Die jaar van die draak

  • 2

Dis nou 12 minute na middernag hier in China. 'n Dosyn minute gelede was dit Nuwejaar in Asië!

Dit terwyl die mense in die EU, VSA, Afrika, dalk helemal onbewus is gaan daar grootskaalse vuurwerke af buite my venster soos ek hier skryf, en sal dit waarskynlik aanhou deur die nag!!

Want dis die Jaar van die Draak!!

Soos julle seker verder nie weetie is dit nuwejaar hier in die Verre Ooste, omdat dinge hier volgens die Maan se tyd loop, nie die Son nie.

Ek dink die hele idee van die westerse sonnestelsel ivm tyd kom vanaf die dae van die Egiptiese Songod Ra af, maar dalk is ek verkeerd, ek geval, die Oosterling verkies die Maankalendar, wat uiteraard ook beteken dat elke nuwejaar die datums verskil!

So is Nuwejaar die jaar in Januarie, maar volgende jaar kan dit bes moonlik in onse Februarie wees!

Elk geval, is dit nou offisieel die Jaar van die Draak!

Basies is die draak en ek familie, aangesien ek in die Jaar van die Slang gebore is, maw, Kleindraak!

Die Slang word dus beskou in goeie lig in China, en word hoogs gerespekteer as familie van die formidabele draak.

Seer sekerlik die mees formidabele Slang ooit was natuurlik Bruce Lee selwers!

Wat bittermin Westerlinge weet, is dat Bruce se Chinese naam is natuurlik Lee Xiao Long.

Xiao word uitgespreek Shao, en dit beteken Klein, soos in Shao-Lin, wat natuurlik klein, of jong woud beteken, en wat natuurlik ook die naam is van die beroemde Zen en Kung Fu Tempel daar in die SongSan Berge van Henan Provinsie, Mid China, waar ek selwers 'n paar jaar deurgebring het...

Elk geval, Lee Xiao Long beteken dus letterlik, Lee Klein Draak, onthou dat die Chinese altyd die van eerste stel, en die noemnaam laaste!

Bruce Lee was dus ook gebore in die Jaar van die Slang.

Oor sy vroegtydige en ontydige dood word daar dikwels bespiegel, want hy was absoluut fiks en in sy fleur.

Die algemene opinie onder die Sifus, oftewel Meesters, is dat hy het omgekom dalkies agv 'n vete met die bendes van die onderwereld, die triads, wat wemel hier, en bes moontlik dmv die tegniek genoem Dim Mak, oftewel, die Doods- Aanraking, Death Touch in Engels, wat 'n relatiewe hoogs geheime tegniek is, dus wil ek min verder seg, elk geval, ek wil een en almal 'n voorspoedige Nuwejaar van die Groot Slang toewens!!

Ek dink dis die jaar wanneer die Weste finaal sy gat gaan sien, en waar SA gaan bly klim teen die leertjie op tot naby die top ... China gaan uiteraard goed vaar, so ook die Filipyne, die beste plek op aarde buiten nou SA!!

My meesterplan is steeds pragtig op koers!!

Viva!!!

Francois Williams

  • 2

Kommentaar

  • Ek laaik die stukkie:

    "Xiao word uitgespreek Shao, en dit beteken Klein, soos in Shao-Lin, wat natuurlik klein, of jong woud beteken, en wat natuurlik ook die naam is van die beroemde Zen en Kung Fu Tempel daar in die SongSan Berge van Henan Provinsie, Mid China, waar ek selwers 'n paar jaar deurgebring het..."

    Het nooit kon raai dat jy stunt as Shaolin monnik gedoen het nie. Wat het skeef geloop, Sir Sabelswaaier?

    Was die meditasie te inspannend? Hahaha. Of was dit te swaar om elke korreltjie rys aandagtig te eet?

    Ek hoor dat die Slang se grootste vyand die Haan is. Blykbaar vreet hane met groot voorliefde sulke klein drakies.

    Pouveer

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top