Gedurende die swaa maand van Januwarie het ek ʼn meme trend gesien op Facebook wat praat van die goeie dinge wat som kêke doen met die tiendes wat hulle van hulle gemeenskappe af kry. En ek dink toe oo die res van stories of memes op Facebook, en hoe dit praat oo hoe dié pastor of daai pastor soeveel laaities vekrag het, of soeveel vroumense vekrag het, of soeveel geld uit mense uit gekry het om hulleself lekke uit te sôt, of dié negative of daai negative van dié pastor of daai priedekant.
Ek wonne toe, maa nou waa hou dit op? En wie hou kêke in hulle almagtige grootheid veantwoordelik vi die slegte dinge wat gebee in kêke en in ôs communities? Of is dittie kêke se wêk om agte gemeenskappe te kykie? Of is dié rêrag die end days wat die Bybel van praat, die bloed wat soes riviere gat loep, die self-proclaimed profiete wat maak soes God vi hulle, en net vi hulle, geanoint het om die skape kraal toe te djaag, en op die way die skape te rob van die peace wat kô om ʼn pad saamit God te stap?
Nou ek was gedoop in die VGK, my eeste communion gevat by St Luke’s Anglican kêk, gebekeer in ʼn jeuggroep op hoërskool wat gegrond was in die Lighthouse-kêk, en laastens het ek wee my pad met God kry tussenie blaaie van Julia Cameron se The Artist’s Way wat ʼn kêk op sy eie is. En die pad wat my geleerit oo God, en wat God is vi my, was maa, en is nog steeds, ʼn rocky een, because sometimes voelit net vi my dat God nie omgie oo wat in die strate van die liewe gebee nie. Ek mien die evil dade wat mense, en oek mense wat hoeg in kêke se banke sit mien wegkô lat my soms voel dat God slaap eeder baie lekke, of God exist nettie mee nie. En ʼn mens moet môs gloe vi God om te bestaan of hoe? Wan as djy nie gloe nie, dan bestaan Gottie in jou liewe nie. Dan voelit soes ʼn dronk bestuurder agterie wiel van jou liewe sit en kanse vat met jou en anne mense se liewens. Maa die moment wanne djy wee in God gloe, is alles okay, die skêp draaie raak ʼn straight pad, die koedoes langsie pad buig soes djy en God veby ry. All is just good! Alles is reg!
En dis hoekô dit soe swaa vi my is om die storie in te vat en te veteer, wan ek wiet wat God is, en hoe God ʼn mens se liewe met wonnewêke antas, en hoe ʼn mens se liewe net vebieter as mens met God ry. Maa hoekô is soe baie van ôsvas gevang in ʼn kar met ʼn dronk bestuurder?
It surprises me dat mense wat bieg dat hulle die naaste an God is, die mense is wat hulle deure die vinnigste toeklap op die struggles van annes.
Om God te dien het nou ʼn ekonomiese iets kô raak. Dit gattie mee oo mense wat leiding nodig hettie, maa dit gat oo hoeveel kan hulle betaal vi die leiding. Ek gloe stellig God se nek is al see van hoe God God se kop skud oo alles wat biesag is om te gebee in die naam van God. En of course ek generalise mos nou hie, wan ek wiet daa is somme horde wonnelike kêke daa buite, maa hoekô is hulle deure toe wanne die deure van die sjebeen altyd oep is? Vestaan djy nou my confusion?
Die Bybel is vol verse wat praat van hoe ʼn mens moet tiendes gie, en God sal dan vi hulle wat gie meedere trug gie. Maa die hele storie voel nettie reg in my sielie. En waa, vra ek nou die pastore en die dominees, waa in die Bybel staan daa dat tiendes moet an kêke betaal wôd? En as djy nie jou tiendes an die kêk gie nie, dan kan djy nie begrawe wôd ‘ie, of getrou wôd ‘ie, of all the services wat die kêk gie kan djy nie gebruikie, right? Is dit waa’oo tiendes rêrig gan vi kêke?
Maa hoe is dit reg? Yes, die gebou moet in stand gehou wôd, maa garrit dan rêrig oo die gebou, of gannitie oo hoe mense se siele issie? Wat van die jeug in communities wat leiding nodig het, maa soms voelit kêke wil hê die jeug moet tot by hulle kô, die jeug moet hulleself bewys om te kan deel wies van ʼn space waa hulle kan die vriede vind om met God te sit. Maa wanne djy daa kô moet djy nou ees hoo hoeveel jou sondes God se kop lat pyn. Nou wie willan nou die heeltyd sulke goed hoo?
En in dié day en age van queerness en open-mindedness klap kêke se deure toe in baie mense se gesigte, because they don’t fit the label of being a true Christian.
Ek dink hie an toe Jesus by daai tempel ingestap het, en hoe mense bymekaa was om goete te vekoep, ennit was net live in daai tempel, en wat hy met hulle gedoen het. Ek wonne wat sou Jesus nou doen as hy nou by kêke moet instap – ás hy kan ingan, wan die deure is meeste van die tyd gesluit – as hy moes sit en luiste na die haat en diskriminasie wat van boe uit kêke se banke uit vlieg, as hy moet sien hoe die mens se vrees van God misbruik wôd deu kêke. Ek wonne wat sou Jesus gemaakit?
Ek voel net dat kêke moet veantwoordelik gehou wôd oo hoe hulle die Bybel gebruik, en hoe hulle God gebruik vi hulle eie doeleindes. Because volgens wat ek sien, is daa meedere depressie en sielsiektes as wat daa al ooit gewies het, en hoe kan dit dan wies as daa soe baie kêke in die wêreld is? Of het die donkete al ôs kêke oek oogevat dat die geloef weg is, en dat God ‘ie mee vi baie mense bestaanie?
You wanna tell me that in the world of today met so baie kêke dat mense eeder vekies om na ʼn smokkeljaats toe te gan as na God toe? Wat het gebee met kêke dat dit eedere mense wegdjaag van God af dan nader bring?
Daa mag ʼn klompie Christene wies in die wêreld, maa kyk hoe lyk dit op die aarde, en nou dit moet vi jou baie sê. Dit gannie oo die feit dat daa anne faiths in die wêreld issie, wan amal het ʼn veskillende pad na God toe. Nee, dit gat oo wat doen kêke in die naam van God, en hoe affekteer dit die relationship wat mense met God het, en of hulle ʼn relationship met God kan bou.
Dit gannie oo priek en tiendes ‘ie, dit gannie oo die gebou, of die feit dat die priedekant of pastoor moet betaal wôd ‘ie, dit moet gan oo die mense wat by kêke se deure instap.
Dis 144 000 wat gat ʼn ticket kry volgens die Bybel, sê party, en nou imagine die vrees wat in mense se harte in lê. En hoekô gebruik soe baie kêke dit as ʼn way om geld te maak uit mense uit? En sê djy my uit die ampe drie miljard Christene is daa net 144 000 mense wat gat opstyg? Hoekô issit soe? Is daa rêrig niks wat kêke kan doen om mense rêrig nader an God te bringie? Ek praatie van nader annie kêkie, maa nader an God, en soe oek dan meedere siele die kans kan gie om op te styg? Of miskien is dit hoekô dit net 144 000 siele gan wies, wan kêke doenie hulle wêkie? Wan soesit nou lyk is dit dan nou net die pastore en priedekante en self-proclaimed profiete wat gat opstyg. Ennie skuld gat hulle plak op die duiwel en die mense wattie hulle sondes wil agterlaatie. Ôs moet ophou die duiwel blameer vi alles, of sê die sondes staan in die pad. Die duiwel kan net in as die siel seer is, en soe baie siele is seer, en kêke fail om mense te help om daai vriede en velossing te kry deu ʼn space te hou waa mense en God kan connect, en in daai sense fail die kêke vi God, wan hulle helpie mense nader an God ‘ie.
My 2bob virrie gameshop.