Geskryf vir: Straatligkinders
Hey jy!
Kyk vir my as ek met jou praat!
Jy is die kanker in my weefsel
Jy is die gif binne my are
Jy is die siekte en die medisyne
Jy is die liefde en die haat!
Laat die klok lui,
Laat die klok lui,
Laat die klok lui en se dis verby!
Hey jy!
Kyk vir my oorkant die draad!
Ek is die sny bo-op jou wang
Ek is die steke binne jou wond
Ek is die lafhard en die held
Ek is die vloekwoord in jou mond!
Laat die klok lui,
Laat die Klok lui,
Laat die klok lui en se dis verby!
Nou kom laat ons kragte meet!
Dis nou die laaste rondte
Die skare is op hulle voete
Geen genade word gevra of gegee
Tussen die bloed en die sweet
Weet ek ons sal mekaar se trane wegvee!
Laat die klok lui,
Laat die klok lui,
Laat die klok lui en se dis verby!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

