Geskryf vir: Straatligkinders
Die lewe se pyn
Het my hart verklein
Die lewe se seer
Het my geleer
Om aan te hou probeer
Niemand is meer perfek nie
En doen niks meer vir die gek nie
Niks val meer in plek nie
Al hoe meer mense
Breek die grense
Om hulle wense
Te sien deur ander se lense
Moenie dit vat nie
Hule weet nie dat nie
Ek is niemand se skat nie
Ek grou nie 'n gat nie
Wys my die wonderlikheid
In die waarheid
Se wysheid
Raak aan my hart
Verwyder al die smart
Ek is wakker as ek slaap
Wat maak als saak?
Die toekoms kom al hoe nader
Al my foute vergader
Skuif alles uit
En staar deur die ruit
Vou alles toe in koeverte
Stuur dit weg
En doen als van voor af reg
Dit is ons saak
Om alles reg te maak
Wys my die wonderlikheid
In die waarheid
Se wysheid
Gee my die krag
Om weer te kan lag
Na vriendelikheid te smag
Laat die pyn verdwyn
En my foute verklein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

