan Comestor in reaksie teen die verloop van die geskiedenis maar apart van hierdie houding het Comestor nie net ‘n probleem met die verloop van die geskiedenis maar het ook ‘n erge negatiewe ontleding van die menslike natuur ontwikkel wat ook sonder ophou hier verkondig word en weer kan herhaal word, “minder beskaafd, minder ontwikkelende, minder kundige, onderontwikkelde mense”

Wat ‘n duidelike rangorde daarstel en Comestor se konstante verdediging van bevoorregting van die minderheid en is daar nou nog nie uitsluitsel deur hom gegee wie die groeperinge is nie. Hulle kan wit wees, hulle kan swart wees, laat almal raai.

In die konteks van bogenoemde argumente het ek daarom aangedui, die truuks uit die hand van Comestor is welbekend en die aard van die brief wat daaruit gaan volg voorspelbaar en nie meer werd om op te reageer nie, net soos die meeste hier, skryf Comestor saam met Jan Rap dieselfde brief soos klokslag.

Reaksionêr, verwysend na die verlore paradys en die verval daarna en hoe almal verswelg gaan word met wat die nuwe bring.

Dit uit die hand van ‘n persoon wat aanvoer dat hy nie onder enige illusie wil verkeer nie en daarmee die dapper denker wil wees maar tog so sonder enige moeite inval in bekende patrone, reg uit die Victoriaanse tydperk met verwysings na Burke en Montesquieu.

Dit is nie nodig om ‘n eksamen te skryf om dit te weet nie.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top