Die onskuld in jou mislukking
Die onskuld in jou oë
Laat my in iets weer dieper glo
Dat iets weer werklik sin kan maak
na alles wat ek reg moes maak
Die mislukking in jou hart
Sal ek van jou af weg wil vat
As jy my net ’n kans kan gee
Sal ek vir jou die antwoord gee
Vir wat dit werd is
Sal ek jou bystaan
Terwyl die wêreld rondom ons vergaan
Jy weet ek sien raak
Als wat nog saak maak
Al wat ek kort is ’n bietjie raad
Niks mag dalk sin maak nie
Dit maak nie saak nie
Stem jy nie saam nie?
Jy sien dalk net my foute raak
Dit maak nie saak nie
Stem jy nie saam nie?
As ek jou toelaat
Kan jy dit regstel?
As jy my toelaat
Sal ek dit regstel
Saam sal ons die wêreld vertel


