"Die Plaas" deur Monique Gerrits

  • 0

Die Plaas

In die plastiekswembad onder die doringboom
In die skadu skaterlag water spat
Verbleikte rooi glyplank en 'n kinderhart
Onder die groot maroela het ek jou vertel van sakaboela
Ons was klein, ek en jy
speletjies elke dag gespeel
Hardkoppig moes ek my boomhuis met jou deel
Met my draadkar het ek jou poppeland oorgeneem
Jy het geweier dat ek saam in jou sandput speel

KOOR:
Daai dae is nou gedagtes
Kaalvoet in die grasvlaktes
Kan ek vir ? laatste maal
die doring uit jou vlees kom haal
Jou beskerm teen die slang in die boom
Sal jy vir ? laaste maal saam my droom?

Jare later Eva ek jou en jy Adam my
Kan jy my toe-oë in die swembad kry?
My macho-man springmat truuks
het jou pienk pop-rokkies begin verbied
Aan die einde van elke dag sou ek vir jou feëverhale lag
Dan glimlag jy en sê eendag sal jy ook so wêreld wil hê

KOOR

Ons het saam kettie-oorlog verklaar
Die plaas oorgeneem, selfs in die modder en reën
trekker gery
Lande geploeg
alles beproef
In die skuur kon ons ure lank verbeel
hoe ons regisseur speel
Die beste flieks gemaak
Sommer onder die sterre geslaap
Ek het jou leer boomklim en rof wees
Jy wou verewig en altyd in my oë lees

Daai dae is nou gedagtes
'n Dame in die stad
Baie min lag
Nog steeds in mekaar se gebede
in hierdie grootmens lewe
Ek verlang na die boombas
Die verfkwas
Hoe alles saam jou was
Kan ons vir oulaas sorgloos in die plaasdam spring?
Vrugte uit die boorde steel?
Aan tafel sit vir ? plaas ontbyt
nooit hoef terug te kyk

KOOR

Daai dae is nou gedagtes
Kaalvoet op die vlaktes
Moeder Aarde onder jou vasgeplant
Kan ons die TV afsit
net weer die bosveld in verdwyn?
Net ek en jy
Die plaas kon jou iets leer
daar kon jy jouself wees
So baie herinneringe daar gebou
Dis beter as ’n stad
vasgevang in ’n gebou
Ons was vry ek en jy
sorgloos en bly
Die wolke, son, sterre, maan
Ek, jy en die plaas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top