Die kerk se dilemma, Johannes

  • 0

Hello Johannes

’n Oplewing in sekulêre humaniteit volg gewoonlik in die spore van die vergrype van ideologie en godsdiens. Fundementele Christene het baie vermag die afgelope twee dekades om gematigdes krities te laat kyk na hulle geloof. Die intellektuele oneerlikheid waarmee gekyk word deur fundementele na die Bybel, evolusie en sosiale aspekte maak dit al hoe moeiliker vir gematigdes, en ek glo ’n groot verleentheid vir baie van hulle, om te assosieer met die geloof. Jy maak ’n insiggewende observasie oor waar hierdie groep, gematigdes, hulle self tans bevind. Aan die een kant bied die sosiale strukture van die kerk en die geloof se band met die verlede en westerse kultuur ’n tuiste, maar aan die ander kant word die regverdiging van Christendom as geloof bevraagteken en onder druk geplaas; wanneer en waar word die doktrines van die geloof in so ’n mate afgewater dat dit oorbodig raak.

Die volgende aanhaling van Mountford (wat ek nie gelees het nie) uit jou brief, "The Church must listen to its belonging-without-believing and believing-without-belonging fringe ... and welcome those who want the values of religion without its metaphysics", rus op die veronderstelling dat godsdienstige waardes die fondasies vorm van waardes in die algemeen. Die vraag kom op oor in watter mate die waardes van ons samelewing saamgesnoei is met die waardes van die Christen geloof. Waai die hond die stert of andersom? Sou die Kerk hierdie vraag eerlik antwoord sal dit noodwendig lei tot die ondermyning van doktrines en net so noodlottig gaan dit wees vir hulle as die vraag geignoreer word. Al wat kan oorbly, sou die Kerk verkies om te klou aan die dogmas van die verlede, sal wees die negatiewe verstokteit van Christen fundementalisme. ’n Dilemma wat, na my mening, net kan lei tot die einde van Christendom as ’n geloof wat enige positiewe bydrae kan maak tot die samelewing.

Mooibly

Gilgamesh

 

 

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top