Die Pastafariese Geloof vir Francois Williams

  • 0

Dagsê Francois

Ek is deesdae ’n groot aanhanger van die Pastafariese Geloof en vind groot vertroosting in die evangelie van die Vlieënde Spaghettimonster (let op die hoofletters!).

Volgens ons Pastafriërs het die Vlieënde Spaghettimonster die aarde en alles wat ons om ons sien geskep en vermoed ek dat Hy/Sy (ons diskrimineer nie teen geslagte nie) ook ’n einde daaraan sal bring wanneer Hy/Sy dit goed dink.

Die Vlieënde Spaghettimonster het selwers so gesê.

Groetnis

Thomas

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top