"Die kans" deur Scarlet

  • 0

Die kans

Ek het jou lankal gelees
en ek weet jy vrees
Maar die oomblik wat jou hart klop
Dwaal jy hier in my kop
Jy terg my met jou woorde
en ek verlang alweer

BRUG:
Is daar 'n kans wat ons kan waag
Sal jy my sê as jy my wil hê?

KOOR:
Ek het lankal opgehou met wonder
Want jy is iets besonders
En ja, jy weet ek’s bang
Want wat as ek jou moet vervang?
Ek wil vir ure met jou praat
En net sê jy’s al wat ek wil hê

Ek het jou lankal verstaan
En myself vir 'n oomblik laat gaan
Want jy’s werklikheid, realiteit
Iets wat ek nooit sal verwyt
Jy terg my met jou lag
En ek verlang alweer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top