"Die laaste keer" deur Irene de Kock

  • 0

Die laaste keer

Ek wonder waar jy nou is en ek wonder waar jy was
ek wonder waar jy nog gaan wees
? Pad na aan vir ewig het gebreek na dit wat was
En ek wonder hoekom hou ek nog steeds vas

REFREIN:
Ek weet ek’s nie perfek nie
En ek weet ek moes baklei
Maar ek kon nie, want ek het geweet dit is verby
Ek weet jy is nie perfek nie
Maar jy’s perfek vir my
Ek wens die stemme kon net ophou stry

Ek weet ek hou dalk vas aan iets wat nie bestaan nie
Maar ek weet dat dit bestaan vir my
Ek weet dat ons al het en ek weet dit is ? kans
maar kan ons nog net een keer dans?

REFREIN

Ek weet dis weer begin, maar ek weet dit is okay
Want dié keer is jy hier by my

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top