Die katedraal Notre-Dame de Paris

  • 6

https://pixabay.com/photos/cathedral-notre-dame-paris-3599931/

Die katedraal Notre-Dame de Paris is pas deels deur ’n brand verwoes. Werk aan hierdie gotiese gebou is in 1163 begin en in 1345 voltooi. Van 1845 tot 1864 is hierdie katedraal omvattend herstel en vernuwe. Petrus Comestor (1100–1178) het van 1160 af aan die hoof gestaan van die teologiese opleiding wat daar aangebied is. Dit is dus in Comestor se tyd dat met die bouwerk aan die katedraal begin is. In 1173 het hy sy boek, Historia Scholastica, voltooi. Hierdie werk is eeue lank in die teologiese opleiding van Rooms-Katolieke geestelikes gebruik. In 1469 was dit van die eerste boeke wat in Europa in gedrukte vorm gepubliseer is. Comestor beteken verorberaar/"devourer". Sy dieet het uit boeke bestaan – ’n tradisie wat tot op hede deur enkele individue voortgesit word.

  • 6

Kommentaar

  • Ek wonder of jy dalk familie/afstammeling is, of voorgee om te wees, of jou id 'n pseudoniem is.

  • Die brand in die katedraal het groot impak op almal gehad. Sit een dag en kyk na 'n program op die TV oor die kanale in Frankryk waarop jy deur die hele land kan vaar. Ek dog toe by myself, iemand lieg mos vir ons. Hoekom is daar nie katedrale en kanale soos in Frankryk ook in ons land nie. Daar word mos gesê ons as die uitvaagsel-kolonialiste het die land kom steel. Lyk my hier het vet mooi nokkol aangegaan voordat ons hier aaangeseil gekom het. Wat het die lot dan gedoen wat voor ons hier gebly het?

  • Ja wel ...
    Ek merk so 'n titseltjie sarkasme, maar miskien het jy my ook so gelees. Ek weet dat jy boeke/essays hier resenseer het, en daarom wyd moes gelees het. Gedag jy't aanklank by Petrus Comestor (en die Franse) gevind. Vir ingeval jy wel het, hierdie "yellow vests" wat vir Macron soveel slaaplose nagte gee, is dit 'n "update" op die Revolusie?

    Groetnis
    (Jy mag my ignoreer)

  • Johnnes Comestor

    Raed-na-Gael, daar is geen sarkasme in my vorige reaksie nie. Ek het suiwer feitelik gereageer. Daar is by my ook geen begeerte om jou te ignoreer nie. Ek onthou dat ons destyds soms menings gewissel het, al het die besonderhede my ontgaan. Dit was in die era van Wouter (die Kuberkabouter) Ferns. Ek lees nou reeds meer as twee dekades lank feitlik voltyds omdat ek beroepsgewys nie by die nuwe Suid-Afrika kon of wou aanpas nie. Ek verkeer in die waan dat ek nou baie meer weet en verstaan as toe ek as 'n dosent my brood verdien het. Terselfdertyd besef ek hoe min ek of 'n mens werklik kan weet en verstaan. Ek verbaas my oor die skynbare gesaghebbendheid waarmee dwase stellings gemaak word, bv deur rubriekskrywers of deur sommige van diegene wat kort-kort menings op die bladsy teenoor die hoofartikel in bv Die Burger lug. Namate 'n mens ouer word, ontwikkel jy seker maar 'n deernis met alles wat lewe omdat 'n leefbeurt, al duur dit 'n eeu lank, snel verbygaan. Ek laat hulle dus maar begaan. Die tydelikheid en nietigheid van elke mens is wat my deesdae bybly.

  • JC,
    Dankie vir dieselfde uitkyk op dinge.
    Ek't ook deernis met alles in die natuur en dankbaar dat ek naas die diere en insekte (en selfs plantegroei) in hierdie tydgleuf in die bestaan van die aarde en heelal, ook in die lewe kon wees. Ek kon netsowel nie hier gewees het nie. Die verganklikheid sal die fisiese verduister - maar nie ons bestaan nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top