Die probleem met Afrikaans

  • 0

Vir Jan Rap se KDK en die feite oor die Taal ...

Oor die jarre heen het ek hier en daar, nou en dan, Jannie se geweeklaag gelees oor die uitsterf of anglikasie van Afrikaans, maar nog nooit kommentaar gelewer nie ... en hoekom nie?

Want die probleem van Afrikaans is hoeka die probleem met AFRIKANERS soos Jan Rap homselwers!!

Ek meen, hoekom verdien ’n taal om voort te bly bestaan wanneer dit gebruik word deur haters om nog verder haat aan te blaas?

Verdien so ’n taal en sy gebruikers werklik enige genade of oorlewing?

Jan Rap is ’n hater, en die soort van mens, of die taal wat hulle praat verdien dit nie, punt!

 Ek, as gebore Afrikaner, het dit al laaankal al sien aankom, dis nou die einde van Afrikaans, en persoonlik sal ek geen een enkele traantjie stort nie, hoekom sou ek?

Daar is derduisende pragtige tale in die wereld, heelwat van hulle in Suid-Afrika, wat ek met plesier sal wil leer en gebruik.

Waar is daar bv ’n taal wat mooier en meer welluidend klink as Zoeloe?

Of meer interessant en geskiedkundig is as die San-tale, die oudste tale van die ganse mensdom?

Afrikaans in teenstelling vervaag onmiddellik.

Beide oud-Engels en oud-Afrikaans deel een gemene voorouer.

Die naaste lewende taal aan daardie voorouer is huidige Frisiaans, van die eiland aan die Hollandse kus.

Hierdie is die basiese feite wat oningeligtes soos Jan Rap nog nie eens onder die knie het nie, maar skuimbekkend skrou wil hulle skreeu!

Hoe kan jy dan dus met die soort van gebreinspoelde kretins debateer?

Vat maar die woord JY in Afrikaans, nie vreeslik lank terug nie het die Engelse dit ook gebruik, ek dink hulle het dit Ye gespel, en van daar af kan jy mildelik uitbrei.

Daar is oorgenoeg woordeskat wat dieselfde is om te illustreer dat Afrikaans huidiglik niks meer is as ’n onderdeel van Engels nie. Jy kan derduisende woorde vind wat presies netso, of met miniskule verskilletjies gebruik word in beide tale, genoeg om ’n nuwe taal saam te stel wat deur beide Engelse en Afrikaners verstaan sou word sonder dat die een die ander se ’taal’ hoef te leer!!

Hierdie invalshoek word glashelder duidelik die oomblik wat jy ’n NIE-Germaanse taal aanleer, soos sê nou maar Mandarynse Chinees.

Nou, ek is geen groot expert in Mandaryns nie, en het maar die taal so by myselwers probeer aanleer, dus is my kennis beperk, MAAR vanuit hierdie hoek kan mens dadelik sien dat Afrikaans en Engels feitlik een en dieselfde taal is!!

Begin maar met jou basiese woordeskat en dan brei jy uit, baie woorde is presies dieselfde met nietige verskille in spelling of uitspraak, die ooreenstemming word selfs nog duideliker as jy dit vergelyk met Mandaryns;

my/my – wode, stoel/stool – yize, tafel/table – duoze, son/sun – taiyang, moon/maan -yueliang, land/land – tudi, president/president – zhongtong, kar/car – qizhe, trein/train – huozhe, skool/school – xuexiao, bok/buck – yang, koei/cow – niu, hen/hen – muji, fork/vurk – chaze, restaurant/restaurant – fandian, bank/bank – inghang, toilet/toilet – zesuo, kom/come – lai, staan/stand – jilai, eet/eat – chifan, drink/drink – he, rice/rys – baifan, tee/tea – cha, ens, ens ...

Die lys is amper eindeloos ... maar dis doodduidlik dat dit of een en dieselfde taal is, of stam uit presies dieselfde wortel uit, wat is Jan Rap se probleem dan?

Dis nes sy probleem met SA of met Swartmense, idioties, onkundig, bevooroordeeld, en dit alles stem uit sy beperkte logika en denkprosesse uit ... en daaraan kan jy niks doen nie, wag vir ’n breinoorplanting ou ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top