Agtergrond tot hierdie brief:
Eerste brief
Tweede brief
Derde brief
Vierde brief
Toe op ’n stadium besluit ek ek moet iets aan die situasie doen, want dinge begin my in die verleentheid stel en ek het skade vir onsself veroorsaak deur die dinge en ek het in die proses die Here ook beter leer ken en dinge het vir ons (net ek en my vrou, geen kinders, was kinderloos) begin verander.
Ons het meer betrokke geraak by die kerk ens, en ek sal nie sê Michelle was iets van die verlede nie, dinge het net stil geraak, sy was op die agtergrond. Maar ek kan haar nie uit my kry nie, sy is en sal altyd deel wees van my, sy was nog die laaste tyd altyd maar in die agtergrond. En iets wat my die laaste paar jare baie gepla het was dat my vrou haar ontrek het van my, ek praat seksgewys, sy het altyd ’n verskoning as dit daarby kom, ek het alles verander ek het gedink dis maar die dinge van die afgelope paar jaar maar ook nie dit nie want ons het wel seks gehad in Michelle se tyd terwyl sy daar was, ek kan op niks afkom of my vinger lê op wat dit kan wees nie, en dit hinder en pla my verskriklik want op daai gebied suffer ek al vir die afgelope 3 jaar.
Tot so Maart 2011 het my drange my so opgejaag dat ek in eensaamheid voor die rekenaar sit snags en dan soek ek porn sites op vir bevrediging (waarvoor ek eintlik skaam kry voor God want ek besef dis nie reg nie, my christelike lewe is nie wat dit moet wees nie) dis asof iets besig is om te gebeur maar wat, eintlik het ek nie rêrig belangestel in die porn sites nie. Ek het meer eintlik baie prente afgelaai - aanvanklik was dit net foto’s van vroue met klere aan, sexy rokke of sexy lingerie / swemklere ens en dit het my bly terugvat in die tyd van Michelle, want ek het baie plakboeke gehad oor trourokke, moderne aandrokke, sexy mini-rokke, mini-rompe, onder-klere, slaapklere, skoene, grimering ens - en ek begin toe stories skryf.
Dis toe dat die verlange weer begin bitter erg word ek kon dinge nie meer hanteer nie. Dis asof iets gebeur het, iets het als weer verander dis asof ek back to square 1 is.
Ek het aggressiewe houdings gehad deur alewig met mense vas te sit by die werk, woede-aanvalle, ek het my vuiste in deure geslaan, in mure. Ek was humeurig, ek het gevoelens van eensaamheid beleef, ek wil nie mense om my hê nie, maar tog wil ek ook mense hier hê, ek wil alleen wees, daai drukkies wat my vrou so graag gee het my begin irriteer ek wou wegskram. Ek begin weer stemme hoor, mense sien wat ek doen, mense kyk dwarsdeur my, ek word oral agtervolg waar ek gaan, ek baklei met my binneste, daar is alewig rusies.
Net voor die stories het ek `n ligte stroke gehad en wat my baie probleme teweeg gebring het, of wat dinge net verder aangehelp het. En ek het toe die stories begin te skryf (dit sal seker siek klink vir iemand - maar dis oor ’n dogter wat gemolesteer & verkrag word en soos sy groter word ondervind sy steeds die verkragtings, sy wel ’n skatryk vrou maar sy is in niks gelukkig nie). En dit bring my ’n tipe van bevrediging en die storie se naam is ook Michelle.
Snaaks genoeg, as ek so dink oor my lewe, dan het ek al gedink dis seker net ’n naam wat ek ge-create het: Michelle. Maar as ek verder dink, dan dink ek tog nie so nie, want vir die afgelope 30 jaar is Michelle deel van my. Sy is in my gedagte, my denkwyse, my als. Sy is daar, dis nie net ’n sprokiesverhaal nie, dit het gebeur.
En ek het ook nooit seks met mans gehad nie, alhoewel ek partykeer daaraan gedink het, maar nooit in ’n verhouding nie, ek was so geheimsinnig dat mense wat my nog al my lewe ken nooit vermoed of geweet het nie. Ek het al so baie in die die laaste paar jaar getry om te leef soos Michelle, altans om my voor te doen as sy, dat ek gaan in op die chatrooms2go, MWit etc, dan registreer ek my as ’n dogter en gewoonlik as tienermeisie. En snaaks genoeg ek het met meisies van 13 tot 20 gesels en met mans van verskillende ouderdom dat nie 1 kon agterkom ek is `n man nie (dit klink seker siek).
Ek moes of het altyd geleef onder valse voorwendsels, ek moes als wat ek doen agter die skerms doen, dis ’n stryd om 2 lewens te lei.
By die werk te wees soos normaal, te lewe dat mense niks agtergekom het nie, by my familie was daar geen teken van Michelle nie, want niemand sou haar aanvaar nie.
Almal het altyd gevra is jy nie skeef nie omdat ek so lank gevat het voor ek getrou het, maar niemand was bewus van my dubbele lewe nie, niemand het dit eens agtergekom nie.
As ek net kon geweet het wat het ek gedoen om dit te verdien? 32 jaar ????? 32 jaar se frustrasies! Woede! Angs! Stres! Aggressiwiteit! Ongeduldigheid! Leed! Wat nog te veel om te noem, is daar hulp. Dit voel of my lewe, my wêreld, besig is om inmekaar te val ... Die stryd is nog nie oor nie ...
Leon


Kommentaar
Daar is altyd hulp. 'n Dubbellewe tap energie. Nuwe denkrigtings kan wees soos: Om oor te begin is die mooiste geskenk wat jy jouself kan gee. Ek dink die stories wat jy skryf is jou eie verhaal - net op 'n ander manier vertel. Almal van ons is 'n produk van ons verlede. Ek dink dit is tyd om met Michelle te deel. Sy gaan jou doodmaak en jou emosies verwoes. Moenie vergeet, sy bly 'n spook wat klein Leon geskep het, agv pyn, maar wat nou wil groot word. Maar sy weerhou hom van 'n vol lewe!
Ek daag jou uit om op die web 'n kontak te kry van WIA mannekampe. Gaan geniet so 'n naweek saam ander manne wat omgee en Jesusliefde vir jou wil gee. Jou gaan leer hoe om met jou verlede te deel, en jou Leeu te face. Emosies reg te verstaan, erken en te verwerk sodat jy jou stories se eindhoofstuk kan skryf. Positief en GESOND!!! Sterkte.
Dit gaan nie nou meer oor wat jy gedoen het om dit te 'verdien', nie, Leon, want dit is tragiese, hartseer water onder die brug, deur. Intussen gaan die lewe voort en wag nie vir jou, nie... Intussen het jy saamgespeel... en daarin is ook jou eie aandeel aan jou smarte te danke, al het jy dit nie begin, nie. Dus, moenie kosbare tyd en energie verspil om verder soek vir iemand om te blameer, nie, want die oplossing lê nie vir jou daar, nie.
Waaroor dit wel gaan, is wat jy nou doen om van die probleem ontslae te raak.
Jou verlede is verby, behalwe in soverre jyself dit nog met jou saamsleep om jou hede en jou toekoms te vergal. 'Michelle' is uit en uit deel van daardie verlede, maar nie jou toekoms, nie. Daarom dat jou ekskursie met die kerk, nie uitgewerk het, nie, want jy het plek probeer maak vir jou Verlosser so tussen die ander dinge deur, terwyl jy steeds 'n ander soek om verantwoordelik te hou vir jou huidige dilemma.
Maar jou Verlosser is nie net nog 'n opsie nie, jou Verlosser is die enigste Opsie. Instede dat jy jouself kans gegun het om in jou verhouding met die HERE te groei, het jy toegelaat dat die ander issues en hersenskimme weer die verhouding wat met die HERE begin het, skipbreuk te laat ly. Die HERE is volkome bekwaam, maar HY staan nie in die ry, nie...
Jy sien, jy, en nie 'n ander nie, is veronderstel om besluite oor jou lewe te neem - allermins 'n hersenskim soos Michelle. Michelle, wat jou nie kan bystaan in jou nood, nie, maar jou nood vererger omdat 'sy' die nood-produk van jou nood is... Selfsugtige, allesoorheersende en alles absorberende 'Michelle', wat in werklikheid niks meer as 'n hersenskim is, nie. 'n 'Werklike' onwerklikheid?
Dit is die werklikheid, die perspektief omtrent Michelle.
Trienie gee vir jou uitstekende raad, Leon. Haar (?) waarskuwing oor 'Michelle' moet jy ook asseblief nie ligtelik opneem, nie.
Dikwels is die verwagting dat mens jou geskenk, afkomstig in Liefde vanaf die HERE, wat jou lewe ingrypend ten goede en ten beste sal verander, DOELBEWUS moet gaan haal... daarom dat dit nie sommer in die skoot val, nie.
Onthou, almal by sulke kampe het iets waarmee hulle struwel, Niemand daar is beter as die ander, nie. Jy sal jou verstom hoeveel mense met een of ander klouerige probleem struwel. En almal is daar, omdat hulle hoop, hulle glo. hulle weet, hulle gaan deur die HERE gehelp word, want so word die proses aan die gang gesit op die pad na volkome heling en verlossing.
En dit is presies waaroor dit gaan.
Groete en sterkte,
Kobus de Klerk