Die eerste sin van die evolusie-bybel vertel dat daar ’n oerknal was.
Dit vertel dat eendag, lank, lank gelede was daar niks.
Niks. Geen lig, geen duisternis.
Geen geluid, geen stilte.
Geen hitte, geen koue.
Geen materie, geen vaste stof, geen gas, geen vloeistof.
Geen gedagtes, geen idees, geen bestaan.
Niks, absoluut niks.
Geen ruimte, geen spasie, geen uitspansel, geen plek.
Geen energie, geen lewe, geen dood, niks, niks, niks.
Geen iets, geen niks.
Geen lug, geen lugleegte, niks, absoluut niks.
Niks positief, niks negatief, niks neutraal.
Geen liefde, geen haat, geen emosie, geen bewustheid.
Totaal wesenloos, bestaanloos, isloos.
Ek het baie van die folosofieë gelees oor byvoorbeeld hoekom sommige visse eiers lê en ander lewendig geboorte gee. Maar voordat julle, die profete en volgelinge van die evolusie-geloof die visse verheilig, vertel my net eers dit.
WAT HET ONTPLOF????
Duitswester


Kommentaar
Uitstekende vraag – kom ons kyk wat hulle hiermee doen.
Niks het ontplof nie!
Alles wat jy hierbo noem het op ’n sekere tydstip (ons begrip) ontstaan!
Groetnis
Read-na-Gael
NS lees my kommentaar op George Claassen (die ateïs) se prometheus ongebonde hiernaas.