Jean Oosthuizen, bekende vryskutjoernalis wat tien jaar lank by Kerkbode in Wellington gewerk het, se boek Die opkoms en val van die NG Kerk het pas verskyn. Kom luister Donderdag 22 November by die Breytenbach-boekklub in Die Bôrdienghuis in Wellington wanneer hy oor die boek gesels. Dit begin 18:30 vir 19:00. Kaartjies kos R30 per persoon en sluit ’n glas wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 of 021 873 7376.
Kommentaar
Die ondergang vd NG Kerk bestaan net in Jean Oosthuizen se kop (oor hy 'n bloutjie met die kerk geloop het).
Jou naam is seker Tokkie. Ai, jai, jai.
Ek hoop regtig die verguising van die NG Kerk kom eendag op 'n einde. Dit laat my dink aan die Boetman-storie. Hy was die bliksem in vir die ooms met die grys pakke en skoene. Dit lyk my nou die NG Kerk se beurt het aangebreek. Afrikaans word permanent aangeval. Ek sien die Mandela-stigting het nou 'n gemoedsbekakking oor die ou landsvlag agv een lid se bloutjie wat hy met die SA Polisie in die vorige bedeling geloop het. Ek wil kots as ek die woord versoening hoor. Die mense wat die minste in versoening belangstel se bekke is die meeste gerek oor die "wandade van die verlede". Dit het uitgeloop op 'n is, issie- geskreëry en oor en weer beskuldigings. As jy die moer in is vir iemand "get over it". Wrokke en verwyte gaan jou siek maak. Vergewe en vergeet. Dit is helend. Ek is daardeur.