Die ingrypende werking van Johannes 14:6 teenoor sinkretisme

  • 10

Daar is te veel mense, sommige selfs onder diegene wat hulself as gelowig aanstip, wat hierdie Godsvreemde ‘verdraagsaamheid’ teenoor ander, nie-Jesus Christus gerigte, religieë het.

Die feit is dat die ware Christelike Godsdiens, die enigste ware Godsdiens wat daar bestaan, hoegenaamd nie verdraagsaam is teenoor ander religieë nie. Die eerste Goddelike mededeling kom al waar God in die Tien Gebooie vasstel dat HY géén ander gode benewens Hom sal duld, nie, want HY is ’n jaloerse God (Eksodus 20:3-5). Jaloers, in die sin dat God die Skepper van alles is en dus as énigste ware God, baie beslis nie Goddelike plek sal deel met die versinde afgode van mense, nie – waar HY gelyk en selfs ondergeskik gestel word, aan sulke drekgode, nie. Dit is logies.

Nou, met hierdie Christelike onverdraagsaamheid ten aansien van ander Jesus Christus vervreemde religieë, word hoegenaamd nie ’n militante onverdraagsaamheid bedoel, nie (Lukas 9:56). Die onverdraagsaamheid se aard en wese word uitgeleef en gedemonstreer deur die Woord Self. Dit behels géén geweld nie (soos die absoluut onchristelike dinge wat Middeleeuse katolieke kerk aangevang het en selfs in Ierland voortgesit het en waarby Protestante ook boonop betrokke was, tot onlangs, nie), maar die ordelike, streng, deurdringende en nougesette stryd met gebruikmaking van die Spirituele Wapenrusting (Efesiërs 6:10:17 g.m. 2 Timoteus 4:2-5; ) deur verkondiging van die volledige, ware Evangelie (Ou en Nuwe Testament) as teenvoeter van die dwaalleringe (Mattheus 18:19 g.m. 2 Timoteus 3:16-17).

Die HERE leer ons deur die Woord dat die God van Abraham, Izak en Jakob, die enigste waaragtige God is (Eksodus 3:6; 4:5), soos die HERE Jesus Christus omtrent Homself ook bevestig, het (Mattheus 22:32; Johannes 17:2-3) in die Godspersoon van die HERE Jesus Christus, aan Wie mag oor álle dinge en vlees gegee is (Mattheus 28:18; Johannes 17:2), nié net sommige, nie – vandaar die HERE Jesus Christus se aanspraak dat HY en HY alleen, die Alfa en die Omega vir die ganse mensdom, is (Openbaring 21:6). Dié wat Hom dus nie só aanvaar of ken nie, soos die Mohammedane , boeddhiste en die hindoes, as enkele voorbeelde, moet daartoe gebring word deur verkondiging van die onverdunde, onverdraaide ware Evangelie van Christus Jesus die HERE soos in die Woord opgeteken – juis sodat dit vir hulle die gerieflike verwysingsbron op Weg na die HERE sal wees.

Dus, hieruit alleen, blyk dat ’n valse religie, sodanige religieë is, waar die HERE Jesus Christus as Godseun en Godswoord nie as sentrale Godsfiguur aangesien, aanbid en geër word, nie, daarstel – en daarom het die ware gelowige géén gemeenskap met sodanige ander religie of die aanhangers daarvan, nie (2 Korinthiërs 6:14-18), behalwe net om hulle onverpoosd te bearbei om die HERE Jesus Christus as die Enigste ware HERE en Middelaar te aanvaar, nie (1Timoteus 2:5 g.m. Mattheus 28:19), dit wil sê, om die aanhanger van die ander religie, te laat afsien van daardie religie en die HERE van die ware Christendom, ons HERE Jesus Christus, te aanvaar, nie EN om af te sien van alles wat die Evangelie van die HERE Jesus Christus tot aanstoot is – sien weer Mattheus 28:19.

Die HERE Jesus was alreeds bewus van al die verskillende afvallige hoofstroom religieë en desnieteenstaande het HY die opdrag gegee om die Evangelie aan die ganse mensdom te gaan verkondig (Markus 16:15). Logies – as die mensdom die ware God reeds aanbid het, sou die HERE hierdie opdrag nie gegee het, nie, want dit sou mos dan nie nodig wees, nie (Markus 2:17) – dus, juis omdat die wêreldreligieë nié die ware God dien nie, het die HERE die opdrag só gegee. Ook die globale aard van die duidelike opdrag bevestig dat al daardie religieë die kluts kwyt is, ongeag hóéveel ooreenkomste daar sporadies met die ware Godsdiens te vinde, was. Dus, die kern lê nie in die sporadiese ooreenkomste van die religieë met die Christelike Godsdiens, soos die sinkretisme te kenne wil gee, nie, maar juis in die verskil en dié verskil gaan juis tot in die kern, want die verskil dui juis aan dat daardie religieë erken nie vir die HERE Jesus Christus soos HY Homself as Gods Woord en Eniggebore Seun, kom openbaar het, nie.

Maar dit gaan selfs dieper en verder – dit gaan daaroor dat God geen gebede aanhoor net omdat mense Sy Naam noem of dink hulle kan sommer, terwyl hulle verweef is in hul eie religieuse versinsels en verfoeisels, op SY Goddelike attensie aanspraak maak, nie. God luister eenvoudig nie na hulle, nie (Klaagliedere 3:44). Dit is juis hierdie aspek, wat die deurdringende belang en essensie van die aanneming van Jesus Christus die HERE, as die Enigste Verlosser en Middelaar tot God, so pertinent vooropstel. Kortom, as mense dink dat hulle tot God kan bid, sonder opregte aanneming van die HERE Jesus Christus as tussenganger, as Middelaar, nie, maak hulle ’n dodelike fout.

Die opdrag van HERE Jesus Christus, is báie duidelik – God kan alleenlik aangeroep word deur die HERE Jesus Christus as Middelaar (tussenganger) – dit is juis wat die Goddelike titel van Christus (Gesalfde, Uitverkorene) oftewel, Messias (Johannes 1:42) behels. God die Vader het SY Eniggebore Seun as Nuwe en laaste Offerlam gestuur om vir alle mense as Middelaar op te tree. Sonder dié bemiddeling, omdat Christus vir die mens moet voorspraak doen by die Vader (1 Johannes 2:1) is daar vir daardie mens géén verbintenis met God, nie, ook nie in gebed, nie. Dit is God se aandrang en voorskrif – en dit is presies wat ons HERE Jesus Christus in soveel Woord vir ons sê:

“Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” – Johannes 14:6. Dus, ook nie in gebed nie! Hoe weet ons dit? Want die HERE Self leer ons “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” Johannes 14:13-14. Lees gerus ook saam met Johannes 15:16; 16:23 en 1 Johannes 3:22, waar dit beklemtoon, word.
Daarom is dit tragies dat daar mense is wat dié essensiële Waarheid nie wil weet, nie en onder die dodelike waan verkeer dat daar baie paai is wat na die top van die berg, lei.

Daar is egter in werklikheid net Een sodanige Weg – die HERE Jesus Christus as Middelaar (Mattheus 7:14 g.m. Johannes 14:6) Sinkretisme is dus juis die manier om te verseker dat God nié toeganklik is, nie, want God vind die sinkretisme juis ’n gruwel (Sefanja 1:4-6) en dit is juis dáárom dat God die volk destyds afgesny het dat hulle offerandes aan hom, in sinkretisme gedoen omdat hulle ander gode ook dien, vir Hom onaanneemlik en verfoeilik, is (Esegiël 20:28-31). Vandaar die HERE Jesus se waarskuwing in Johannes 14:6.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 10

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Jou onthutste anderhaat is duidelik ten spyte van jou kamstig heilig en spirituele intelligente sweem. 

    Johannes 14:6 lees “Ek (Yeshua)  is die Weg (HaDerech) en die Waarheid (HaEmet) en die Lewe (HaChayim); niemand kom na die Vader (Abhiynu Malkenu) behalwe deur My nie.”  In hierdie woorde verklaar Yeshua Abhiynu Malkenu dat hy Ha'Shem is.  

    Niemand kom dus na God behalwe deur God self nie.  

    Alle Godsdiens op aarde buig nederig voor hierdie werklikheid.  

    Nes God self die enigste weg na God is, net so bewerk God self ook geloof in ons harte.  

    Geen sogenaamde ware en gebreinspoelde Christengelowige kan geloof in die hart van jul veronderstelde vyand en "valse Nie-ChristenOngelowige" bewerk nie. 

    As katoliek bely ek dat Jesus Christus GOD is.  

    Yeshua Ha'Mashiach is die Weg (HaDerech) en die Waarheid (HaEmet) en die Lewe (HaChayim).  

    Met my Joodse broers en sustersdeel ek dat Yeshua Ha'Mashiach Ha'Shem is - my Hindoe broers en susters dat Sri Isha Brahman is - my Moslem broers en susters dat  Hisus Krisdos Aalah is - my voorgeslagte het Jeesuksen Kristuksen Jumala aanbid... en so vir hierdie belydenis word ek nou reeds jare lank deur jou en jou lakeie beledig en gehoon.  

    Kobus, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Niemand wat ware gelowige is, ontken die Godheid van die HERE Jesus Christus, nie. Maar ware gelowiges weet ook dat die HERE Jesus Christus Een, die Seun en Woord (Johannes 1: 1-5, 9-14; 1 Johannes 5:7), is, van die Drie-enige Godheid. Jy, daarenteen, weet dit mos, nie en kan dit ook nie begryp, nie.

    Jou agnostisiteit is die oorsaak daarvan dat jy die werklike aard en wese van God nie kan begryp nie, Kerneels.

    Jy doen maar nes die ander agnostici doen - hulle verstaan ook nie die aard en wese van die ware God, nie. Dit is omdat jy, nes hulle, geen verbintenis met die Heilige Gees van God het, nie. Daarom probeer hulle aanvanklik vir God met hul karige menslike verstandjie uitpluis soos mens doen met n eenvoudige legkaart vir kinders. Maar, helaas, God is nie so uit te pluis, nie. Jy kan mos vir jouself dink - die Skepper van die heelal in die kompleksiteit daarvan is nie van Een, die Skepper, waarvan jy as hulpelose mens, op jou eie stoom, die kompleksiteit sal kan begryp nie. En, dit is baie duidelik dat jy en jou agnostiese sielsgenote dit ook dan nie regkry, nie. Dit is immers maklik te begryp waarom julle so sukkel. Hoe sal julle die dinge van God, so ver bokant die mens se begripsvermoë, verstaan, sonder die insig en leiding van die Heilige Gees van God?

    Daarom, omdat julle God nie kan uitpluis in die beperkte, karige bestek van julle eie agnostiese verstand en insigloosheid nie, verwerp julle God. Jou ateïstiese ikone verwerp God deur te kamma-kamma dat HY nie bestaan, nie.  Dit is die maklikste uitweg, reken hulle strakkies, want dan hoef hulle nie so rond en bont te spring soos jy, om voor  te gee dat hulle God verstaan, nie. Op 'n vreemde manier is hulle ook meer opreg daarin as jy, want hulle probeer nie eens 'n front van geloof, voorhou, soos jy, nie. Jy verwerp ook vir God, omdat jy God nie kan uitpluis met jou karige verstand en insigloosheid en gebrek aan Spirituele Intelligensie (die onderskeidende geskenk van die Heilige Gees van God aan die ware gelowige – sien Lukas 10:22).

    Jy verwerp God deurdat jy vir jou 'n eie versinsels uit jou poespas spirituele gemors saamgestel het, 'n eenvoudige God-lose affêre wat by die begrip van jou eie karige verstandjie kan inpas. Ons as ware gelowiges begryp en verstaan, danksy die Heilige Gees met Wie ons eenstemmig is (1 Johannes 5:8), máár juis daarom lees jy, maar begryp nie, en sien jy, maar verstaan nie, en hoor jy, maar kry nie onder die knie, nie (Mattheus 13:16-23). Jy sien, jou eie weergawe van die afgod wat jy vir jouself versin het, is nie almagtig nie. Daarom is jou afgod so 'n eenvoudige affêre soos wat jy hierbo te kenne probeer gee, en nogal die Woord weereens, nogeens, probeer verdraai om by jou sinnelose snert in te pas. Nog meer sinneloos en onnosel, is jou poging om die swakheid van jou versinsel te probeer verdoesel om nou weer jou eie geradbraakte en verdraaide Hebreeuse woorde – vir jou inligting – hier is die korrekte vertaling van Johannes 14:6 in Hebreeus: “wayo’mer ‘elayu Yahushuà ‘anokiy hadere’k w’ha’emeth w’hachayim lo’-yabo’ ‘iysh ‘el-ha’Ab bil’tiy `al-yadiy”.

    Jy kan dus nie, weens jou eie insigloosheid, besef dat niks by God onmoontlik is (Mattheus 19:26), nie en dat HY geen mens, is, Wie vasgevang is in ’n fisieke liggaam, nie, maar God is Één God onderskeibaar in drie Godspersone, maar nie skeibaar of deelbaar van mekaar, nie. Dit is ook die Islamiete se probleem omdat ook hulle God in hulle uiters beperkte menslike begripsvermoë probeer inpas. God het dus die vermoë om aan SY Woord, Wie nog altyd saam met die Vader is (Johannes 8:58),  Persoonlikheidstatus te verleen en SY Woord te stuur om SY doeleindes te bewerkstellig (Johannes 14:7 g.m. Jesaja 55:10-11; Johannes 5:37, 43) en net só ook met SY Heilige Gees (Johannes 14:26) – verál, om as Verlosser in te tree vir die mens, by HOM, God die Vader – as Énigste Middelaar (1 Timoteus 2:5).

    Sal God nou as Middelaar optree en dan maak asof daar nog Iemand in die Hemelwoning is voor Wie HY as Middelaar sal optree, as die Vader nie werklik onderskeibaar in die Hemel is, voor Wie die Woord, die HERE Jesus Christus, as Middelaar intree, nie, saam met die Heilige Gees (Romeine 8:26), nie? Allermins, want die HERE spreek geen bedrog nie. Die Heilige Gees en Woord werk as onderskeibare, maar onskeibare, Godspersone in die Goddelike uitvoerende hoedanigheid saam om alles te doen soos God die Vader beveel omdat die Woord, die HERE, onderskeibaar van die Heilige Gees is, as Spirituele Swaard van die Heilige Gees van God (Efesiërs 6:17). Dus, die Vader, die Seun (Vader se Woord Wie van HOM uitgaan) en die Heilige Gees (Vader se Krag Wie van HOM uitgaan – Johannes 15:26 g.m. Lukas 22:69 g.m Efesiërs 6:17) van God is onderskeibaar maar ondeelbaar Één Godheid – te veel vir jou begripsvermoë. En daarom verloën jy die HERE Jesus Christus en stel jy HOM gelyk aan versinsels en pagan drekgode en allerlei ander menslike versinsels, want jy weet nie Wie of Wat God, is, nie. As jy die HERE geken, het en geweet het HY is die onderskeibare Seun en Woord van God die Vader, sou jy die Vader en die Heilige Gees óók geken, het (Johannes 14:6-7).

    Maar nou ken jy geeneen, want jy verkies jou eie gerief-maaksel van ’n sinkretistiese afgod wat by jou karige verstand en afvallige gemaksones ingang kan vind - omdat jy nie geloof het, nie.

    Terloops, die katolieke belydenis wat jy so gedurig na verwys asook jou eie, ontken baie beslis nie die Drie-eenheid van God, nie. Jy verstaan nie eens die belydenisskrifte wat jy self beweer aan te hang, nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jou belydenis is inderdaad die sinkretistiese, lasterlike leuen wat jou ten laste gelê word, Cornelius.

    Jou belydenis is : “As katoliek bely ek dat Jesus Christus GOD is.  Met my Joodse broers en susters deel ek dat Yeshua Ha'Mashiach Ha'Shem is - my Hindoe broers en susters dat Sri Isha Brahman is - my Moslem broers en susters dat  Hisus Krisdos Aalah is - my voorgeslagte het Jeesuksen Kristuksen Jumala aanbid”.

    Daar is, soos jy hulle noem, die Jode en dit is welbekend dat húlle die Judaïsme aanhang en dié ontken dat Jesus Christus die HERE, die Messias, wat nog te sê, God, is – dus jy lieg oor hulle. Jy verwys doelbewus na die Jode oor die algemeen en nié na ’n klein groepie van hulle, die Messiaanse Judaïste, nie. Maar selfs die paar messiaanse Jode is verdeeld onder mekaar oor Jesus Christus se Godheid (die Seun). Vir jou is die HERE Jesus Christus dus, in jou vergelyking, ’n nie - bestaande fiktiewe versinsel wat blyk uit die Joodse religie, die Judaïsme, waar daar oor die algemeen geen Godheid soos die HERE Jesus Christus bestaan, nie.

    Dan is daardie hindoes en by hulle, is dit nog méér so. Hindoes is hindoes en dit is loutere afgodediens. Die hindoeïsme ontken dat die HERE Jesus Christus die Messias is en erken hom hoegenaamd nie as Godheid nie. Vir hulle het hulle deïteit Brahma niks te make met die HERE Jesus Christus en die Goddelike Drie-eenheid, nie. Hulle dien en aanbid ’n panteon van talle afgode, drekgode, direk teen God se Woord (Eksodus 20:3-4; 34:14,17) en sulke mense word spesifiek die Koninkryk van God verbied (1 Korintiërs 6:9–10; Galasiërs 5:20–21) en is ons as ware gelowiges, se opdrag dat ons, ons moet afskei en afsonder van afgodery en afgodedienaars (1 Korintiërs 10:14; 1 Johannes 5:21) en hulle en hul afgodediens is die onderwerp van Goddelike bespotting (Psalm 2:2-4; 59:9; Spreuke 3:34; 1 Konings 18:27; Jesaja 44:9–20; Jeremia 10:3–5) en jý koppel dit aan die Heilige Naam van die HERE Jesus Christus, God die Seun, vleesgeworde Woord van God?!

    Hoeveel gaan jy nóg laster?

    Dan is daar, soos jy hulle noem, die moslems. Almal weet dat die moslem religie inderdaad die Islam, is. Hulle is 'n religieus wederstrewige nasie, soos God reeds duisende jare gelede gesê het hulle sal wees. Hulle voorvader was Ismael, en hy en sy nasate, vandag se Ismaeliete met hulle Islam religie, is soos wilde esels, hulle hand teen almal en almal se hand teen hulle en hulle is wederstrewig teenoor algar (Genesis 16:12) en ook teenoor God. Daarom dat God die verbond met Israel (Jakob) gesluit het, en nie met Ismael, nie. Daarom dat Goid bekend staan as die God van Abraham, Izak en Jakob, en nie die God van Abraham, Ismael en Mohammed, nie. Die HERE Jesus Christus verwys inderdaad na Homself so (Mattheus 22:31-32).   Almal weet en jy weet dit ook, dat die moslems juis die Godheid van die HERE Jesus Christus ontken en meer nog so, dat hulle die verlossingswerk op Golgota en die opstanding van die HERE Jesus Christus as leuen afmaak. Hulle ‘tawhid’ is duidelik : dat hulle god geen seun verwek het, nie en dat daar geeneen aan hom gelyk is, nie. Daarmee ontken hulle die Drie-enige Wese van die ware Godheid – Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle ontkenning van Jesus Christus se Goddelike Wese en SY Goddelike Seunskap is die werk van die antichris en faal juis die toets (1 Johannes 2:18,22; 4:3; 2 Johannes 7).

    Dus, wat jy sê is dat jou belydenis dié is van antichriste! Én, jy koppel die HERE Jesus Christus se Heilige Naam (Filippense 2:9-11) aan die werke van die antichris! Jou gewetenlose lasteraar!

    Dan is daar ook jou Germaanse, Noorse voorvaders – hulle was pagans, en een van hulle twee afgode van lug was bekend as ‘jumala’ wat beteken ‘huis van donder’ en dié was verbind met die Noorse afgod ‘thor’. Al wat jou ‘voorvaders’ gedoen het, was om mettertyd die afgod van lug se naam uit te sonder en van die ander panteon gode af te skei en dit toe probeer voorhou het as die Christen God. Maar die Christen God, die énigste ware God, het géén verbintenis hoegenaamd met drekgode en ander versinsels van pagan religieë van destyds, nie – omdat HY nog altyd die énigste ware, Drie-enige God IS en HY al vir ewig SY Eie identiteit, het (Eksodus 3:13-16; 6:2). God, die HERE Jesus Christus, as die Seun Persoon van die Goddelike Drie-eenheid, is derhalwe báie duidelik géén opgegradeerde paganistiese ‘luggod’ sodat HY met dié verfoeisels geassosieer moet word, soos wat jy probeer doen, nie!  Vandag word dié Finse woord gebruik om enige religie se deïteit aan te dui. Weereens, aan ’n pagan afgodery wil jy die Heilige Naam van die HERE verbind, selfs ondergeskik, stel?

    Met jou lasterlik snert hierbo, het jy uiteindelik kort en kragtig gedemonstreer hoe jy gewetenloos die Heilige Naam van die HERE Jesus Christus onder jou lasterlike, antichris  tonge vertrap – vir algar om te sien.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus...  

    Vir jare reeds werk jy om die algemene betekenis van taal en begrip met jou sogenaamde spirituele intelligensie.  

    Met jou bedrieglike slimheid beïndruk jy sekerlik die naïwelinge om jou.   Niks is wat enigeen dit bedoel te wees naby jou nie.  

    Jy is inderdaad 'n geslepe jakkals met jou sogenaamde talent wat jy met regsgeleerdheid gaan probeer verryk het.  

    Die feit is egter dat jy nie almal kan bedrieg nie en is jy presies daarom oneervol van die rol vir eerbare prokureurs geskraap.  

    Ek deel nog altyd onder andere met jou dat Jesus Christus onse Ewige Vader is, ten spyte van jou verwerping daarvan.  

    Ek vra jou om openlik te verduidelik wat dit in die gewone omgang van menswees volgens jou beteken om iets te deel (met jou geskubde spirituele intelligensie 'n oomblik afgeskakel as jy kan).  

    Verduidelik ook dan sommer as jy kan hoe jy in jou gruwel daarby uitkom dat ek sou voorgee dat ek met Hindoe, Jood, Moslem of enige ander se beskouing veronderstel dat Jesus Christus God is.  

    Dit blyk dat jy 'n vreeslike ingewikkelde argument aanvoer om iets te deel net 'n eenparigheid van opinie wees kan beteken.  

    Hindoes aanbid ons Almagtige Lewende Skepper.  

    Moslems aanbid ons Almagtige Lewende Skepper.  

    Jode aanbid ons Almagtige Lewende Skepper.  

    My voorouers wie jy so verag het in hierdie lewe ons Almagtige Lewende Skepper aanbid.  

    ...  

    Ons Almagtige Lewende Skepper is ons almal se God.  

    Ek deel uit my hart met my medemens dat Jesus Christus God is - welke hul taal of kultuur ookal.  

    My waarheid is nie soos joune die enigste waarheid nie.

    Menige Heilige Skrif waarsku teen enigiemand wat te koop loop met hoop.

    Ek staan enigiemand soos jy, Dolf, Henry en al jou ander nalopers teen wat praat van ware gelowiges in plaas van 'n medemens en naaste; julle wat julself so graag bó ander verhef.

    Kobus, jou arglistigheid jeens die Evangelie is duidelik maar verduidelik openlik as jy kan hoe jy daarby kom om my getuienis so te verdraai.  

    Ja, ek verander liefs myself voor ek jou of die wêreld probeer verander.

    Ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Waar het ek óóit gesê, dat die HERE Jesus Christus nié ons ewige Vader is, nie? Só ken ons jou mos nou al goed – die leuenaar wat ander daarvan beskuldig…

    Maar dit is jý wat ontken dat die HERE Jesus Christus die Woord en Seun van die Hemelse Vader is. Jy kan net eenvoudig nie die Drie-enigheid van God begryp nie, weens jou Spirituele doodsheid. Jý kan nie besef dat die HERE Jesus óns, die ware gelowiges, se Hemelse Vader is (omdat ons waarlik in HOM glo en uit Hom as die Woord deur die Heilige Gees wedergebore is en derhalwe die eerste Adam nie meer spiritueel deelagtig is, nie), nie. Jy kan ook nie insien dat, soos die HERE Jesus Christus ons mense se Hemelse Vader is, ook HY God die Vader as Hemelse Vader het, nie (Johannes 5:43; 16:28; 17:1-26)

    Jou hele relaas hierbo, met jou oneerlike tirade teenoor my as persoon ingesluit, lewer geen verklaring vir dit wat ek jou ten laste gelê het, omtrent jou eie ‘geloofsbelydenis’ nie, maar bevestig tewens wat ek oor jou gesê het. Dus, om my as persoon weer met leuens aan te val, laat val net die klem op jou eie leuenagtigheid en onvermoë om dit wat ek jou meegedeel het, sinvol die hoof te bied.

    Ons almagtige Skepper is wél almal se God, ja, Cornelius, maar almal sien dit nie so nie – jy ook nie. Dít is waar die probleem inkom. Maar dit is wat God van algar verwag – dat hulle Hom sal herken, erken en sal eer en dien as die enigste ware God en Skepper.

    Daarom het God die Vader, SY immer lewende Woord as SY Seun, eniggebore as Mens uit die maagd Maria, na die aarde gestuur om die ware God te kom bekendstel (Johannes 14:6-7) tussen al die versinsels en dwaalleringe en drekgode wat daar deur mense self gemaak is – let op, die HERE Self sê daar “ … en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.” Dus, die idee wat mense omtrent hulle god en afgode had, is nié die ware Godsdiens, nie – en dit sluit al die religieë in wat jy so aanhang – die Judaïsme (vanaf ongeveer 500 v.C.), die hindoeïsme (pre- 560 v.C.), die Germaanse antieke paganisme (sedert die Ystertydperk ongeveer 1500 v.C.), die boeddhisme (570 v.C.). Die Islam dateer uit ongeveer 600 n.C. toe Mohammed ’n religie geskep het vir Ismaeliete – Arabiere – spesifiek as teenvoeter vir die Christendom omdat te veel Arabiere na die Christendom bekeer, het, ens.

    Deur jou geteem soos hierbo, probeer jy die HERE tot leuenaar maak? Die Woord is uitdruklik – daar is slegs Een ware God en die Weg na HOM, is deur die ware Godsdiens, deur aflegging van afvallige religieë en hul afgode en deur uitsluitlike aanneming van HERE Jesus Christus (Johannes 3:16; 14:6-7).

    Daarom is jou versinsels leuens - omdat jou oorblywende Joodse, hindoe, pagan, moslem en boeddhistiese broers, soos jy hulle graag noem, glad nie hulle historiese afgodediens en dwaalleringe afgelê nie en dien hulle steeds gode wat hulle vir hulself versin het as deel van hul volkskulture en kultuurerfenis, maar wat hoegenaamd niks met die ware God, God Drie-enig, te make het, nie, en ook nie met die ware Godsdiens, die ware Christendom, iets te make het, nie. Die onderskeid lê baie duidelik in die verskille tussen die ander religieë en die ware Godsdiens - die ware Christendom - in die aanneming van die HERE Jesus Christus as God die Woord en Seun van die ware God die Vader, omdat hulle die HERE as sulks, verwerp.

    Dus, jy belaster die HERE, die ware God, deur SY Naam te misbruik om SY Naam aan die ander versinde (onware, nie bestaande) gode te koppel. Jy sien, die situasie is dat baie vir hulle ’n god versin het, wat hulle dan eer asof dit die Skepper is – kyk maar na jou eie versinsel. Jy is blykbaar onder die wanindruk dat jy aan enigiets wat enigiemand versin, die Naam van God kan toeken en dít maak van die afgod, drekgod, versinsels, die ware God? Hoegenaamd mos nie. Jy insinueer daarmee dat elke mens in sy eie hart, soos jy dit al talle male gesê het, vir homself ’n deïteit kan skep en omdat hy sê dit is ’n god, is dit nou werklik ’n god. Wat makeer jou dat jy nie die leuen waarmee jy besig is, kan insien, nie?

    Daarom - hindoes aanbid nié ons Almagtige Lewende Skepper, nié, maar verloën Hom met hul eie panteon afgode en hulle totale miskenning van die HERE Jesus Christus; Moslems aanbid nié ons Almagtige Lewende Skepper nié, wat hulle verloën die Godheid van die Woord van die Hemelse Vader, Wie skep (Johannes 1:3) – die HERE Jesus Christus – en niémand kom tot God die Vader anders as juis deur HOM, vir Wie hulle verloën, nie!; Jode met hul Judaïsme aanbid nié ons Almagtige Lewende Skepper nié, maar verloën juis vir HOM, dei HERE Jesus Christus, in SY Godheid as die Skepper én die Messias - en niémand kom tot God die Vader anders as juis deur HOM, vir Wie hulle verloën, nie!; Jou Germaanse paganistiese voorouers  aanbid nié ons Almagtige Lewende Skepper nié, want hulle verloën die Seun van God, die HERE Jesus Christus Messias in SY bestaan en Godheid - en niémand kom tot God die Vader anders as juis deur HOM, vir Wie hulle verloën, nie (Johannes 14:6-7), én hulle verloën God die Vader deur Hom in SY Heerlikheid gelykte stel aan die drekgod jumala, die antieke Finse afgod van die lug (sky god).

    My Waarheid is juis nie uit my eie ek, nie, soos jy te kenne gee dat jóú waarheid vir jóú is, nie, maar my Waarheid is die Waarheid, die Weg en die Lewe vir Wie ek aangeneem het, dié is dan ook mý Waarheid (Johannes 14:6-7). Daarom het die Waarheid van die HERE Jesus Christus ook mý Waarheid geword sodat ek nie ’n ander waarheid het, as net SY Waarheid in my, nie. Want sien, daar is net Een Waarheid en dit is die HERE Jesus Christus, Woord en eniggebore Seun van God (Johannes 14:6-7). Alle ander, is versinsels en versuikerde leuens – so ook joue, behalwe dat joue nie versuiker is nie, dit is bitter en lasterlike leuens.

    Terloops, of jy dit nou wil weet of nie, daar is bepaald soiets soos die onderskeid tussen ware gelowiges teenoor loues en ongelowiges, want die ware gelowige is nie veronderstel om gemeenskap te hê met die ongelowiges en die Godloënaars, nie (Efesiërs 5:8-11; 2 Korintiërs 6:14).

    As jy die eenvoudige verduidelikinge steeds nie kan begryp nie, is jy báie gevaarlik vêr heen op die pad van verderf.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Hel Kobus, dis absurd!  

    Jy huigel skaamteloos in jou woernaal hierbo: Waar het ek [Kobus de Klerk] óóit gesê, dat die HERE Jesus Christus nié ons ewige Vader is, nie?  

    Onthou jy hierdie leerstuk van jou Kobus: Godsdiens in die Heilige Gees en Woord van God, is die ware Godsdiens. Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17). http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi/relax/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=92553&cat_id=160  

    Onthou jy hierdie Kobus?: Nou waarsku ek (Kobus de Klerk) jou weer, ek gaan jou (Cornelius Henn) finaal mettertyd uitwys as die liefdelose fake wat jy is … en natuurlik is jou skrywes oor my, olie op daardie vuur wat jy aangesteek het vir jouself. So, wees gewaarsku – jy kan nou al uit die Woord begin om jou liefdeloosheid te probeer regverdig. Wanneer ek jou klaar uitgewys het, wanneer die tyd reg is, sal jy ’n negatiewe geloofwaardigheidskurwe hê, wat jou in werklikheid sal weerspieël. Jy ly aan ’n siekte – jy borrel en gorrel sonder ophou, die mees onsamehangende, liefdelose snert – alles peul uit jou binneste uit omdat jou eie selfbeeld só aan flarde is. Intussen – ’n uitnodiging aan jou – Verbasend genoeg haal jy gedurig my aan, waar ek skrywe ‘Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei’. Jy haal my natuurlik korrek aan, en dit is steeds verbysterend dat jy nie kan insien dat daardie woorde van my een honderd persent in akkoord met die Woord is, nie. Hou maar gerus op om jouself te verwar, met onsamehangende kontekslose verwysings na die King James Bybel. http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=95577&cat_id=160  

    Ja Kobus, en onthou jy hierdie: Cornelius kan ook nie verstaan wat ek sê, wanneer ek (Kobus de Klerk) uitwys dat Jesus Christus nie die Hemelse Vader is nie, maar die Woord van die Vader. Wanneer hy my dus hieroor aanhaal, laat hy hierdie laaste deel van my uitwysing uit, want dit verleen perspektief aan wat ek sê en dít pas Cornelius nie. http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=104871&cat_id=562  

    Dis slegs enkele aanhalings uit jare se neerhaal en vervloeking aan my omdat ek bely dat Jesus Christus ons Ewige Vader is (...of veronderstel jy dalk dat Hemelse Vader en Ewige Vader twee verskillende gode bedoel?)  

    Jou spirituele intelligensie oorskry reeds alle belaglikheid.  

    Jy is totaal op loop met jou fenomenale talent om die waarheid met opset te probeer skeef trek...  

    Besin liefs Kobus... almal is nie so naïef soos die ongelukkige harte om jou nie...  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius  

  • CorneliusHenn

    Kobus... en soos menigmaal al aan jou uitgewys... my sogenaamde collage van waansin (deel1; deel 2; deel 3; deel 4; deel 5; deel 6) is jou waansinnige opstel in desperaatheid om my te probeer neerhaal... dis geskryf en onderhewig aan jou eie beskouing en anderhaat teenoor my... doen almal die guns en hersien jou haat teenoor my met minstens so 'n paar skakels na jou bronne...

    EN ...

    Hoekom antwoord jy nie net my vraag en verduidelik wat beteken dit volgens jou om iets te deel nie?

    Dit blyk steeds dat jy 'n helse ingewikkelde argument wil aanvoer wat sou beteken dat om iets te deel slegs 'n eenparigheid van opinie kan beteken...

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Jy vra my om openlik te verduidelik wat dit in die gewone omgang van menswees volgens my beteken om iets te deel.

    Nou ja, ek sonder hierdie aspek van jou kommentaar hierbo, vir jou uit.

    Wat jy, op jou eie getuienis, deel, is juis ’n leuen. Jy beskou al die gode wat die mense van ander religieë deel, as Jesus Christus. Dus, wat hulle ook al sê, is vir jou goed en aanvaarbaar en ken jy daaraan die Naam van die HERE toe. Dít is die sinkretistiese leuen wat jy verkondig. Hulle religieuse beoefening, waarmee hulle volgens jou veronderstel is om na God te nader, is só verwyderd van die ware Godsdiens, dat hulle nie eens erkenning verleen aan die essensie van die ware Godsdiens - die HERE Jesus Christus - nie. Dit beteken dat hulle glad nie eens in hul religieuse aktiwiteit, na die HERE Jesus Christus verwys, nie, dít terwyl die HERE Jesus Christus die Énigste ware HERE (HYH YHWH oftewel HAYAH YAHWEH) is (Eksodus 3:14-15; 6:2) is en dien dus ’n versinsel wat hulle self in hul kulture geskep het. Algar van hulle misken die Godskap van die HERE, anders sou hulle Christene wees en God se opgetekende Woord aanvaar.

    Jy self verstaan nie eens wie God is en hoe die HERE Jesus Christus as God by die Drie-enige Godheid IS, nie.

    Dus, as jy opreg sou wees en self sou glo soos daar van jou verwag word (Johannes 3:16 g.m. Mattheus 10:32-40), sou jy die Waarheid met die mense gedeel het – naamlik die HERE Jesus Christus soos HY Homself in die Woord en Gees openbaar en soos ons, die ware gelowiges, Hom ken.

    Maar nou gee jy juis die Waarheid prys ter wille van ander se verskillende versinsels. Trouens, jy ag nie eens die opgeskrywe Woord nie – jou eie siening is dat daar sonder die Bybel ‘gedoen’ kan word (sien self daar jou eerste kommentaar) - lynreg met die HERE se bedoeling en onderrig. Natuurlik is dit ook weer 'n leuen van jou dat die eerste gelowiges sonder die geskrewe Woord moes klaarkom, want  die gelowiges was nog nóóit sonder die geskrewe Woord nie – die Wet en die uitgebreide Mosaïese wette en die profete en Psalms was algar van meet af aan, in geskrewe vorm en het altyd nog as Goddelike gesag, gedien, omdat dit in die eerste plek van Hom afkomstig is - en selfs die HERE verwys as gesag, juis na die geskrewe Woord (Mark 9:12; Lukas 4:4, 8, 10; 7:27, ens.) en is die geskrewe Woord juis deur die Heilige Gees van God geïnspireer as Wegwyser, onderrig en as hulp (Johannes 14:26 g.m. 2 Timoteus 3:16-17; Romeine 15:4-6; 2 Petrus 1:20-21) – God het dus die Heilige Woord in geskrewe vorm ingegee juis vir hierdie doel en daarsonder is ons Godsdiensbeoefening nie volledig nie (sien weer 2 Timoteus 3:16-17).  Die geskrewe Woord wek juis eensgesindheid en eendragtige verheerliking van die HERE (Romeine 15:4-6).

    Die satan weet dit natuurlik ook, want daarom is daar teen die geskrewe Woord, die Bybel, anders as met enige ander religie se geskrifte (die Woord lewe, maar die anders s'n is in vergelyking dooie woorde van mense), vir eeue al, kragteloos en vrugteloos deur die satan aanvallers en teëstanders opgestel – waarvan jy blykbaar nie omgee om een te wees nie! Kyk maar ook na die modus operandi van die ateïste, jou ikone – julle is obsessief oor die Bybel en probeer dit op allerlei maniere diskrediteer en waninterpreteer en afbreek en selfs misbruik om gelowiges mee te probeer bykom – presies soos hul vader, die satan, óók bekend is voor (Mattheus 4:6) want daarmee versoek hulle eintlik vir God met SY Eie Woord en dit word uitdruklik verbied (Mattheus 4:7 g.m. Deuteronomium 6:16).

    Moet ook nie vergeet watter lasterlike hoedanighede jy aan die Woord en die HERE toedig, met jou verskillende skrywes oor die tye heen, nie - soos byvoorbeeld in jou collage van waansin (deel1; deel 2; deel 3; deel 4; deel 5; deel 6) telkens al uitgewys - alle dinge wat Godslasterlik en leuenagtig, is.

    Dit behoort dus nou vir jou duidelik te wees dat jy 'n leuen met mense 'deel', die leuen wat in jou hart is. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Natuurlik onthou ek wat ek sê, Cornelius, maar dit is jý wat nie kan begryp wat ek sê, nie, omdat jy steeds nie die Drie-enige aard en Wese van God ken nie.

    Jou vals, twisgierige beskuldiging was dat ek sou voorgee dat die HERE Jesus nie ons ewige Vader is nie. My teenstelling was – Waar het ek óóit gesê, dat die HERE Jesus Christus nié ons ewige Vader is, nie? In reaksie ’n twisgierigheid plaas jy ’n brief waar ek, heeltemal tereg, uitwys dat die HERE Jesus Christus nie die Hemelse Vader is, nie, maar die Woord van die (Hemelse) Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17) – wil jy met die HERE se Eie bekendstelling van Homself, stry?

    Dus, waar het ek gesê dat die HERE nie ons ewige Vader is, nie, leuenaar? Het ek óóit die ewigheid van die Goddelikheid van die HERE Jesus betwis? Leuenaar?

    Wat die Vaderskap van die HERE aanbetref, het ek in my kommentaar hierbo en al telkens tevore verduidelik dat die HERE Jesus óns (die ware gelowige mense) se Hemelse Vader is, omdat ons in Hom wedergebore is, máár dat dit nie verander aan die feit dat die HERE Self inderdaad die Hemelse Vader as Vader het, nie. Ek het herhaaldelik verduidelik die HERE Jesus Christus is die Woord van die Vader, die Seun van die Hemelse Vader, is onderskeibaar maar nie skeibaar in die Goddelike Drie-eenheid van die Hemelse Vader en is uit die Hemelse Vader en dus nie die Hemelse Vader Self nie (Johannes 1:18; 6:45, 57, 65; 8:16-19, 28-29, 42; 10:17-18, 29, 37-38; 12:49; 13:1; 14:10; 15:26; 16:15, 28), maar omdat HY ook ons Verlosser en enigste Middelaar tot God die Vader is (1 Timoteus 2:5), is HY ook óns Hemelse Vader, en in dáárdie perspektief, moet jy Jesaja 9:5 waar na die HERE se ewige Vaderskap vir die gelowige mens, verwys word, verstaan.

    Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie … hý is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. 23 Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader – 1 Johannes 2: 22-23 Mens moet dus die Seun én die Vader herken en erken, as ’n onderskeibare Eenheid.

    Jy beskou die titels "HERE Jesus" en "die Hemelse Vader" maar net as verskillende name vir dieselfde ononderskeibare entiteit wat jy as God beskou, maar jóú entiteit, is nié die ware Drie-enige God, nie. Dus, wanneer jý na die Hemelse Vader verwys, verwys jy nié na die Vader, soos Christus die HERE Self na die Vader, verwys, nie, en ook nie na die Seun nie, want jy ontken die Drie-enige God (hoewel jy dit eenmaal erken het maar toe dadelik weer weerspreek, het).

    Dus, ek herhaal weer alles wat ek tevore van jou gesê het – jy is as moedswillige opperste leuenaar uitgewys want jy is twisgierig en obstinaat en ek sal my nie deur jou laat intrek, nie – as jy steeds nie verstaan wat ek vir jou sê, nie, wil jy nie, of kan jy nie – ewe erg en dan is dit afgehandel daarmee. Ek weet repetisie met julle soort is mettertyd effektief, maar lees dan maar net weer my skakels en die talle ondersteunende Woordgedeeltes oor en oor en oor – dalk sink dit tog wel later in.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ongelowiges en Godloënaars soos jy, Cornelius, probeer graag julle verleentheid, gekweste ego's en die letsels wat deur julle afguns agtergelaat word, nadat julle onder die uitnemende Goddelike Geestesgoed en gawes van ware gelowiges deurgewerk is, regdokter deur spottend te verwys na die uiters bekwame en effektiewe Geestesgoed van ware gelowiges waarmee julle geen raad het, nie.

    So, as jy ook maar die nodige Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie had, sou dit met jou nie so haglik in  gesprekke met ons gegaan het, nie – maar vanweë jou eiesinnigheid, is jy nou maar aangewese op jou eie onbeholpenheid – en dit staan natuurlik uit soos 'n paal bo water.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top