Die manne kan gerus so ’n klein bietjie oor die “This is a man’s world”-ding kom. Dis baie 1960. Goeiemôre, Engel, hier’s jou koffie. Welkom in 2023!
Musiek beïnvloed die tydsgees, en toe hierdie liedjie in 1966 deur James Brown gesing is, was die gier van “baas van die plaas” (of hoofhoender op sy eie mishoop) nog heel gesond. Die lirieke sê darem dat hierdie wêreld wat mans gemaak het niks sonder ’n vrou sal wees nie. Dis vordering, I guess.
Het jy al aandag aan die res van die lirieke van hierdie bekende en geliefde liedjie gegee? Dit impliseer dat hierdie wêreld deur die manne se harde werk en swaarkry gebou is, en dat die vroue net daar is om die lyding beter te maak met hulle mooi tieties (side note: NIKS fout met ’n mooi tietie nie), deur vir kos te sorg en met die kinders te deal. Sommige dink vandag nog so. Wat ’n pot snot!
Die snert moet end kry vir die volgende redes:
- Die manne het die wêreld toe nie alleen gebou nie.
Die geskiedenis is besaai met tallose vroue wat verstommende dinge doen ten spyte van die glasplafon, vrouehaat, uitdagings wat deel is van vrouwees (soos menstruasie en ma-wees) en vooroordele. Ek noem ’n paar voorbeelde:
- Ruth Bader Ginsburg was op die kruin van die regsprofessie in Amerika en ’n luide kampvegter vir vroue.
- Marie Curie was die enigste persoon ooit wat die Nobelprys in twee verskillende wetenskapsvelde (fisika en chemie) gewen het.
- Oprah Winfrey is ’n mediareus, ’n miljardêr, en ’n filantroop sonder weerga. Een van die min rykgatte wat nie ’n pyn in die gat is nie.
- Frida Kahlo se kuns is aangrypend, onmiskenbaar en eerlik.
- Nadine Gordimer was ’n skrywer, politieke aktivis, en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1991. Sy het verskeie boeke geskryf wat handel oor die rasse- en morele kwessies in ons land.
- Miriam Makeba, bekend as Mama Afrika, was ’n gevierde sangeres en burgerregte-aktivis. Haar musiek het ons lot onder apartheid en onderdrukking aangespreek. A luta continua.
- Caster Semenya is ons uitmuntende 2016- Olimpiese gouemedaljewenner. Sy is ’n prominente figuur in die bespreking oor geslag in sport en vroueregte in atletiek.
- My vrou is toegewyd aan en lief vir my. Ek is biseksueel (ja, sy weet van die begin af), en ek leef met borderline personality disorder Dit is nie altyd maklik nie, glo my. Ek kan ’n pyn wees. Ons het twee kinders wat ons sáám grootmaak, sy bestuur die bemarkingsafdeling van ’n mediese maatskappy, sy het ons huis saam met ’n span bouers self gebou, en sy het ’n 1970’s camper van eiehandig nuut gemaak. Sy is ook ’n uitstekende kunstenaar. My formidable ride or die. Ek lief jou!
Ek dink ek het my punt bewys.
- Kosmaak is nie ’n geslagsrol nie. Kosmaak is ’n basic life skill.
- Vroue is veel meer as tieties en koekies. Verskoon die kru taal, maar hoe vroue in seksobjekte verander word, is walglik, jou dickhead.
Intelligensie is baie moeilik om te meet, en dit sluit verskeie dimensies soos kreatiwiteit, emosionele intelligensie, probleemoplossing en meer in. Dit is nie waar dat die een geslag gemiddeld meer intelligent is as die ander nie. Daar is verskeie studies wat aandui dat daar min tot geen beduidende verskil is tussen die gemiddelde intelligensie van mans en vroue nie. Dit is belangrik om te onthou dat die bekwaamhede en intelligensie van ’n persoon bepaal word deur ’n kombinasie van genetika, opvoeding, opleiding en persoonlike ervarings. Nie geslag nie!
- Die kinders is jou kinders ook. Jou vrou werk waarskynlik ook.
’n Vrou het haar eie lewe en drome wat sy nie opsy hoef te skuif vir dié van haar man en kinders nie.
Wat kan jy, as ’n man wat die onsmaaklikheid hierin raaksien, doen?
- Hou op om jou blind te staar aan tradisionele geslagsrolle. As jou vrou ’n beter handyman (sien wat ek bedoel) as jy is, of meer geld verdien, waardeer haar daarvoor en gee haar die ruimte om haar ding te doen terwyl jy gaan kosmaak.
- Hou op om neerhalende opmerkings oor vroue te maak. Hulle is nie neulkouse of kekkelbekke of watter belaglike woorde ook al gebruik word nie. Leer jou kinders reg. Praat van jou dogter as sterk en jou seun as die een met die sagte hart. Mens kry sterk vroue en sagte mans.
- As jy nie weet hoe nie, of jy is te lui, begin kosmaak. Dit is nié ’n vrou se werk nie. Almal moet eet. Gaan doen sommer die inkopies ook. Leer jou seun kook.
- As jy die superheld en die rolmodel vir jou kinders wil wees, wees daar. Wees teenwoordig en laat hulle toe om te wees wie hulle is. As jy te min tyd hiervoor het, is dit dalk tyd om jou prioriteite in heroorweging te neem.
- Suid-Afrika is die hoofstad van geslagsgebaseerde geweld. Beveg dit. Praat met jou brasse!
Mans het selfs vir God geclaim! Wie het besluit God is ’n man?
Ek sluit af met die woorde van die meesleurende Amanda Strydom. Ek lief jou, Miss Mandy, al ken ek jou nie:
Moeder God U ken my waan
My ego en my regopstaan
Die drake waarteen ek bly veg
U wys my altyd weer die weg
U het my met U lig geseën
Die lig strooi ek op iedereen
Net U weet hoe my toekoms lyk
Ek het niks, U maak my ryk
Kommentaar
Hoor, hoor!
Die krisis van geslagsgeweld sal nooit opgelos word nie. Dit is omdat Suid-Afrikaners in een verkiesing na die volgende dieselfde onbewkame mense instem wat nie belangstel in die welstand van die land nie, maar net in hulle eie voorspoed. Wetteloosheid is die norm en word nie gestraf nie. Verkragters en moordenaars kry ligte strawwe en word gereeld weer vrygelaat om voort te gaan met hulle dade.
Interessant wat hierdie beste este grondwet op die ganse aarde van ons se vrugte is nou na 3 dekades ...
Hoor hoor ... wat?
'n Ware gebalanseerde vrou sal so 'n ou met 'n plank disnis moer.
Ai, Nic Prinsloo, sterkte man. Jou hele argument is basies ongegrond. Dalk is dit jou oriëntasie wat jou bang maak vir heteroseksuele mans. Jy sal verbaas wees hoeveel respek die meeste mans vir dames het. Nogmaals sterkte man!
Nic ek is veral bly omdat jy, naas die ander baie voorbeelde, vir Caster Semenya byhaal om jou punt te maak. Sy is, soos jy uitwys, maar nog net 'n voorbeeld van hoe ons samelewing daarmee volhard om oudmodiese sogenaamde verskille tussen die geslagte te handhaaf. Hoekom kan ons nie vir eens en altyd aanvaar dat die geslagstereotipes waaraan ons vaskleef die produk is van testosteroon-geteisterde koorsdrome wat mans laat hyg na hegemonie nie? Hierdie perspektief is, per slot sake, onderliggend aan 'n wydverspreide wanopvatting dat mans deur die natuur toegerus is om bv vinniger te kan hardloop as vrouens, hoër te kan spring, 'n spies of 'n diskus verder te kan slinger, stewiger in 'n skrum kan staan of om selfs om die wêreldswaargewigbokstitel te kan verower. Daar is nou wel oppervlakkige, stawende getuienis vir so 'n bygeloof, maar dit tog nie so dat net omdat 'n vrou tot dusver nog nie vir die Springbok span gehaak het dit vir ewig so gaan bly nie.
Net sowat 70 jaar gelede het professore aan vooraanstaande universiteite nog geglo dat die vroulike geslag net nie gebore in staat was om bv wiskunde of fisika en selfs eenvoudige dissiplines, soos filosofie, op die verhewe peil van mans kon bedryf nie. Hulle kon hoogstens daarna streef om bv. kombuischemie of vroedvrouginekologie onder die knie te kry.
Min mense weet bv dat vroue presteerders soos Madame Marie Curie destyds daarvan verdink was dat moeder natuur meer jacks as queens was in die geslagskaarte wat aan haar uitgedeel was. Maar vereis ons vandag 'n seksvalidasie toets voor ons haar bydraes tot die wetenskap na waarde skat? Wat skeel dit ons as 'n paar wegkruipertjietestes haar heimlik bly voed het met die stof wat aan die wortels van haar muse bly lê het? Newton se inspirasie het uit n appelboom geval, nie uit sy broek nie. Laat 'n mens tog wonder waarmee Archimedes besig was toe hy met die "Eureka!"-kreet uit die bad gespring het.
Nic ek lees jou brief. Ek ken jou van geen kant nie. Ek gaan nie eers probeer om in 'n bekgeveg met jou betrokke te raak nie. Ek is nie 'n wyse man nie. Maar het 'n paar draaie in die lewe al geloop. My raad aan jou is, moenie Christene volgens jou standaard oordeel nie. Ek glo nie iemand het jou die reg gegee om ander te oordeel nie. Gaan aan met jou lewe. Maak eers vrede met jouself. Sterkte.
Die skrywer noem enkele vroue uit die geskiedenis en baseer sy brief op individue se uitsonderlike prestasies, ondersteun deur hul gades. Dit is nie veralgemening nie.
Hier in Orania staan vroue hul man in bouspanne daagliks, hul is selfs werkgewers, ambagsvroue.
Dit my nog terugdink aan hek by Oshivello, na Owamboland. Daar het gestaan op 'n bord teen die muur: "Dis 'n man se wêreld"! Waarom veg vroue nie in loopgrawe nie? In die VSA is daar vele vroue wat voorstanders van oorloë is en as politici dit propageer.