Die Kerneels-fenomeen

  • 0

Nou ja, toe die Ronel-karakter weer te voorskyn kom en vir Cornelius sommerso onnodig in die bres tree en vandag nou weer dié grondelose tirade van Cornelius, met die basislose en sinnelose snert wat net ’n beleërde siel kan opdis, met ander skrywers wat ook maar kommentaar lewer oor sy ongeronde en sinnelose tirades in die laaste tyd, nou weet ons – dit is weer súlke tyd vir Kerneels … daardie maniese fase, waar hy net eenvoudig absoluut geen beheer oor sy denkprosesse en sinne kan uitoefen nie en dít wat in die hart is, na alle kante toe uitbars.

Die ergste is dat hy een van hierdie forum se die aartsateïste, Oom Daan, steeds ernstig opneem met dié dat Oom Daan hom vir sy sinnelose religieuse “uitleg” oor die opgestanes prys (stel jou voor, as “gelowige” word hy geprys deur ’n volslae ateïs oor sy religieuse uitlatings) … soos ek sê en al telkens tevore gesê het, (sommige van) die agnostici speel vir Kerneels soos ’n woer-woer en hy is hulle dan maar al te graag willoos-diensvaardig met sy sinnelose religieuse interpretasies en tirades teenoor gelowiges.

Om vir Kerneels-hulle (dis nou die Kerneels-Ronel-fenomeen) in daardie, soos hy dit self stel, “komplekse psige”-fase sterkte toe te wens, is seker dan ook in orde, en vir die res vat ons dit van wie dit kom.

Hoop jy woed hierdie jaar darem nog uit, Kerneels, sodat jy Kerstyd en veral die nuwe jaar, met relatiewe vrede kan ingaan.

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top