Die noodsaak van debat

  • 0

Waarom sou die getal briewe per dag so drasties gekrimp het? Is dit miskien omdat julle party daarvan nie plaas nie, weens ’n soort sensoraksie?

Ek kan nogal daarmee saamstem dat party briewe eentonig en verveeld is en dat die Godsdiensdebat al vir te lank duur, maar ek sou nogal verkies dat die nuwe SêNet so na as moontlik aan die oue moet wees, met dieselfde skrywers, plus nog baie meer.

Kan dit wees dat van die mense sukkel om by die nuwe SêNet uit te kom? Dan moet julle miskien vir hulle ’n skakel of nota daar plaas, asb.

Dit is noodsaaklik dat ons verskeie debatte voortsit - die situasie in die land is onstuimig, bedrog en korrupsie is enorm, die politiek ruk handuit. Soveel as moontlik mense moet kennis neem en dink aan oplossings, of ten minste gereed wees om te vlug as dit begin te gevaarlik raak. Die land word in die grond in regeer, geld verdwyn teen ’n skrikwekkende tempo. En dis nie net staatsgeld nie, daar het bv honderde miljoene rand van die kleremakersvereniging se pensioenfonds verdwyn. En ons kranige regering doen niks, hy wens dalk eerder die kaders geluk met die slim inisiatiewe wat hulle neem om sulke groot bedrae te laat verdamp.

Mag daar ’n Hoër Hand wees wat ons uit hierdie nuwe Egipteland sal verlos waar ons tans slawe is. Sal Jan Rap dalk die rol van Moses neem?

Groete,

Varkspek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top