Die opgestanes en die klas in ironie.

  • 0

Hello,

Henn, wen die prys komende van Oom Daan en neem dit nederig in ontvangs, vol pitkos was die brief oor die opgestanes. Ran Doodt wil ’n monument oprig. Is dit hoegenaamd houdbaar, watter galghumor voer die botoon hier. Oom Daan beskou homself werklik beter ingelig te wees, komende van ’n persoon wat die vraag nie in erns gestel het, terwyl Henn besig is met sy normale truuks.

Die volgende word deur Henn aangebied as ondersteuning tot die bevestiging van die opgestanes, na daar aangedui word, tekste bied nie geskiedenis maar wel teologie, net daar ’n kontradiksie. Dit is nie heeltemal waar nie, soos in geskiedkundig waar nie, maar word opgevolg met die volgende:

“Ordinances of Caesar, it is my pleasure that graves and tombs remain undisturbed in time without end for those who have made them ... Let it be absolutely forbidden for anyone to disturb them, in case of violation I desire that the offender be sentenced to capital punishment on charge of violation of sepulture." Oom Daan, voorheen was die straf vir grafskending lig. Hoekom nou die doodstraf?

Henn antwoord homself:

 

Kon dit dalk in reaksie wees op al die zombies wat in Jerusalem rond dwaal? Ek glo nie WANT, daar was nie zombies wat in Jerusalem gedwaal het met Jesus se opstanding nie.

’n Direkte herhaling van die volgende:

1. Emperor Tiberitus (14-37) or Claudius (41-54) issued an edict against grave robbing. An inscription of it was found in Nazareth. It reads:
"Ordinances of Caesar, it is my pleasure that graves and tombs remain undisturbed in perpetuity for those who have made them for the cult of their ancestors or children or members of their house. If however any man lay information that another has either demolished them, or has in any other way extracted the buried, or has maliciously transferred them to other places in order to wrong them, or has displaced the sealing of other stones, against such one I order that a trial be instituted, as in respect of the gods, so in regard to the cult of mortals. For it shall be much more obligatory to honor the buried. Let it be absolutely forbidden for anyone to disturb them, in case of contravention I desire that the offender be sentenced to capital punishment on charge of violation of sepuiture."
Before this time punishment would had been mild. Why was it changed to death? We know this decreed was soon after Christ's resurrection. Was it due to a reaction against the turmoil in Israel caused His resurrection?

Een van honderde soortgelyke "ready answers" om die opstanding van Christus mee te verdedig.

Hierdie is dus die vlak van die vraag gestel en die antwoorde waarmee vorendag gekom word. Is daar hoegenaamd ’n manier hoe bogenoemde vonds bevestig kan word?

Daar word nou gewag vir die bevestiging van die Ingelse Katolieke Bybel waarin die volgende gevind kan word ...

Henn skryf:

In Esegiël 9:6 leer ons:
Utterly destroy old and young, maidens, children and women: but upon whomsoever you shall see Thau, kill him not, and begin ye at my sanctuary. So they began at the ancient men who mere before the house.
Ek haal dit spesiaal uit my Ingelse Katolieke Bybel want in die ander word daar gewoon na "diermerk" verwys.

Dit maak vir ’n klas vol ironie, waar "ready answers" en onbevestigbare Ingelse Katolieke Bybels die botoon voer.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top