"Die lang swart stoep" deur Jaco Hendrikse

  • 0

Die lang swart stoep

Op die hoek van rykdom en ’n verlate taxi-stop
Is dit vir ons ’n huis, ek voel hom in my hart klop.

Glimlagte, liefde en God se werk soos min
Armoede het ons geknou, soms ondergekry
Trane was gehuil, maar geluk was vir ons gegun
My moeder het dit reggekry, alle genade aan haar sy

Ons was na aan ons vriende, ons familie en bure
Ons was daar vir mekaar, ’n koppie suiker of twee
Met die val van die akker, ons tuine en diere
Die hop van die bal en die vryheid wat ons gee

Hoor ons die klanke, die musiek van ons bure
Die ligte dog sagte klank van die klavier
Wat sweef oor die hartseer, en donker ure
Tussen ken en skouer is dit liefde en plesier.

Sy was ’n klein swart vrou, met swaarkry in haar oë
Ons het haar lief, sy’t ons beskerm, my ma omhels
Sy’t ons gelei aan ons hand, ook geglo genade is van bo
Ek was wit en sy was swart, dis net die kleur van ons pels

Die laaste stap van my kaalvoet op die lang swart stoep.
Is my gedagtes hier gebêre, hier geplant.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top