"Die Nag" deur Frans Hendrik De Villiers

  • 0

Die Nag

Ek drink, nooi die rituele van die nag
Maak die son buig oor die see
terwyl die nagsekel kom

Kerf, kerf, kerf
die bloedige pienk uit haar nek
Laat die son versuip
in Tafelbaai se watergraf

My lykswa kruip langs die agterpaaie
van Langstraat
Waar ek my donker siel sal smeer
teen die vuil mure van my stad
Mense vul die omslag
van die dansvloer
En sy blaai deur my lyf
soos ? vuil tydskrif

My vreemdeling
laat ons sterf met die nag
en rys met die son
uit Tafelbaai se watergraf

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top