Hello,
Comestor is in volle swang met die truuks van ouds: boeke wat geen strekking het oor die onderwerp onder bespreking word mismaak tot dit pas en sodanig forseer. Die nuutste is die storie van die hotel met oneindige kamers en hoe dit weer gebruik word om gal te braak oor alles wat verkeerd is volgens sy mistroostige visie.
Daar is egter genoeg om oor mistroostig te wees en ’n uitdaging stel vir almal hier om ’n antwoord voor te vind. Die werkilike probleem is dat slegs 12%, of 1,6 miljoen huishoudings, verdien genoeg om sonder hulp vir ’n huislening te kwalifiseer. Dít blyk uit die jongste navorsingsverslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV). Dié verslag weerspieël die erge druk waaronder die regering se huisleweringsprogramme is en word die behuisingsagterstand op 2,2 miljoen eenhede geskat en neem dit jaarliks toe.
In 2009 het sowat 60% van alle huishoudings minder as R3 500 per maand verdien.
8,4 miljoen huishoudings verdien minders as R3 500 per maand.
Die uitdaging word aan almal gestel hier teenwoordig om met dit te probeer oorleef?
’n Woning te bekostig, voedsel te koop en kinders skool te stuur, vervoer na die werk te bekostig.
Dit is maklik om in 'n woonstel hoog in die lug, jouself op die skouer te klop oor hoe goed jy gedoen het en die “hordes” te blameer dat hulle nie hulle sokkies opgetrek het nie en te weeklaag oor die “onregverdigheid” van die wat “aandring” op huisvesting en deur die staat gehelp word om dit te verkry.
Die soeke na oplossing vir die sonder menswaardige huisvestiging is van kardinale belang en moet ’n prioriteit wees.
Die regering se oplossing vir dié mark, ’n R1 miljard-waarborgfonds, is nog nie op dreef nie. Die laaste kommunikasie van die regering oor dié fonds was in November verlede jaar toe die departement van mens¬like nedersettings en die nasionale korporasie vir behuisingsfinansiering (NHFC) gesê het die fonds sal eers in Oktober vanjaar in werking tree.
Die waarborgfonds sal ’n risiko-onderskrywingsfonds wees wat uitbetaal as verbandpaaiemente nie betaal kan word nie.
Die navorsing toon dat die aantal HOP-huise wat jaarliks deur die regering gebou word, skerp afneem. In die 2010-’11-boekjaar is ’n totaal van 121 879 HOP-huise landwyd voltooi teenoor 161 854 in die 2009-’10-boekjaar.
Mag almal in die land gou net so snoesig en knus soos Comestor in hulle eie wonings wees.
Baie dankie
Wouter
Kommentaar
Beste Wouter en Comestor
Ag nee Angus! Nou het jy my heeltemal deurmekaar.
Dink jy nie al hierdie gefilosofeerdery oor oneindig en kamers en hotelle is in elk geval sinneloos as dit kom by die werklikheid nie? Ek weet jy was nou tong-in-die-kies en duidelik steek jy die draak met Wouter en Comestor, maar die werklikheid bly steeds ... daar is oneindig gevaarlik te veel mense in die wereld en iewers gaan Hotel Oneindig met 'n oneindigende lawaai eindig!
Perdebytjie
Hello Perdebytjie,