"Die Kerk Weeg Leeg" deur Ivan Kruger

  • 0

Die Kerk Weeg Leeg

REFREIN:
Ons lees Bybels van bloed en vlees
En dominees praat net hulle stemme verniet hees
Want Hy is die pottebakker
en ek die deeg
Maar die tronk is vol en die kerk is leeg

Grootword het sy perke
Soos seks en geld en werke

Maar almal mis kindwees
Al is die dominees se stemme hees
En as ons trou is die kerke vol
En as ons trou is almal se mage hol
Al is dit nou water
sal ons liefde wel eendag stol

REFREIN

Kom ons trou
want liefde is mos trou
Al kan jy niemand vertrou
om te sê ek het jou lief my vrou

Al sal ons stry
sal ons maar trou
for God's sake

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top