Die Magere Brug-wonder

  • 0

Die eerste twee bote het vinnig verbygevaar
maar die derde was ’n swaarbelaaide aak
wat so traag nadergekom het dat (geskenk – Karin,
pasta, room, boontjies, bel loodgieter)

Skielik doem die aak vlak voor ons op
en ek sien hy loop oor –
water wat in springerige golfies
uit die donker ruim oor die dek stroom

Bo die wagtende mense
het die tamheid van die werkdag gegroei
tot ’n byna sigbare tros teksballonne

Gewikkel in gedagtes en beslommernisse
sien ons nie hoe al die water van die Amstel
uit die aak opwel nie
Incognito dryf die oorsprong van die rivier verby

* Geskryf deur K Michel; vertaal deur Danie Marais

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top