Die lyne op my hand
Jou hart was al tien keer gebreek
Dis merke wat nooit weggaan nie
En die laaste keer bly vassteek
tot jy reg is om aan te gaan
Ek sien hoe jou oë ophelder
Maar gou weer verdof
Dis seergekry wat jou rkelder
Ek weet dit was rof
REFREIN:
Alles gebeur met ’n doel
Glo ek van kindsbeen af
Dis ’n teken van Bo
Met ’n verduideliking
wat op ons wag
Maak jou hart nog een keer oop
en kom loop aan my kant
Dan wys ek jou die lyne op my hand
’n Mens kan die seer in jou oë sien
Maar gister se probleme is verby
Dis nóú tyd om op te staan
Die trein is reg om te ry
Vat hierdie kans
en kom staan in my lig
Waar ek en jy kan dans
met die sterre in ons sig
REFREIN
Ek kan nie die toekoms lees
oor waar ons gaan wees
Maar die lewe gaan te gou verby
om nou hierdie kans te laat gly
Asof dit beplan was
Voor ek en jy ’n gedagte was
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


