Die oorsake! Europese afname in invoere as gevolg van hulle huidige geldkrisis; daar is sprake dat die VSA-reserwebank stimulus tot hulle ekonomie gaan inkort; afname in beleggervertroue in ons ekonomie agv arbeidsonluste, en buitensporige loonverhoging-verwagtinge, in sekere sektore so hoog as 60%.
“Companies are not keen to increase wages as prices of gold and platinum are going down, and they seek to decrease costs of production. Anglo Platinum, the world’s biggest platinum producer, plans to cut 6,000 jobs, from an initial target of 14,000, as it tries to restore profits after last year’s losses”. The South African. 21/5/13
“The currency “has been hit by a loss of confidence amongst international investors regarding the outlook for South Africa,” Bernd Berg, a Zurich-based emerging-markets strategist at Credit Suisse, said in an e-mailed response to questions. “Strikes, a steep fall in exports, political uncertainty, falling growth rates and rising inflation” are among factors weighing on the currency, he said”. Bloomberg Jan 24/13
“The labour force strikes in the mining industry, which began in August 2012 and caused a steep decline in production levels, consequently led to a decline of close to a quarter of export revenues from these otherwise stable goods in September 2012 compared to the same month the year before. Global Database Team” 28/3/13
“The National Union of Mineworkers (NUM) is aiming for a 60 percent pay rise. NUM said it wanted an entry-level minimum monthly wage of R7,000 for gold and coal surface employees, and R8,000 for underground workers. The current minimum wage is R5,000 a month. NUM added that it wanted a 15 percent increases for more experienced and skilled workers” The South African 21May 13
“Johannesburg - The rand fell for the eleventh straight session on Thursday morning after the US Federal Reserve indicated that it may start tapering its quantitative easing programme as soon as the start of next year”. New24 23/5/13
Die op en afwaartse neiging van die geldeenheid het beide positiewe asook negatiewe gevolge vir die ekonomie.
Ten tye van ‘n sterk Rand, verminder die inflasiekoers. Oorproduksie wat nie uitgevoer kan word as gevolg van hoe buitelandse pryse te wyte aan die sterk Rand, word binnelands goedkoop vir konsumpsie aangebied. Die aankope van Amerikaanse dollars om olie en ander produkte aan te koop word goedkoper. Die meganisasie van produksie word ook goedkoper, met minder afhanklikheid op arbeid.
Ten tye van ‘n swak Rand vermeerder inflasie weens minder beskikbaarheid vir binnelandse konsumpsie en meer vir uitvoere. Dit behoort ons uitvoere te stimuleer, aangesien ons produkte op die internasionale markte meer mededingend (goedkoper) behoort te word. Die tyd is ook ryp om nuwe markte te skep vir ons produkte. Die aanvraag vir arbeid behoort toe te neem gesien die koste en instandhouding van ingevoerde produkte, masjinerie en olie soveel duurder word wat winste knoei in die proses.
Helaas! Dit wil voorkom dat ons ekonomie hierdie ronde nie voordeel uit ‘n swak Rand gaan geniet nie. Die tyd wat ryp behoort te wees om arbeiders in diens te neem as gevolg van duurder meganisasie.
Die voortslepende arbeidsonluste skrik voornemende werkgewers af. Vorentoe sal nog gesien word tot watter mate kapitaal en arbeid tot ‘n vergelyke tot al twee se voordeel sal kan beding en tot voordeel van die ekonomie in die breër.
Jaco Fourie


Kommentaar
Hello Jaco,
Jaco, dink jy nie daar is 'n positiewe korrelasie tussen swart regering en agteruitgaan van 'n geldeenheid nie?
"Verstommend die toestand waarin ons is" ... hier en daar tog 'n bietjie sin ... dankie Wouter, nou moet jy nog net die insig oorkom om al die los drade in jou intellek, met ons demokrasie te verbind ...
Jan Rap
Jy skryf:
"dink jy nie daar is 'n positiewe korrelasie tussen swart regering en agteruitgaan van 'n geldeenheid nie?"
My antwoord is nee. Alhoewel ek teen die ANC gekant is, het hulle profesionele adviseurs mbt die ekonomie. Dan weer ook: Gill Markus; Gorhan Provan; Trevor Manual, ens. is mense met hulle koppe reg aangeskroef.
Indien jy wel verskil, lig ons feitlik in, sodat ons dit kan debatteer
Jaco Fourie
Wouter
Dankie vir jou aanvullende bydrae.
Vir elke negatiewe gebeurtenis, is daar ook positiewe geleenthede wat benut kan word.
Indien die Rand lank genoeg swak bly kan die volgende stimulasie van die ekonomie, as voorbeelde, plaasvind:
Aanvraag vir arbeid word goedkoper as die nou duurder ingevoerde meganisasie, duurder instandhouding, en duurder brandstof om meganisasie aan die gang te hou.
Plaaslike vervaardiging vir uitvoere word gestimuleer, weens die feit dat ons produkte op die internasionale
markte vir buitelandse kopers meer mededingend geword het.
Marginale myne word weer vir verdere ontgining na gekyk, weens die groter aanvraag vir grondstowwe wat op die internasionale markte vir kopers nou goedkoper geword het.
Al wat nodig is om dit te laat geld, is dat kapitaal en arbeid vinnig tot 'n vergelyk, op 'n wen, wen situasie betyds beding word.
Jaco Fourie
Jaco, jy soek feitelike inligting en hier is dit: Statistiek.
Dink aan die oorgrote meerderheid van die Afrikastate en dan ook ander plekke soos Haiti ens; almal van hulle het drasties let wel DRASTIES agteruitgegaan na uhuru.
Net so met Suid-Afrika TEN SPYTE van die uitstekende mense (Trevor Manuel ea) wat jy genoem het. Jy kan nie 'n skorokoro aan die gang kry met selfs die beste brandstof en olie nie.
Dis tyd dat jy feite in die gesig staar.
Hello Jan Rap,
Hello Jaco,
Jan
Jy bly in S.A. Wat is jou voorgestelde oplossing?
Jaco Fourie
Beste Wouter
Jy skryf: "jy verwys na die inflasie wat ingevoer word wanneer die Rand swak is en die probleem met inflasie is dat dit die inwoners verarm. Hoe sal die twee pole dan teen mekaar afgespeel word?"
Ek gebruik die voorbeeld van uitvoer lemoene. Wanneer die rand sterker is as ons mededingers se geldeenhede in verhouding met die VSA dollar; neem Israel as voorbeeld wat lemoene ook uitvoer; dan word hulle lemoene vir kopers goedkoper, as ons s'n. Tensy "brand loyalty" sterk is by die koper, sal hy ons "Outspan" lemoene ongeag prysverhogings vir hom, steeds koop, miskien minder om sy sak te pas, maar die meerderheid kopers sal vir die goedkoper lemoene gaan. Israel wen meer markaandeel ten koste van ons, en ons markaandeel krimp. Nou ons pragtige uitvoerlemoene hoop op in ons land wat nie in die buiteland verkoop kan word nie, en word dan vir plaaslike konsumpsie aangebied om steeds wins (nie so groot soos met uitvoere nie) te kan maak. Die troetsige lemoene wat vir ons gebruik gewoonlik agtergehou word, word nou aan varke gegee, en die pragtige uitvoerlemoen word goedkoop binnelands aangebied aangesien daar nou te veel lemoene is as wat uitgevoer kan word, sodat dit en winste nie heeltemal verlore is nie. Met 'n sterk Rand, verswak uitvoere, en invoere versterk omrede ingevoerde buitelandse produkte vir ons weer goedkoper word.
Die teenoorgestelde gebeur met 'n baie swak Rand in verhouding met mededingers se geldeenhede in verhouding met die dollar. Ons goedere vir die koper word goedkoper as die van ons mededingers s'n, soos bv ons lemoene. Die internasionale aanvraag word groter as ons moontlike voorsiening. Die gevolg, plaaslike vervaardigers wil eerder uitvoer as om plaaslike te wil verkoop vir beter winste. Hierdeur word tekorte binnelands veroorsaak, wat die pryse binnelands opstoot, dws prys-inflasie van goedere. Die uitvoermark wen, maar ingevoerde goedere word nou vir ons peperduur, en die aanvraag daarvoor sal dienooreenkomstig binnelands krimp.
"Die probleem met inflasie is dat dit die inwoners verarm". Ja, veral in gevalle waar daar werkloosheid is, en min geld is vir aankope. Solank daar binnelandse tekorte is wat nie volkome bevredig word nie, gaan pryse aanhou styg. Die vervaardiger van uitvoerprodukte wen, en die verbruiker verloor. Ingevoerde produkte word vir ons ook nou duurder.
Gelukkig vir ons ekonomie, geld inflasie nie vir alle produkte nie. 'n Globale "glot", dws 'n internasionale oorproduksie van 'n item veroorsaak geen noemenswaardige internasionale aanvraag nie, wat sodanige item se prys redelik onaangetas sal bly, asook uitvoere daarvan strem. Sekere goedere ten tye van 'n swak Rand sal inflasie aanhits, waar ander goedere onaangetas en selfs goedkoper kan word waar daar nie noemenswaardige aanvraag in die buiteland daarvoor is nie. Die nasionale inflasiekoers is bereken oor die gemiddeld van ALLE produkte wat binnelands verbruik word.
Na regte behoort 'n swak Rand die aanvraag vir arbeid heelwat te stimuleer. Brandstof, olie en gries word duurder. Die invoer van parte en masjienerie word ook duurder, alles faktore wat die winsgrens van 'n produsent affekteer. Wat dit tans teewerk hier in SA is die buitensporige loonverhogings wat die vakunies vir hulle lede op die produsent wil afdwing. Maw huidige werkers veroorsaak dat werkloses nie werk kan bekom nie, en in die lang duur hulle eie werk in die gedrang bring, want sodra die Rand weer versterk en ingevoerde masjienerie goedkoper word, gaan heelwat van hulle afgedank word.
Indien die balans tussen Kapitaal en Arbeid tot beide se voordeel reg is en so bly, al word masjienerie goedkoper, sal produsente eerder hulle arbeiders wil behou. Dit is 'n ingeboude menslike faktor. Die vakunies is 'n vervloeking in ons ekonomie. Daar is nie 'n dag wat nie verbygaan waar daar nie 'n staking is nie, wat wanvertroue in 'n produsent wek. Verlore produktiwiteit en geld. Geld wat die staat nie kan bekostig om te verloor nie.
Die staat het 'n verantwoordelikheid om toe te sien dat hierdie balans geld. Ongelukkig is die regerende party (soos die Arbeidersparty pre-Thatcher ere), vrot onder die invloed van die vakunies, Maar dit gaan en moet verander indien die regering erngstig is om werkverskaffing vir die werkloses te wil voorsien.
Jaco Fourie
Wouter
Wat ek vergeet het om hierbo te noem is die belangrike funksie van buitelandse beleggers wat besighede hier in die land wil oprig.
Indien die prys van arbeid en produksie-materiaal reg is, wil hulle hier kom besigheid doen om weer van hieraf uit te voer, selfs terug na hulle eie land toe. Dit veroorsaak werkverskaffing soos min. Die motor-industrie is 'n voorbeeld hierrvan. Met die voortslepende dreigende stakings en buitensporige loonverhoging-eise, kan daar sprake wees om hier toe te maak en weer elders te vestig, met die dienooreenkomstige werkverliese wat negatief op ons werkloosheidsyfers impakteer.
Jaco Fourie
Wouter
Jy het toegang tot spesifieke statistieke; jy speel vir tyd as jy nou wil hê ek moet dit vir jou noem. Kyk maar na die Zimdollar en in die ander voormalige kolonies gaan dit nie veel beter die. Jy praat van die meeste groei in Afrikastate; van watter basis af? As die een span na rustyd nog 3 by sy bestaande 3 voeg het hy sy telling met 100% laat groei waar die ander span, van 40 na 45, maar net met 12.5% gegroei het. Hy is egter nog steeds myle vor die ander span, hulle 100% groei ten spyt.
Jaco
Jy vra wat my oplossing is, vir die hoeveelste keer al. Wel, ek hoef nie een te hê nie om my te kwalifiseer om kritiek op 'n vergryp uit te spreek nie. Ek hoop nie, omdat jy self nie 'n oplossing het nie, jy maar saamgaan met die teenswoordige verval nie.
Maar laat ek maar 'n paar basiese stappe tot die oplos van 'n probleem vir jou gee:
Eerstens, identifiseer die probleem en doen alles in jou vermoë om nie by te dra tot die probleem nie.
Wat die spesifieke probleem betref (naamlik die mislukte staat), gooi jou gewig in by Dan Roodt; ek was beïndruk met sy artikel wat jy onder ons aandag gebring het.
Groetnis
Jan Rap
Weereens kwoteer ek jou: "dink jy nie daar is 'n positiewe korrelasie tussen swart regering en agteruitgaan van 'n geldeenheid nie?" Ek op my beurt het jou gevra: "Jy bly in (swart) S.A. Wat is jou voorgestelde oplossing?"
Ek wou eintlik met my vraag bevestig of jou antwoord in die lyn sou wees dat dit aan blankes oorgelaat behoort te word om 'n oplossing te bewerkstellig, want jou aanvanklike vraag dui daarop dat omrede die regering asook al die ander regerings deur jou opgenoem, swart is, intimeer jy omrede hulle swart is, beskik hulle nie oor die vermoë om oplossings tot enige probleem te kan kry nie, dus die agteruitgang van jou genoemde state.
Op jou aanvanklike vraag was my antwoord NEE. Ras het hoegenaamd niks met enigeen se vermoëns te doen nie. Huidige is daar in blanke Griekeland agteruitgang as gevolg van die optredes van hulle vorige regerings. In die onlangse verlede was die volgende blanke lande in Europa in 'n gemors ekonomise posisie toe hulle nog kommuniste was, nl die hele Europese Oosblok-lande asook in Rusland waar binnelands ruilhandel meer algemeen as die geldekonomie was. Daar was verwaarlosing orals in genoemde lande, waar inwoners nie beter, inteendeel selfs slegter af gelewe as swartmense in hierdie land.
Jou probleem is, jy probeer mense manipuleer met gelaaide vrae, maar wanneer aan jou gevra word, "sidestep" jy die "issue" met jy hoef nie te antwoord nie, soos om Wouter se vraag om statistieke te weergee en in my geval jy hoef geen oplossing aan te bied nie.
mbt Rooi Daantjie, weet ons almal jy, soos al sy gekkegrens aanhangers, is verslaafs gekneg op alle onlogika wat hy uiter. Jy be-aam hom, maar weier om sy logika waarmee jy saamstem uit te lig en standpunte te probeer verdedig, of selfs logies te probeer weergee. Jy, Corneels, en Rooi Daantjie, elkeen met sy onlogika, verdien mekaar.
In sodanige gevalle mors jy net my tyd. Indien jy met my wil redeneer oor enige onderwerp waarin ek in opgewasse is, is ek daarvoor bereid, maar indien jy net gedurig wil "sidestep" het ons niks om vir mekaar te sê nie.
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Wouter,
Uit vorige ondervinding sal Jan mettertyd antwoord gee. Jy sal hom maar vereers moet verskoon, want sy dink prosesse is iewat stadig. Hy moet eers nog analogie uitdink,om sy argumente te staaf, want dit is sy gebruiklike vorm van redenasie.
Jaco Fourie