"Die Prinses" deur Rene Kruger

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Met haar hartjie rein
Het sy in die donker verdwyn
En in die koue van ander se harte verkluim

Hy het al haar drome verskeur
Uitgegooi by die deur
Haar kanse verkleur
Om eendag haar hart te gee

Aleen het sy gestap
Aleen die donker pad
Sy is siek en sat
Vir die smart
In haar hart

Al wat sy wou hê
Is vir 'n prins om vir haar te sê
Sy is al wat hy wil hê

Sy het aanhou hoop
Haar siel verkoop
En het betaal
Vir elke maal

Maar sy het opgestaan
Haar verlede laat gaan
En voor die maan
Gestaan
Met elke traan
Gehoor sy naam
En oral waar sy gaan
Sal hy langs haar staan

Ek is jou prins en ek sal jou nooit laat gaan nie
Jou fotoraam sal nooit weer leeg staan nie
Ek het jou lief
Sonder jou is my lewe onproduktief

Vergeet jou verlede se hartseer
En laat my probeer
Om weer n glimlag op jou gesig
Jou hart te verlug

Die toekoms is hier
Kom ons versier
Ons harte met plesier
Met n silwer band
Terwyl jy stap in kant
Hand aan hand
Na ons ewigheid
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top