Die Lang Pad
Dis ? lang pad om te loop deur die lewe
Daar is hartseer, daar is pyn
Daar is vreugde, daar is wyn
Ja, die lewenspad is dikwels baie lank
REFREIN:
Jy moet nou gaan, ek laat jou vry, my kind,
Sprei jou vlerke en vlieg dan hoog op die wind
Dis ? steil pad om te gaan deur die lewe
Daar’s kranse wat op jou wag
maar ook oases vir jou krag
Ja, die lewenspad is dikwels baie steil
REFREIN
Die ? krom en skewe pad deur die lewe
Daar’s mense wat jou sal kul
maar ook met liefde omhul
Ja, die lewenspad is dikwels krom en skeef
REFREIN
Dis ? swaar pad om te gaan deur die lewe
Alles sal nie altyd maklik gaan
Laat loop jou pad ? reguit baan
Ag, mag dit met jou goed gaan, my kind
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


