Geskryf vir: Alle kunstenaars
Dis ‘n lang pad om te loop deur die lewe.
Daar is hartseer; daar is pyn;
daar is vreugde; daar is wyn.
Ja, die lewenspad is dikwels baie lank.
Refrein:
Jy moet nou gaan; ek laat jou vry, my kind,
Sprei jou vlerke en vlieg dan hoog op die wind.
Dis ‘n steil pad om te gaan deur die lewe.
Daar’s kranse wat op jou wag;
maar ook oases vir jou krag.
Ja, die lewenspad is dikwels baie steil.
Refrein
Die ‘n krom en skewe pad deur die lewe.
Daar’s mense wat jou sal kul;
Maar ook met liefde omhul
Ja ,die lewenspad is dikwels krom en skeef.
Refrein
Dis 'n swaar pad om te gaan deur die lewe
Alles sal nie altyd maklik gaan.
Laat loop jou pad 'n regiuit baan.
Ag, mag dit met jou goed gaan, my kind.
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

