Die Jesus Camp-film vir Jack

  • 0

Beste Jack

 

Dankie, vir jou sinvolle bydrae oor die Jesus Camp-film. Ek kyk normaalweg nie na rillers nie en het nie die film gesien nie. En om nou maar eerlik te wees – die titel sou my in elk geval mislei en beïnvloed het om verby te hou. Jou uitleg klaar Kobus se klaarblyklike misverstand en ingenomenheid met die film ook op. Nie een van die kommentare wat hy aanhaal verwys na die aktiwiteite van die Jesus Camp as sodanig nie maar spesifiek na die gehalte en boodskap van die film. ’n Kwaliteit film oor heksery sou ook as uitstekend geëvalueer en selfs Oscar-toekennings kon kry sonder dat dit allermins sou beteken dat die praktyk van heksery opgehemel en aangeprys word.

Ek het weer sorgvuldig die kommentare wat hy aanhaal gelees en die een van Ann Hornaday, Washington Post, slaan die spyker netjies op die kop. Voorwaar laat dit mense ongeag of hulle gelowiges is al dan nie, in twee kampe: “Shaking in their boots” of “invigorated and inspired” Dat Kobus inspirasie uit so ’n film kan put is veelseggend en allermins verbasend.

Groete

Panda 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top