Die multiversum en die Doodt

  • 0

Die multiversum en die doodt

Hello Angus et al,

Hierdie onderwerp word gereeld deur Ran Doodt aangeroer. In die vorige debatte was daar deur my gesteun op Brian Greene se werk asook die van Lee Smolin. Brian Greene toon in die onderhoude die nederigheid om die argumente rondom hierdie onderwerp aan te bied en te verdedig maar ruimte te laat vir die moontlikheid dat dit verkeerd kan wees. Hierdie is dus die uitdaging, ’n kenner wat in die veld staan laat ruimte toe vir die moontlikheid dat dit alles verkeerd kan wees en dalk nie tot ‘n goeie einde sal kom nie, terwyl Ran Doodt dit as ‘n volkome bevestigbare werklikheid aanbied.

Lee Smolin, wat nou weer opgekyk is het die volgende opmerking:

“How can you not see the beauty of the theory? How could a theory do all this and not be true?” say the string theorists. This provokes an equally heated response from sceptics: “Have you lost your mind? How can you believe so strongly in any theory in the complete absence of experimental test?”

Soos altyd is daar meer as net bogenoemde aanhaling wat ondersoek moet word. Die probleem is dat die leek, Ran Doodt, meer sekerheid toon as wat die deskundiges toon en dit is ‘n kontradiksie wat altyd ‘n glimlag bring.

Soos dit is, in die week wat verby is luister ek na ‘n onderhoud met David Deutsch skrywer van die onlangse The Beginning of Infinity: Explanations that Transform the World.

Die onderhoud kan hier gevind word. http://www.cbc.ca/thecurrent/episode/2011/10/14/quantum-computing-david-deutsch/

David Deutsch is aktief betrokke in die studie van die multiversum maar in die onderhoud maak hy ‘n opmerking waarin hy kwalifiseer dat slegs 10% van fisici bogenoemde teorie ondersteun.

Bogenoemde word aangebied om te bevestig dat in teenstelling met wat Ran hier aanbied hier glad nie ‘n algemene aanvaarde bevestigde waarheid is nie.

Die uitslag indien uiteindelik geldig is nog in die toekoms.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top