"Die Nuwe Dagbreek" se hupstoot vir die gemoed

  • 2

Die brief hieronder is die opinie van die briefskrywer en nie van die LitNet-redaksie nie.

Wederhelf dring gis’traand op ’n “eisbein” aan en slegs by die eetplek waar almal graag gesien wil word.

Nukkerig sê ek by die deur “yes please” vir ’n “table for two?” en word ons na ’n tafel begelei. Gesete mompel ek hulle kan mos sien ons is twee, vir wat die alewige vernemery. Dis omdat hulle nie weet hoeveel gaste ons onthaal nie en sy loer na my. Ja kyk, wederhelf hou daarvan om oorwinnings te behaal! Vlugtig dink ek aan daardie advertensie so ’n ruk terug waar die ou indruk wou maak en sy kaarte met die ellelange rekening in sy hand  een na die ander “decline”. Ek is nog van die ou soort, nooi jy iemand, betaal jy en ek is deesdae nie in die ‘mood’ daarvoor nie – nie na die rentekoers alweer gedaal het nie, onthou. Ek wil my bene rek en trap-stoot die oorkantse stoel ’n entjie terug en merk toe ’n streekskoerantjie (Eastern Cape Sun – 9/8/19) daarop.  Dis daardie gratis soort, gewoonlik dik met al die advertensiepamflette, maar nou net ’n paar dun velletjies. Wederhelf kry ’n oproep van een van die kinders en ek neem die koerantjie op en blaai daardeur en kom op die onderste berig af.

Indien dit ’n teken is (sien wat onderstreep is), van wat kan en mag kom, dan het ek hoop. “Why are we paying children to have children, something is wrong here?” Inderdaad minister! Inderdaad. Veral ook gesien in die lig van hoe daar in Durban en Pmb met kroeks gehandel word, is daar ’n silwer randjie. Ja kyk, ons het beslis ’n nuwe dagbreek nodig.  Agb. CR het gister nog ’n toespraak gelewer waarin hy smeek: “We don’t want them to take their dollars, euros and pounds out, we want them to bring their dollars and euros in”. Lg is nie wat sekere ouens, met die Rand wat na  $1=R16 draf, en daar’s baie van hulle, wil hoor nie. (Bring Agb. CR genoeg in, kan ek dalk weer onthaal.)

En daar geniet wederhelf en ek  ’n impromptu “wine-n-dine”.

Groetnis vir die dag van môre,

Raed-na-Gael.

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Deesdae is dit lekker om op stoep te sit en na grasvinkies te kyk, wat oorlams kom bedel by my voete. Die kransduiwe se skofomruiling op stoepmuur dop te hou.
    Om eergister se vars nuus in koerant te lees is nie my gunsteling nie. Om Radio Orania se herhaling deur die dag, van eergister se vars nuus te luister, nog minder aangenaam.
    Kritiseer ek? Ja, want ou nuus is nie lekker om weer en weer te hoor of te lees nie. Dit bederf 'n nuwe dag...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top