Hy is ’n selfverklaarde gay man. Reg?
Raait ! Hy verkondig dit as ’n onomstootlike feit dat alle “gay-bashers” self maar inherent gay is. Ek sluk maar moeilik hieraan, maar kan begryp dat dit vir hom seker ’n werklikheid is. Ek het iewers gelees dat gay ouens nie sommer maar net van mekaar “hou” nie en mekaar gereeld sal moer.
Nou, hier op die Sê is hy die nommer een “Christen-basher”. Daarom kan ’n mens die afleiding maak dat Jaco maar eintlik inherent ’n gelowige is. Ek kan nie glo dat hy met sy formidabele kennis van die Bybel enigiets anders kan wees nie.
Ek is oortuig daarvan dat hy maar net die duiwelsadvokaat-speletjie speel.
Mooi loop Jaco Christen Fourie.
Raed-na-Gael


Kommentaar
Raed
Luk. 4:16 sê: "Toe het Hy (Jesus in die Sinagoge) opgestaan om uit die skrif voor te LEES." Is dit dan nie bewys dat Jesus geletterd was nie?
Toe ek gesê het dat Jesus ongeletterd was, wou ek die Christene op SêNet toets om te sien hoe skerp hulle kennis van die Nuwe Testament is. Die respons! Daar word op en af gespring van woede met beledigings geslinger, en argumente buite die Nuwe Testament aangegee. Daar word vergeet waar Paulus gesê het: "Iemand wat aan Christus behoort is 'n NUWE MENS ('n Christen). Die oue is verby, die nuwe het gekom." 2 Kor.5:17
Die boodskap van die Nuwe Testament aan die Christen? (1) Ken jou Bybel deeglik (Jesus het syne geken, en 'n plek in Jesaja opgesoek om aan die hoorders te lees, Luk.4:17. (2) Neem die voorbeeld van Jesus se lewe, en aap hom na (2 Kor. 5:17).
Ek is nie 'n Christen nie, maar ek lees gereeld die wyshede daarin vervat wat tot stigting en geluk van menswees is.
Jaco,
Weer eens, "I rest my case".
Seënwense broer!
Raed-na-Gael
Jaco,
O ja, sorry, ek dink nou net daaraan.
Waarom sou jy "die Christene op SêNet" wou toets? Ek meen te sê, hoekom sal dit aan jou saak maak?
Raed-na-Gael
Die antwoord is verstommend eenvoudig en is in aard dieselfde as Jesus se versoeking. Dit is 'n ou laai van die Antichris en sy volgelinge: “O jy sê jy is 'n Christen, weet jy wat staan daar in die ou Testament omtrent dit en dat." As hul dan onsekerheid bespeur - dan sal hul sê: 'Hoe kan jy 'n Christen wees as jy nie eers jou eie Bybel ken nie en dan ala Jaco Fourie met alternatiewe verklarings op 'n dwaalspoor bring en bv sê jy hoef Jesus net na te aap en sie daar jy is 'n beter mens.
Dit mag dalk so wees en baie aanneemlik klink maar dit maak jou nie 'n geredde mens nie.
Raed
Seker dat dit my 'n masogistiese genot gee om te sien hoe sekeres hier op die Net strompel om hulle geloof te verdedig, sonder die nodige wapenrusting soos in die Nuwe Testament heel duidelk beskikbaar.
Jaco Fourie
'n Masogistiese genot sê jy. Is jy dalk die slagoffer daarvan of 'n beoefenaar en is dit die rede dat jy in 'n waan omtrent gelowiges is.
Jaco
Jy sê: Die boodskap van die Nuwe Testament aan die Christen? (1) Ken jou Bybel deeglik (Jesus het syne geken, en 'n plek in Jesaja opgesoek om aan die hoorders te lees, Luk.4:17. (2) Neem die voorbeeld van Jesus se lewe, en aap hom na (2 Kor. 5:17).
Die nuwe Testament is lank na Jesus se dood geskrywe. Jesus as mens kon dus nie die nuwe Testament gelees het nie. Die Torah het nie net bestaan uit die geskrewe woord nie maar ook die gesproke woord.
Jy verstaan nog steeds nie dat om Jesus na te aap jou nie die koninkryk van God sal laat binnegaan nie, maar wel as jy die Jesus wat gekruisig, gesterwe en opgestaan het uit die dood en sit aan die regter hand van God sy Vader, aangeneem het in geloof as jou enigste redder en Saligmaker - deur wie se offer - jy nou 'n aangenome kind word en God ook jou vader kan noem.
Die mens se dae is kort en gaan spoedig verby en daar is geen groter Bybelkenner as die Vader van die leuen nie. Hoekom bly jy steeds in sy kraal?
FC Boot
Jy volg ooglopend nie Paulus se aanmaning nie, met jou ononderbroke tirades. Hy sê uitdruklik: "Iemand wat aan Christus behoort is 'n NUWE MENS ('n Christen). Die oue is verby, die nuwe het gekom." 2 Kor.5:17 Jy is 'n "christen", (met klein letter), met 'n gedaante van godsaligheid, maar die krag daarvan verloën.
FC Boot
Oudergewoonte lees jy nie noukeurig nie. Jy sê: "Die nuwe Testament is lank na Jesus se dood geskrywe. Jesus as mens kon dus nie die nuwe Testament gelees het nie." Nou waar het ek gesê Jesus het vanuit die Nuwe Testament gelees. Ek het uitdruklik hierbo gesê Jesus het vanuit Jesaja gelees. Miskien dink jy dat Jesaja deel van die Nuwe Testament is, maar Christene wat "in the know" is, weet beter, blykbaar selfs beter as jy. Neem diep asem, en lees my brief weer, die keer baie stadig.
Jesus se bybel was die Ou Testament, (losstaande perkamentrolle) sonder hoofstukke of verse om vinnige opspoor te kan vergemaklik. Hy het die hele inhoud so goed geken, dat hy presies geweet het waar om op te soek.
Indien die Christen volgens Paulus 'n nuwe mens in Christus is 2 Kor 5:17 is en hy loop in Jesus se spore (hom na-aap); dan sal hy soos Jesus; aan die Vader bid; beoefen vergifnis aan die wat teen hom optree; toon liefde vir sy medemens; en sy liefde vir die Vader en sy woord; sy onderdanigheid aan die Bybelse insettinge; sy sobere lewe; sy aalmoes aan die armes; ens. ens. dan kan werklik van sodanige Christen gesê word dat hy nie net 'n gedaante van godsaligheid het nie, maar wel deel aan Jesus se liggaam het. Jacobus skryf: "So gaan dit ook met die geloof; as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit (die geloof) sonder meer dood. Jak.2:17
Beste Jaco
Wanneer gaan jy leer om te verstaan wat jy lees? In Gal 2 onder die opskrif : Geloof bring 'n mens in die regte verhouding met God kan jy lees dat Paulus skryf:
18. As ek dan nou nog, nadat Christus dood is en weer lewendig geword het, op my eie by God probeer uitkom (deur iemand na te aap) wys ek dat ek net mooi niks van die goeie nuus verstaan nie. (vervang ek met Jaco Fourie). Dan is ek steeds skuldig voor Hom.
19.Maar gelukkig is ek nou dood vir die wet. Al het die wet my skuldig verklaar omdat ek dit oortree het, leef ek nou vir God, want ek is saam met Christus gekruisig. Toe Hy aan die kruis gehang het, is ek saam met Hom daar vasgespyker daarom is ek nou 'n nuwe mens. (nie 'n na-aper nie). Daardie ou sondige ek is iets van die verlede; dood en begrawe. Christus leef nou in my/
20 Nou leef ek deur geloof. My hele bestaan draai om die Seun van God. Hy het my so lief dat Hy bereid was om sy lewe vir my op te offer.
21.Ek kan nooit God se goedheid deur my vingers laat glip nie. As ek nou, na alles wat God vir my gedoen het, steeds probeer om self 'n plek in die hemel te verdien (deur na-apery) deur te doen wat die wet sê, is Christus verniet aan die kruis dood.
Wie 'n oor het om te hoor, hoor, wie 'n oog het om te sien, sien - God se genade vereis nie na-apery nie, maar 'n onvoorwaardelike aanvaarding deur geloof van Jesus se werk.
Twak man.
Jy lees maar verstaan nie. Die nuwe 'mens' is nie 'n nuwe biologiese mens nie, sy natuur bly nog steeds dieselfde, dit bly steeds 'n wedloop waarin jy kan uitval, soos jy en jou mede voormalige Christene uitgeval het, 'n wedloop waarin jy deur geloof en vasbyt en slegs by voltooiing die prys ontvang. Jy struikel omdat jou menslike natuur met sy neigings steeds oorwin moet word. Jesus waarsku ook teen dit wanneer hy praat van as iets jou laat struikel dit figuurlik gesproke beter is om daarvan ontslae te raak as om daarmee verlore te gaan.
Die nuwe mens moet groei en gaan in Jesus se woorde ook deur 'n geboorteproses en word slegs uit genade gelowig en verlos. Lees Jesus se gelykenisse oor die verkondiging van die evangelie.
Mag dit met jou goed gaan.
FC Boot
Paulus skryf: "Iemand wat aan Christus behoort is 'n NUWE MENS ('n Christen). Die oue is verby, die nuwe het gekom." 2 Kor.5:17
Ek as ateïs kan werklik die onderskeid maak tussen die opregte Christen wat werklik 'n NUWE MENS in Christus is, en die "christen" wat 'n gedaante van godsaligheid toon, maar die krag daarvan verloën. Jy tot datum voldoen nie aan die beskrywing van die ware Christen nie, die dat jy verskonings oor genoemde teks uitdink en om jou getoonde optredes hier te probeer regverdig.
Die koninkryk van God is maar net 'n droomwêreld geskep deur die die mens se verbeelding.
Jaco,
Jou laaste para hierbo (FC 18:18) laat my herinner aan die "brief van Christus" in 2 Kor 3: 3 en wat beliggaam word in Gal 5: 22. (Let op die opskrif van hoofstuk 5.)
'n Gelowige in Christus moet probeer om soos Hy te lewe. Dis nie 'n kwessie van "na-aap" nie.
Angus
Ek is volkome met jou eens, die dat ek nie gepla is waaraan ander dink of glo nie, selfs of hulle wel in 'n God glo nie. Net soos ek reg het om ateïs te wees, het godsdienstiges die reg om aan 'n Bybelse God te glo.
Raed
Dankie vir die tekse deur jou genoem, wat Jak2:17 aanvul en uitbrei, asook my voorbeelde genoem, onderskraag, nl die vrug "van die gees" wat lei tot 'n "nuwe mens".
My "na-aap" en jou "om soos Hy te lewe" is seer sekerlik net semantiese verskil of hoe?
Nee jy verstaan verkeerd; na-aap is maar om na te volg of te doen. En dit is waar die probleem lê. Niemand kan Jesus nadoen of navolg nie. Ons kan wel probeer om volgens die wil van God - God se plan - te lewe.
Beste Raed-na-Gael,
Verduidelik asseblief aan my die verskil tussen om soos iemand te probeer lewe, en om iemand na te aap.
Groete,
Angus
Jaco en Beste Angus,
Vir ons wat ons taal waardeer, dit uitleef en trots daarop is, verstaan ons dat die gebruik van die woord in die konteks hierbo verwys na 'n belaglikheid.
Die belaglikheid om in Christus te glo.
Julle dop die Bybeltoets, nou skuil en kibbel julle agter die taal.
Jaco,
Dis jý wat die toets dop. Jy het die semantiek hier "ingefaktor". Miskien moet jy jou semasiologie 'n aks of wat opknap, jy weet om 'n beter begrip van die Taal te verkry en sodoende van die Skrif.
Raed
Geniet vereers 'n rustige vakansie in Mauritius. Wanneer jy terug is, laat ons weet, want ek wag gretig om die strydbijl op te neem.