Stories soos die volgende van me Marietjie Smith (56), ’n dosent aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Welkom-kampus, wat vier taxi’s per dag gebruik as vervoer werk toe en laatmiddag terug na die blyplek wat sy huur. Dis wat mens se geloof in die Nuwe SA wonderlik versterk, sy seg oa:
Baie mense kyk my verbaas en half afkeurend aan wanneer ek sê dat ek dit geniet om taxi-vervoer te gebruik. Dis goedkoop, veilig, gemaklik en my mede-passasiers is wonderlik goed vir my.
“Hulle is verras oor die rariteit van ’n wit vrou wat elke dag taxi ry en bedank my vriendelik wanneer ek met hulle Sesotho praat. Ons gesels oor alles. Die weer, politiek, pryse van kos, brandstof en werkskaarste.
“Hierdie mense is my rolmodelle met hul lydsaamheid, hardwerkendheid, goedgesindheid en hulpvaardigheid. Hul geloof in God en hul skerp humorsin is verstommend, en dis hulle wat vir my ’n voorbeeld stel van nederigheid,” vertel Smith met bewondering.
“Soms praat ons vroue oor probleme en vertel hulle van siekte, werkloosheid en kommer oor kinders wat die spoor byster is. En ons kan vir mekaar sê hoe die moegheid en pyn van oorwerkte lywe ons soms laat huil. Ons ruil rate uit vir selfmedikasie en bid vir mekaar, want die lewe is nie maklik nie.
“Niemand was nog ooit onwillig om my te help met my swaar tas en sakke met kruideniersware nie.
“My groot vriend, Paseka, is altyd op sy pos agter die hoofposkantoor in Welkom. Hy is die grootste gentleman van almal."
Blykbaar vra die gewone dik drol deursnee idioot blankes haar gereeld:
“Is jy nie bang om taxi te ry nie,”
Maar sy kan eerlik antwoord:
“Bang? Waarvoor, vir wie? Ek is vir niks en niemand bang nie! Die Here is my helper en my onderhouer. Ek is bevoorreg om deur hierdie mense aanvaar te word. Hulle laat my tuis en geborge voel en dankbaar dat ek betroubare vervoer het en ’n werk.”
“Ek ry dikwels saam deur die townships Thabong en Kutluanong. Die mense is so trots op hul blyplek. Die huisies en erfies is skoon en netjies. Dit word vroeg-vroeg voor die deure gevee en by sommiges is netjiese grasperke, bome en groente geplant.
“Ons ry verby kinders op pad skool toe, volwassenes wat werk toe stap of taxi’s haal, ou mamas met kleuters op pad na ’n crèche of speelskool. Baie vroue probeer ’n lewe maak deur groente, vrugte, lekkers, los sigarette en kos te verkoop. Mans werk ook aan motors by hul huise en verkoop hoenders of skape.
“Hierdie mense het so min, hulle is so dankbaar vir ’n vriendelike woord, ’n bietjie belangstelling, ’n handdruk, om net raakgesien te word, gegroet te word. Maar hulle gee so baie in ruil: Geskenke wat geen geld kan koop nie – liefde, aanvaarding, vriendskap, omgee. En hulle verwag niks in ruil nie."
Pragtig nè ... dis die wondere van die nuwe SA, waar alle Suid-Afrikaners saamleef en saamwerk en mekaar inniglik waardeer.
Kyk hoe skerp steek dit af by die haatspraak en skynheilige, maar hoogs giftige gekots van die vieslike alies van die wêreld!
Wat soek die alies in elk geval in SA?
Hulle is nie welkom in ons lieflike land nie!
Die alies beter skoert, want hulle gaan lelik seerkry ... wat jy saai sal jy maai, en in die Nuwe SA saai ons medemenslikheid ... as jy nie kan inpas nie ... FOKKOF!!!
Viva SA!!
Francois Williams

