Die Here maak gays

  • 5

Die Here het self die gays gemaak soos hulle is - niks kan tog gebeur sonder sy wil nie, of hoe? As hy dus nie wil hê daar moet gays wees nie, sal daar nie wees nie. Dis tog onlogies om te sê dit gebeur teen die wil van God!

Daarom is dit godslasterlik om te sê gaywees is ’n sonde.

Groete,

Heiden

  • 5

Kommentaar

  • Liewe Heidin. Jammer dat ek nou jou bubble gaan bars, ek dink regtig jy is aspris met die briewe wat jy hier plaas. Of jy is dood eenvoudig te dom om enige iets te verstaan.

    Eerstens. God het almal gemaak, maar almal die verstand en wil gegee om besluite te neem. En so het jy en elke liewe gay mens wat so vinnig is om God te betrek by julle lewens styl, julle besluite gemaak toe julle besluit het nou is ons gay. Met ander woorde, die moordenaars, verkragters, diewe ens kan dan nou maar die blaam op God pak vir wat hulle is? Jy is belaglik en astrant. En wat Godslasterlik is, is die feit dat julle wegkruip agter die feit dat God julle dan nou so gemaak het, skrik wakker en erken dat dit n keuse was.

     

  • Skalla

    Sal jy kies om gay te wees in ’n wêreld waar jy verseker verwerp gaan word? Weet jy hoeveel pyn en wroeging veroorsaak daardie verwerping deur mense en die kerk? Kan ’n mens wat seksueel aangetrokke is tot die teenoorgestelde geslag dan net op ’n dag besluit dat jy gaan gay word? Ek glo nie! Daar is wetenskaplik bewys dat homoseksualiteit, ten minste gedeeltelik, geneties van aard is en dat die omgewing ’n groot rol speel!

  • Tillie.

    Persoonlik sal ek dit nie kies nie, ek het die keuse. Wat die pyn en wroeging aanbetref, ek kan my dit nie indink nie. Word hulle nog verwerp deur die kerk en mense? Ek ken toevallig gay mense wat daai keuse gemaak het, wat maar te vinnig is om saam te stem dat God hulle so gemaak het. Ek glo in leef en laat leef, is net bietjie moeg om elke dag te hoor waarvoor God nog verantwoordelik is.

    En as God dan nou verantwoordelik is daarvoor is ons hele stelsel in sy moer, soos ek hierbo gese het, dan het elke verkragter, moordenaar, pedofiel ens mos die perfekte verweer, hulle is mos dan ook so "gemaak" En miskien sal jy nie met my saamstem nie, maar Heidin se toon van haar skrywe is niks anders as om te tart nie. 

  • Kobus de Klerk

    Tillie,

    Die saak is glad nie so eenvoudig soos wat jy daar sê, nie. Die getuienis van talle mense wat bekeer is van die praktyk van homoseksualisme, bevestig dat dit hoofsaaklik verkeerde invloed, of ander eksterne faktore, wat wellus insluit, is, wat tot hulle homoseksuele aktiwiteite gelei het en dat die risikos daaraan verbonde en rasionele denke oor die voor- en nadele daaraan verbonde, baie later eers prominent begin figureer het. Dan is daar ook die geweldige aggressiewe druk van ander homsoeksuele wat baie druk op die bekerende homoseksueel plaas om binne die groep, te bly.

    Terloops, een van die meer openlike homoseksualiste is Jaco Fourie, wat op hierdie forum skrywe, en hier het hy al by verksie geleenthede korte mette gemaak van al die verskonings wat homoseksualiste probeer aanvoer vir hulle toestand.

    Wat jou wetenskaplike 'bewyse' aanbetref, is daardie baie kontroversieel en later bevind, nie korrekte wees, nie.

    Hier is ander skrywers ook, wat bekeer geraak het van homoseksualisme en hulle bevestig dat dit ’n wilsbesluit is wat suksesvol deurgevoer word in die Krag van die HERE Jesus Christus. Logies - die HERE sal nie iemand wil verlos  wat HY na bewering homoseksueel sou maak, nie. Die feit is, die HERE verlos die opregtes, omdat HY in genade en Liefde mense in hul sondenood daarvan verlos. Om dus te beweer die HERE maak mense so, is ’n leuen - en lasterlik.

    Kobus de Klerk

  • Mario Maggott

    Dit is vanaand die eerste keer war ek die webtuiste sien en dit is nogals baie interessant om al die goed te lees. Ek is gay en ek kan dit met trots sê.

    My mening oor als is tans net dat ek regtig nie omgee wat mense op aarde sê nie, want as jy elke keer die storie op bring van ons as gays pleeg ’n sonde, dan is jy wat die woorde uiter mos net so ’n sondaar soos ek. Daar word uitdruklik ook in die Bybel gesê: "moet nie oordeel nie"! En dit is wat jy as persoon dan doen, besig om te oordeel!

    Mense wat wel nie gay is nie, sal nooit verstaan dat die gays nie besluit neem oor dit nie, nee!! Niemand kan help hoe hy as mens wees is nie! Niemand nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top