Die hele wêreld word stil

  • 73

Die aand van Saterdag 14 Maart 2020 het ek ’n vreemde gevoel gehad.

Dit was die dag na Vrydag die 13de. Deur die hele Vrydag die 13de was ek beangs dat iets vreesliks sou gebeur. Ek het gewoonlik bad luck op Vrydag die 13de. Dit was onder andere op ’n Vrydag die 13de, jare gelede, dat ek gearresteer is vir dagga en in die Stellenbosse selle gegooi is.

Maar niks het gebeur nie, en Saterdag die 14de het aangebreek, en ons het ’n heerlike dag gehad. Ek en my gesin het na die Slow Food Market by die Oude Libertas gegaan, wat ’n Japannese dag aangebied het. Die Woordfees was byna verby. Ons het vroeg die middag vinnig na ’n kunsuitstalling gaan kyk in die stadsaal en toe ’n paar glase wyn in die bistro-area langs die Kruiskerk gedrink. Ons het in die loop van die dag talle vriende en bekendes gegroet en geselsies aangeknoop. Daar was ’n feestelike gevoel in die lug.

Die aand het ek alleen Paarl toe gery vir ’n konsert in die Ou Meul-teater.

Ek het daar aangekom in die middel van beurtkrag. Die konsert, wat geskeduleer was vir agtuur, sou dus eers halfnege kon begin.

Dit was terwyl ek in die donker backstage gesit het, by die lig van ’n enkele kers, dat die vreemdste gevoel my onverwags oorval het.

Iets tussen heimwee en … en wat?

Vrees?

Die virus was toe al nuus. Daar was enkele gevalle daarvan in Suid-Afrika. Baie mense het grappies daaroor gemaak. Dit was egter meesal nog ’n probleem wat homself elders afspeel, in lande baie ver van hier. China en Italië.

Wat ek nie besef het nie – en wat ek op geen manier kon voorsien het nie – was dat my konsert die aand van Saterdag die 14de Maart my laaste show in ’n lang tyd sou wees.

Hoe kon ek dit vermoed? Ek was vol bespreek vir weke die toekoms in. Optredes in die Blou Hond, die Krugersdorp Barnyard, Die Boer in Durbanville, KKNK, die Aasvoëlklub in Bloemfontein, Evita se Perron in Darling, Gifberg, you name it. Daar het ’n besige tyd voorgelê. Ek het uitgesien daarna, want dit was alles lekker shows by lekker plekke, tussen lekker mense, mense wat ek geken het en met wie ek altyd lekker saamgewerk het.

Ewenwel, die beurtkrag het geëindig, die ligte het aangeflikker, en ek het van agter af tot op die verhoog gestap, plaasgeneem op my kroegstoel, ’n slukkie wyn gevat, en begin met my gebruiklike uur van eenvoudige wysies, flou grappies en rymdwang.

Voor my was die gehoor in stikdonker gehul. Dit was donkerder as gewoonlik. Asof beurtkrag nog nie verby was nie.

Toe ek “Lisa se Klavier” begin sing – my enigste werklik groot treffer – het die heimwee my weer gegryp. Veral toe ek met die koortjie begin.

“Ja, die hele wêreld word stil …”

Meteens het dit stil geword in my hart, en ’n koue, irrasionele paranoia het op my skouers kom sit soos ’n groot donker voël.

Ek kon dit nie verklaar nie.

Toe ek na die vertoning na die gastehuis toe ry waar ek sou oorbly, het ek klein en alleen gevoel.

Dit was nog erger toe ek daar aankom en niemand anders sien of hoor nie.

Dit was meteens asof ek heeltemal alleen in die hele wêreld was.

Hoeveel aande in my lewe het ek al presies hierdie selfde roetine gevolg? Reis na ’n venue toe, sing my liedjies, verkoop ’n paar CD’s, oornag in ’n gastehuis of hotel, ry die volgende dag verder?

Maar gewoonlik is alles nie so stil en donker nie. Gewoonlik voel dit soos ’n raserige partytjie.

Die volgende oggend het ek ontbyt genuttig – nog steeds alleen – en in die helder sonnige daglig het die gevoel vir eers gewyk.

Maar in die loop van die volgende paar dae het alles in duie gestort. Is my hele roetine omver gewerp.

Dit het onverwags gebeur, en die synchronicity was vreemd. Eerlikwaar. I’m not fucking making this up.

Ek het pas ’n maand tevore begin werk aan ’n beplande langerige Engelse manuskrip wat ek voorlopig die werkstitel The death of history gegee het. Ek was nie eens seker of dit ’n wetenskapfiksieverhaal sou wees of ’n stuk stream-of-consciousness teoretiese gebrabbel nie.

Die premisse was eenvoudig: Wat gaan ons, die mensdom, doen die dag wanneer ons een oggend wakker skrik en besef al ons vrese het waar geword? Dat die wetenskaplikes reg was? Dat ons geliefde ekonomiese stelsels weens faktore buite ons beheer eensklaps in duie stort? Hoe sou dit voel om in so ’n werklikheid te leef? 

Ek was nog glad nie seker waarheen ek sou gaan met die idee nie, maar ek was van dié een ding seker: Vir die omslag-ontwerp sou ek baie graag die afbeelding van ’n skildery van Giorgio de Chirico wou gebruik. Enige werk van De Chirico.

De Chirico was ’n Italiaanse skilder wat voor en tydens die Eerste Wêreldoorlog gewerk het. Ek is reeds jare lank gefassineer en geboei deur sy tonele van leë strate, verlate geboue, en pleine waar feitlik geen mense op loop nie. Dit was asof dit al was wat hy geskilder het: die leegheid van ’n stedelike landskap, gestroop van alle vrolikheid of lewe, met slegs die eggo van enkele spookfigure of standbeelde wat hier en daar opdoem soos eggo’s van ’n stille apokalips.

Ek was nog besig om te tob oor waarheen ek op pad is met hierdie manuskrip toe die eerste skok ons tref.

Die KKNK word gekanselleer.

Daarna het die skokke vinnig en naby aan mekaar gekom.

Die getal virusgevalle wat daagliks styg.

Ramaphosa wat sê dat Suid-Afrika in ’n amptelike rampstatus verkeer.

En toe, een na die ander, word my konserte afgestel. Tot daar niks oorbly nie.

Die Blou Hond in Pretoria het nog dapper voortgeveg, en my vliegkaartjies was al bespreek en ’n slag gewysig, maar die aand voordat ek lughawe toe sou gaan, hoor ons dat alle restaurante wat wyn bedien, hul deure om sesuur sal moet sluit.

Die res is geskiedenis.

Of dalk nie.

Beleef ons tans iets soos “the death of history”?

Of is ek oordramaties?

Dit wat tot ’n week of twee gelede ons normale lewe was, het meteens verander in ’n wetenskapfiksieroman. ’n Dreigende distopie. ’n Situasie wat niemand voorsien of voorspel het nie.

By die huis, met skielik so baie tyd op hande, probeer ek, soos almal, my besoeke aan winkels en my sosiale lewe tot die minimum beperk.

Ek het ’n paar apps op my selfoon waaroor ek baie mal is. My gunsteling is een met die naam Live cams. As jy op Live cams kliek, sien jy straattonele van wat, in real time, elders in die wêreld gebeur. Jy kan kyk hoe drink olifante water in die Wildtuin. Jy kan loer wat gebeur op ’n strandoord in Taiwan. Jy kan gaan kyk na al die miljoene flikkerende nagadvertensies van Times Square in die VSA.

Na ’n paar dae van rondsit en niksdoen – ek is toe al, teen daardie tyd, te ontsteld en te omgekrap om aan my manuskrip te werk – kliek ek eendag op ’n straattoneel wat ek al dikwels tevore na gekyk het wanneer ek verveeld is; die uitsig oor ’n stadsplein in Perugia, Italië.

Gewoonlik is dit polsend met mense en toeriste. Nou lyk dit soos ’n De Chirico-skildery.

Ek kliek op nog een van my gunstelingtonele om te kyk hoe dit nou daar lyk: ’n straat in die Nederlandse stad Elburg. Dis gewoonlik so lekker om te kyk na al die mense in die straatkafeetjies.

Vandag is dit feitlik verlate.

Op die bekende Damplein in Amsterdam – ’n plek wat ek self al dikwels besoek het – is daar darem nog ’n paar mense wat rondloop, hier en daar selfs ’n motor of trem. Maar dis nie die stampvol geroesemoes wat ek gewoonlik daar sien wanneer ek op Live cams rondcruise nie.

Ek gaan kyk hoe lyk dinge by die beroemde Ruzzini Palace Hotel in Venesië.

Nog De Chirico.

Een na die ander besoek ek my gunstelingwêreldstede in die Noordelike Halfrond.

Dit lyk orals dieselfde, veral in Europa. Verlate stadspleine, leegheid, niks verkeer of motors nie, net …

Net die stilte.

Die stilte van ’n wêreld wat ophou asemhaal het.

Asof die Wegraping plaasgevind het.

En hier by ons? Gaan dit binnekort ook so lyk?

Alreeds is ons gunstelingkuierplekke en restaurante se deure gesluit. As ek met my fiets drankwinkel toe ry vir dooswyn – ek is te suinig om petrol te gebruik of bottels duur landgoedwyn te bekostig, want ek weet nie hoe lank ons gesin se fondse gaan hou nie – lyk ons hele dorp soos wat dit gewoonlik op ’n Sondagmiddag lyk. Ook stiller as gewoonlik. Aan die slaap. Selfs die straathoeke waar altyd dosyne werkloses saamgedrom het, het minder mense as vroeër.

Die ganse 21ste-eeuse beskawing het oornag tot stilstand geknars. Vliegtuie vlieg nie meer nie. In die lughawens beweeg gemaskerde spoke op en neer op melankoliese roltrappe.

Ons is stom van skrik.

Die hele planeet is stom van skrik.

Die hele wêreld word stil …

  • 73

Kommentaar

  • Ertru Hattingh

    'n Skitterende beskrywing van wat ons almal op die oomblik nie kan verwoord nie. Amper soos 'n apokaliptiese afwagting vir iets wat moet gebeur, maar niemand wil hê dit moet gebeur nie. Ons wag almal in angs, maar tog ook in kinderlike geloof op die tyd wat voorlê.

  • Sterna Visser

    So goed beskryf, Koos. Ek love dit. Net jammer dat dit nie 'n opgemaakte storie is nie, maar die hartseer realiteit.....Sterkte vir jou en jou gesin.

  • Julio Agrella

    Wie sou ooit kon dink dit sou so vinnig gebeur? Mag ons meer stilte gewoond wees wanneer dit verbygaan.

  • Wow! Is al wat ek kan se! Jy laat die werklikheid nou meer realisties klink en als skop in mens se brei in! En die hele wêreld word stil!

  • Peace I leave with you, My peace I give to you. ... Let not your heart be troubled, neither let it be afraid. - John 14:27

  • Dankie Koos, net soos jy kan. Skryf vir ons n jingle wat ons almal kan sing wanneer ons hande was x20sekondes. Maak dit vir ons lekker. Dankie

  • Aletta Pakendorf

    Koos Kombuis... Absolute raakvat van hierdie wêreldgevoel van tyd en mens wat stil geword het, lamgeslaan deur iets wat niemand en geen land ontsien nie. En hy slaan ons nog stommer met woordrykheid en emosie wat nie gil nie... Net diep en dieper knel en vasgryp. Dankie, dankie.

  • Laat elkeen hierdie situasie op sy eie manier hanteer. Moenie andere dwing om soos jy te dink of op te tree nie. Vir my is die beste om stil en rustig te raak met die wete dat die Gees van God in my is, maar dit is my eie persoonlike mening. Sterkte aan almal in ons land en oor die hele wêreld...

  • En soos ons wêreld stil raak, is dit tyd om ons ore oop te maak en te luister. Luister om regtig te hoor. Die mooi van 'n klavier.

  • Andri Nieuwoudt

    Ek woon in Nederland: ons het al 10 dae, met toenemende mate van inkorting, 'n opslotsit. Jou venster is whatsapp en facetime op die selfoon- kleinkinders woon so 6 km van ons en ons mag hulle nie ontvang nie. Hul pa is 'n GP en hy sien daagliks die gevolge van die virus. Net dit: moenie glo julle gaan op die datum aan julle gegee weer straataf kan gaan nie- ons eerste datum was 6 April, nou is dit 1 Junie. Ek haal Nicola Sturgeon, die Skotse eerste minister, aan: " if you feel normal- you do not adhere to the regulations: you need to feel abnormal"

  • Wat n waansinnige hartseer realiteit, maar die aarde hou ons in haar arms. Almal gaan asem haal en n tree terug gee. Neem n oomblik, eet vars tuisgebakte brood, drink kondensmelk koffie en maak n vuur. Luister vir voëls in die oggend en ervaar net menswees sonder n gejaag en geraas. Dankie Koos vir lekker leesstof

  • Wehan Wessels

    Ek is oortuig dat ons binnekort weer "Liza se klavier" gaan hoor "vanuit die vullis in Oranjestraat"... en hierdie keer gaan die "bure nie moan nie"! Dis nie net die boemelaar se droom nie. Dis ons almal s'n!

  • Willem Stilling

    Stiltetyd. Tyd om te besef en te aanvaar dat jy iets is sonder die sosialiteit en rendabiliteit van vriende, werk, kerk, kuns, kultuur en sport. Daarna kom ligte uit. Maar dis 'n ander storie.

  • Ek stem saam met Frank Ehmke, die Gees van God is aan die werk in my. Ek dink dis nou meer as ooit nodig dat ons sal bid. Die Woord van God roep ons op om te bid sonder ophou en bid by elke geleentheid. God het toegelaat dat die wereld tot stilstand kom. Dit was so mooi om te sien dat pres Ramaphosa en sy kabinet gisteraand gebid het voor sy toespraak. God alleen, kan weer die wereld in beweging bring. Shalom

  • Robert le Roux

    Die hele wêreld word stil... En minder... Baie dankie Koos vir n ongelooflike stuk wat jy met ons deel. Koue rillings loop teen my ruggraat af.

  • Dit is nie net strate, pleine en stegies wat stil geword het nie! Die lag en huil van my kinders en kleinkind het ook hulle gevolg na verre lande. Lisa se klavier sal nul nooit weer hoor nie!

  • Denise McLoughlin

    Ek is diep geraak en stomstil terwyl ek jou woorde lees. Skryf asb daai jingle vir die baie handewas. Dankie Koos

  • Baie dankie Koos, my gemoed is oorlopens vol, maar ek is vol geloof, want ek weet dis net God se manier om Sy kinders uit hulle droomwêreld wakker te maak, alles wat ons het, nog nodig gaan kry, is Sy Genade.

  • Prachtig geschreven Zelfs een Nederlander kan dit volgen Sterkte allemaal om hier samen doorheen te komen gr uit een stille Holland

  • Annarie Grobler

    Ek het ook vandag vir n pasiënt gesê, jy kan nog net more kom, en geskrik vir die verslae gevoel van onwerklikheid. Jou hele wêreld, jou grootste passie "on hold"...

  • Martie Manley

    Koos, wonder die hele tyd hoe sou Ethie reageer het op hierdie situasie en hoe sou sy dit hanteer het dat ek nie elke aand skemer by haar kon gaan kuier nie. Die hele wêreld is nou stil as ek aan haar dink.

  • Julle weet, dis baie soos jou ma sit jou in die kooi, want jy het masels of waterpokkies. Jy is koorsig, kan nie speel nie; weet nie wat gaan buite aan nie. Jy weet ook nie of jy ooit uit die bed gaan opstaan nie, maar na dit alles verby is, word dit die stukkie geskiedens van jou groot siekte.

    Dit wat ons nou beleef, is vrees. Die 3 response van 'n bedreiging is Vlug, Veg of Vrees. Vrees is nou die sterkste, want wegkruip is nie regtig vlug of veg nie. Die mense op die fotos is nie op die pleine nie, hulle daar om die pleine en kyk ook deur vensters na die leë, rustige toneel. Nie almal is dood nie

    Die virus is besig om nuwe geskiedenis te skryf.

  • Hans Richardt

    Noodtoestand? Alles behoort tot PW Botha era. Destyds was wit grotendeels uitgesluit van aanklokreëls en van paswetgewing.
    Grondwetlike regte vs konstitusie se noodregulasies?
    Wat van herlewing van bv Paranoia in Parow-Noord, maar bv Paranoia in Stellenbosch?
    Noodtoestand, se Caspirs ry weer...

  • Matthys J. Strydom

    Laat ons die lewe respekteer, waardeer en geniet. Maar na dit alles, die wete (en die troos?), die enigste redding van die aarde sal wees sonder die mensdom.

  • Dis 'n groot skok vir ons almal. Ons wat sorg vry rond kon beweeg is nou ook vasgekluister in ons huise. Dankie vir 'n tuin en dat ek nie in n klein gaatjie bly nie. Sterk-staan in hierdie tyd... Totdat Lisa se klavier weer oor luidsprekers gehoor kan word. En ons weer mekaar mag druk en sosiaal kan verkeer... eet in 'n restaurant. Jammer Koos dat jou werk nou van die baan is, maar ek glo en weet dat Onse Hemelse Vader vir ons sal sorg.

  • Stiltetyd is gebedstyd. God gebruik die natuur om die mens tot stilswye te dwing sodat Sy stem bo die roesemoes gehoor kan word.

  • 'n Kastig liefdevolle barmhartige god en hy lag vir die onbeholpenheid van sy eie skepping? Ons dominee het al gepreek en vertel hoe god huil. Dis nou seker as dit met ons goed gaan hier op aarde.

  • Beste Angus
    Jy is 'n bietjie deurmekaar omdat jy en ander Jesus vermenslik tot op die vlak van ‘n sterflike mens het omdat Jesus in die vorm vam 'n mens in sy skepping Sy verskyning gemaak het.Het jy dan nie die 10 gebooie geleer nie.Weet jy dan nie dat geslagte ly aan die gevolge van oortredings van die geslagte wat hul vooraf gegaan het en dit sluit ook 'n misbruik van die natuur in.

    Wanneer Jesus die tempel skoonmaak toon hy min simpatie met die handelaars en tempelbesoekers.Die mens het mos opgestaan en saam met jou:gesê"Daar is geen God nie-dit is 'n menslike skepping".

    Noudat die natuur terugbaklei in reaksie op 'n menslike handeling waarin ‘n virus van dier na mens oorgedra is en riviere en lug skoon word en dolfyne weer in Venesië swem ,lag God want as jy met God se skepping mors, mors jy met God.

    Wat staan in Genesis 1.Die mens
    26Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel. Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.”
    27God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.
    28God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde.”
    29God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos. 30En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so.
    31God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.

  • En toe, op 'n dag, seker die dertiende, gooi hy al sy speelgoed uit die kot, en hy versuip amper sy hele skepping.

  • Ai amper die hele skepping sê jy. Nee Angus jy het gelees, maar nie verstaan nie. Hoe sou Noag nou die diere in Australië, Suid-Afrika, Suid en Noord Amerika ens afgelaai het en 'n wingerd op ;n versoute aarde geplant het.

    Nee dit was 'n plaaslike vloed, oor die wêreld bekend aan skrywers, dit was hul aarde. In Genesis 6 lees ek:

    Voorspel tot die groot vloed
    "5Die Here het gesien dat die mens sleg was. Alles waaraan hy gedink het of beplan het, was deurtrek van boosheid.6Toe het die Here spyt gekry dat Hy die mens gemaak het. Sy hart was seer.
    7Op ’n dag het Hy toe gesê: “Ek gaan alles op aarde verwoes; die mense wat Ek gemaak het asook die diere: al die wilde diere, alles wat kruip en alles wat in die hemel rondvlieg. Ek is bitter jammer dat Ek ooit mense en diere gemaak het.”

    Dit was die mense in die streek waar Noag gewoon het. Indien die hele aarde bedek was tot op die hoogte wat omskryf word, sou die drukking so groot gewees het dat die aarde misvorm, sou gewees het. Die water sou nie kon dreineer nie en die planeet sou eeue lank in 'n mistigheid gehul gewees het.

    Europa bv styg nog steeds nadat van die enorme yskap wat dit bedek het verlos is.Trouens wetenskaplikes reken dat die druk so groot was dat in leketaal een deel van die aardkors onder 'n ander ingedruk is.

    Die mense was sleg omdat hul van God se plan afgewyk het. Moet dus nie die wetgewer veroordeel vir die wetverbreker se oortreding nie. Sonder wet is daar geen oortreding nie.

    Jou verwyt klink amper soos om die huwelik as instelling te blameer vir die toenemende aantal egskeidings. Moenie trou nie. As jou verbintenis misluk, vat jou goed en vermy 'n duur egskeiding.

  • Beste Angus
    Gaan gerus na:https://coronavirus.jhu.edu/map.html om te sien watter verwoesting die virus wêreldwyd saai.
    Intussen is daar 'n hewige debat aan die gang oor oorsprong van die virus, wat redelik goed opgesom word in https://www.weforum.org/agenda/2020/03/coronavirus-origins-genome-analysis-covid19-data-science-bats-pangolins/

    Omdat die mens nou 'n globale mens is, is die virus deur die beweging van mense wêreldwyd versprei. Nou knor lande vir mekaar en sluit grense wat dekades lank oop was.

  • Beste FC Boot, jy maak nog steeds die fout om die Bybel aan die hare by te sleep sodat dit tog maar nie die wetenskap weerspreek nie. Die verhaal van Noag is 'n pragtige mite en bring 'n voortreflike boodskap aan die mens, maar as dit gelees word asof dit werklik plaasgevind het, maak jy dit 'n belaglige en bespotlike ou storietjie. Dan begin die mense dit as belaglik beskryf, en spot daarmee. Wat het Noag met al die mis op die ark gemaak; hoe het hy al die wilde voëls gevang; hoeveel bome moes hy nie man alleen afkap nie, ens.
    Gaan lees weer jou Bybel en jy sal sien dat die vloed die hele wêreld bedek het, en in daardie wêreld was daar nie 'n Australië nie. Die mite het 'n ander wêreld as ons s'n. Verwar jy die twee met mekaar, dan het jy 'n probleem met die mite.
    Neem bv. 'n kinderstorie soos Rooikappie. Dis 'n pragtige verhaal, maar as jy dit lees asof dit werklik gebeur het, dan het jy probleme. Hoe is dit moontlik dat 'n wolf die ouma kon opvreet, en dan word sy weer lewendig uit die maag geslag?
    Christene lees die Bybel verkeerd en so gaan die boodskap by hulle verby. Hulle spook dat dit so bars om te bewys dat al die storietjies werklik gebeur het, en die lesse daarin kyk hulle mis.

  • Beste Angus

    Nog 'n deurmekaar gevolgtrekking van jou.Gaan na 8. Evidence against a world-wide flood by https://factandfaith.co.za/other-articles.

    As jy nou 'n bietjie moeite gedoen het sal jy al gelees het:

    "The story of a great flood that destroyed the earth was not unique to the Hebrews, who recorded it in the Bible. The Sumerians, who were earlier than the Hebrews, had their own version of a great flood. Read the Sumerian Flood Myth"

    "Four main flood stories are found in Mesopotamian sources: the Sumerian Eridu Genesis (ca. 1600 b.c.), the Old Babylonian Atrahasis Epic (ca. 1600 b.c.), the Gilgamesh Epic (Neo-Assyrian version, ca. eighth to the seventh centuries b.c.), and Berossus' account (Babylon, third century b.c.).'

    Nêrens word daar gepraat van die hele aarde asof dit die planeet aarde is nie. Jy kan dalk van iets praat wat nie bestaan nie,maar nie die antieke skrywers nie, wanneer hulle praat van aarde is dit dit,wat aan hulle bekend is.

    Nou het jy al weer vergeet wat die oorsprong van die word 'myth'was ...

    Indien jy vergeet het,hier is dit weer:

    "The word ‘myth’ has generally come to identify any story that is believed to be a work of fiction; however, when analyzing myths and legends, it is important to understand the evolution of the word and how, using the word as it was originally understood, it is crucial to the unraveling of our human origins.

    "The word ‘Myth’ originates from the Greek word mythos, meaning ‘word’ or ‘tale’ or ‘true narrative’, referring not only to the means by which it was transmitted but also to its being rooted in truth. Mythos was also closely related to the word myo, meaning ‘to teach’, or ‘to initiate into the mysteries’. This is how the word was interpreted by Homer—who is generally identified to have lived in the 7 th or 8 th century B.C.E.—when composing his great works, including The Iliad , in which he meant to convey a truth."

    Jou probleem is dat jy lees maar nie verstaan nie, want jy lees die Bybel nie konteks nie, daarvoor moet jy die agtergrond waarteen dit geskryf is verstaan en dan ook die oorspronklike betekenis van woorde nagaan.

    Jy is dus deurmekaar, want jy lees maar verstaan nie, jy hoor maar is horende doof, jy sien maar is siende blind.

  • Angus,
    Ek het hierdie aanhaling uit jou skrywe hierbo 'gecopy en gepaste'.
    Ek wil nie myself 'breinspoel' deur dit oor te tik nie.
    "Christene lees die Bybel verkeerd en so gaan die boodskap by hulle verby. Hulle spook dat dit so bars om te bewys dat al die storietjies werklik gebeur het, en die lesse daarin kyk hulle mis". Sê kortliks hoe jy die Bybel 'reg' lees. Wat staan daar, wat volgens jou is die boodskap, die lesse?
    (Ek vermoed dat jou antwoord ateïstiese snedig mag wees, maar kom daarby verby.)

  • Beste Raed-na-Gael
    Ek wil beslis niemand breinspoel nie; die mensdom het alreeds te veel gely onder daardie woord. Ek wil hê 'n mens moet vir homself dink. Hy moet skepties staan teenoor opinies terwyl dit onbewys is.
    Ek staan skepties teenoor alles, selfs my eie skrywes en gedagtes, daarom wil ek in die aanhaling so effens veranderinge aanbring. Vervang asseblief die woord Christene met Kreasioniste -- nie dat dit veel verskil sal maak nie. 99.999% Christene is ook maar Kreasioniste. 'n Kreasionis, terloops, is iemand wat glo dat alles wat in die Bybel staan, letterlik netso gebeur het. (die hemel en aarde is in 6 dae deur God geskep en finish en klaar. Toe Darwin sy evolusieleer gepubliseer het, het Kreasioniste se rol bietjie verander. Toe het hulle met alle mag, deur middel van die Bybel probeer bewys dat die evolusieleer op 'n dwaalspoor is)
    Kreasioniste (Christene?) lees die Bybel asof dit geskiedenis-, wetenskaplike teksboeke is, m.a.w. hulle is fundamentaliste. Hulle wil maar nie aanvaar dat dit fiksie is nie, want fksie beteken vir hulle leuens. In hulle stryd om die Bybel waar te bewys, die Bybel te verdedig, evolusie as 'n spul twak uit te maak, kom hulle nie by die werklike doel van die Bybel uit nie. Hulle beveg die feit dat verhale in die Bybel mites is, dat die Bybel die Hebreeuse mitologie bevat. Hulle verpes die woord mite, want vir hulle beteken dit leuen.

    LEES ook wat ek vir FC Boot hierbo geskryf het.

  • Angus, dankie.
    Wat die kreasioniste betref is ek dit met jou eens. Ek plaas hulle in dieselfde kamp as die welvaart- en revolusionêre teoloë. Ek het geen probleem met Darwin se teorie nie. Die NT is my riglyn.
    Die verhaal in Genesis dui nie so seer aan hoe die aarde is gemaak is nie, maar dat dit Geskep is. Of dit nou 6 dae of 4.5 miljard jaar geduur het, is nie van belang nie. Die boodskap daar is dat die mens moet werk en dan rus.
    Ook wil ek aan jou uitwys dat om te beweer dat 99.999% Christene kreasioniste sou wees is “fake news” waaraan jy jou ook skuldig maak. Die OT is ’n geskiedenisboek waarin die Skepper hom aan die mensdom openbaar en laat weet hoekom en waarom Christus oppad is.
    Louw Alberts, die vermaarde fisikus en diepgelowige het eenmaal gesê, dis nie nodig om miljarde woorde se kennis op te doen nie – Glo net. Ek slaan my hande saam oor sommige apostels, pastore, profete, ledeprekers en wat nog, o ja, en sommige dominees.

  • Beste Angus
    Dit is die grootste snert wat jy nog op LitNet kwyt geraak het. Word jy nie skaam om sulke nonsens te skryf nie?
    Kom ons probeer om jou verwarde gedagtes te orden.’n Christen is ’n volgeling van Christus.
    Geen Christen wat ’n volgeling van Christus is, sal jou dom definisie van “kreasioniste (Christene?) lees die Bybel asof dit geskiedenis-, wetenskaplike teksboeke is, maw hulle is fundamentaliste” aanvaar nie, want dan sou die wetenskap vir hulle ontoegangklik en ’n struikelblok wees.

    Dit is nie waar nie, soos my talle verwysing na webblaaie soos factandfaith.co.za bewys. Die webblad is baseer op die volgende beginsels:

    “Our founding principles include:

    Acceptance of scientific discoveries about our universe and earth.
    Acceptance of our Universe and Earth being billions of years old, not thousands.
    Acceptance of evolutionary processes in nature.
    Acceptance of the Bible as our ultimate authority in maters of faith and doctrine.
    Acceptance of creation as another ‘Voice of God’ speaking to our generation.”

    Jy is maar altyd breedspraakig op LitNet. Hier is vir jou ’n uitdaging. Plaas jou verwarde gedagtes op die webblad en bewys die “founding principles” verkeerd.
    Die uitdaging is ook vir alle ateïste wat hul groot monde hier kom uitspoel.

  • Spook Speurder

    Dankie KK dis mooi maar;
    Ag asseblief FC Boot. Janee, die World Economic Forum is sekerlik ’n hogere aangeleentheid en reg vir by op aandag staan! Maar lees asseblief weer. Die artikel by weforum.org is so onwetenskaplik as kan kom maar klink so wetenskaplik soos tien, dis ge-SEO vir my en jou. Kyk hoe eindig dit met die gevolgtrekking: “Two questions remain unanswered” terwyl daar vele ander vrae is.
    Een paragraaf begin byvoorbeeld so: “Since then, many Betacoronaviruses have been discovered, mainly in bats, but also in humans.”

    Daarna gaan dit af oor alles behalwe die laasgenoemde “human”. Dis om van te lag. Dis ’n classic set-up van informasiepropaganda. Dis maklik in ’n veld soos genetiese wetenskap wat ons waarskynlik eintlik maar min regtig van weet anders het ons tog seker al lankal ’n verkouepil of stropie gehad, om nou sommer simpel te wees, soos die artikel.
    Op ’n ander plek skryf hulle: “This raises questions about the link between this COVID-19 epidemic and wildlife.” Hier is sommer nog ’n vraag, een van hul eie, maar dis deel van die set-up.

    Tipies is dit heel slim. Eers stel dit ’n markie in die hart van die stad Wuhan voor. Dan gooi hul daai moontlikheid uit want die heel eerste menslike geval (asof daar nie-menslikes ook is) geïdentifiseer, se mens was nie by daai markie aan nie, seg hul. Ons moet maar aannneem daai mens het oorleef om dit te kan uitgevind het. Dan sê dit nee, die genome sequencing toetse dui ’n November-oorsprong aan, en daarom, daarom! “This raises questions about the link between this COVID-19 epidemic and wildlife” asof dit nou enigsins sin maak.

    Hoekom die verskriklike slim artikel en hoekom so prominent soos kan kom smack bang in die middel van... Is dit nie die VN se organisasie die nie?

    Daar’s ’n ander artikel langsaan en net so prominent. Dit praat van:
    • To fight Coronavirus, China actively leveraged digital technologies such as artificial intelligence (AI), big data, cloud computing, blockchain, and 5G.
    Dan sê dit hoe lief almal vir mekaar was en hoe almal om die aarde moet saamstaan om teen COVID-19 (alles in hoofletters) te veg.
    • Companies made their algorithms publicly available, researchers shared data and firms increased access to key videocasting tools for educators and remote workers.
    So hier maak dit G5 jou beste vriend. Soek bietjie op hoe gevaarlik G5 is. Weet jy dat daai provinsie ’n toetsgrond was vir G5-vloeding van ’n area? Het jy die dokter op video hoor verduidelik hoe die afgelope eeu en langer se grieptipe epidemies almal 6 of so maande gekom het na ’n nuwe lug-tegnologie oor die aarde ingestel is, soos radio, toe later radar? Dat virusse deur mense selle gemaak word wanneer die sel beskadig word?
    En sou baie mense bv. in die VSA en Europa nie alreeds elektromagnetiese vergiftiging onder lede hê nie, van seltoringinstallasies, dus reeds verswak vir die volgende virus deur sel afbreek in mense se liggame veroorsaak/gemaak, die volgende vlaag van tegnologie?
    Hierdie informasie word onder die mat gevee, want anders moet jy die tegnologie verwyder. Nou gee ons maar die onbekende die skuld, uit die onskuldige diereryk uit, in plaas van ons eie optrede.
    As jy ’n griep nie toelaat om natuurlik uit te woed soos jaarliks gebeur nie, dan kan dit nie anders as om weer op te vlam wanneer mense meng nie. Nou gaan die verskynsel gebruik word om ons so inhuisig te hou, so lank as nodig om strukture in plek te kry terwyl mense bietjie meer as gewoonlik doodgaan want hierdie is ’n erge erge tech.

  • Beste Raed-na-Gael, jammer, al wat ek van van jou skrywe kan agterkom, is dat jy jouself weerspreek. Jy het geen probleme met die evolusieteorie nie, en in dieselfde asem beweer jy Genesis daarop dui dat die wêreld geskep is.
    Ek wil verder gaan en sê dat alle Christene ook kreasioniste is. Jy kan nie aan die een kant glo dat God elke spesie na sy soort GESKEP het, en aan die ander kant die evolusieteorie aanvaar nie. Aanvaar jy die evolusieteorie, dan beteken dit dat jy die Bybel verwerp, en dan kan jy nie 'n Christen wees nie, finish en klaar.

  • Beste Angus
    Grootste klomp snert wat jy nog op LitNet kwytgeraak het. Lees gerus 'n artikel soos bv "Reconciling the Genesis creation account with Science" by
    https://factandfaith.co.za en jy sal besef dat jy nonsens praat.

  • Beste CJ Boot,
    Eintlik voel ek nie lus om jou skrywe te beantwoord nie, want jy raak nou beledigend - tipies van 'n Christen as hy in 'n hoek gedryf word. As jy sê ek skryf nonsens en snert, moet jy dit bewys, maar kry tog jou feite reg. As jy sê ek is breedsprakig, gaan kyk in die woordeboek wat dit beteken, en pas dit op jouself ook toe. As jy sê dat my definisie van 'n Kreasionis dom is, waarom gee jy dan nie 'n slim definisie van 'n kreasionis nie?
    Kreasionis (Creationist) is die benaming gegee aan mense wat die Bybel letterlik verstaan. As daar staan dat die heelal in ses dae geskep (create) is deur God, dan is dit ses dae. As die wetenskap bewys die wêreld is rond, dan moet dit verkeerd wees, want volgens die Bybel (so sê die Kreasionis) is die wêreld plat. As die wetenskap bewys die dierspesies (wat die mens insluit) het geëvolueer, dan is die wetenskap verkeerd want die Bybel sê uitdruklik dat God die mens en dier geskape het, elkeen na sy soort. Die Kreasionis is 'n fundamentalis.
    Uit die Kreasionisme het naderhand 'n nuwe "sienswyse" ontstaan, nl. dat daar 'n intelligente ontwerper (God) is wat alles gemaak het. Hierdie mense wou die Godsdiens as 'n wetenskap gesien hê, want Godsdiens is in Amerikaanse skole verbied omdat dit nie wetenskaplik is nie. (verg. die Dover-saak). Die Intelligent Designers het met mag en mening probeer om die Bybel te versoen met die wetenskap, maar in hulle poging misluk omdat die dade wat aan die werking van God toegeskryf word, nie wetenskaplik verklaar kan word nie. Intelligent Design is toe deur die regter, wat die Dover-saak verhoor het, verwerp.
    En dis waar jou factandfaith.co.za nou inpas. Die skeppers van hierdie webtuiste is aanhangers van Intelligent Design. Hulle probeer om die Bybel met die wetenskap versoen te kry. Aan die een kant aanvaar hulle " scientific discoveries about our universe and earth", dat die aarde rond is, en die evolusieteorie, maar aan die anderkant bly die Bybel nog die "ultimate authority in ma(t)ters of faith and doctrine." Dit bly nog "Acceptance of creation as another ‘Voice of God’ speaking to our generation.”
    Skepping en evolusie kan nie met mekaar versoen word nie. Dit was selfs Darwin se probleem, want hy was ook eens 'n gelowige en het 'n probleem gehad om sy boek "On the Origin of Species" te laat verskyn, want dit sou gesien word as 'n aanval op die Bybel.
    Niemand kan hierdie webblad se "founding principles" verkeerd bewys nie want hulle is ID-volgelinge, en hulle poog om die Bybel met die wetenskap versoen te kry. Die kernprobleem lê by skepping teenoor evolusie. Jy kan tog nie aanvaar dat die mens oor miljoen jare geëvolueer het EN dat hy volwasse geskep is deur God uit grond en nie.
    Die volgelinge van Intelligente Ontwerper (God) bly in hulle wese tog maar nog Kreasioniste, en Christene is in hulle wese tog maar Kreasioniste (maw hulle glo daarin dat God die hemel en die aarde GESKAPE (create) het. (Hoe jy dit as nonsens en snert kan uitmaak en my daaroor beledig, sal net jy weet.)
    Lees jou webblad se "founding principles" asseblief aandagtig en jy sal sien dat die hele ou spulletjie 'n weerspreking is, 'n contradictio in terminis.

  • Beste FC Boot, Jammer dat ek êrens hiebo jou voorletters verkeerd het.
    Jy hou aan om beledigend ie wees deur te sê dat ek snert kwytraak, maar ek sal jou dit vergewe, want jy doen dit uit pure onkunde.
    Volgens jou praat ek snert as ek sê skepping en evolusie weerspreek mekaar. Ek kan jou onsmaaklike uitlating slegs toeskryf aan onkunde. Dit was die strydkwessie sedert Darwin se On Origin of Species. Dit was die onderwysprobleem in Amerika vanaf die Scope-saak van 1912 tot en met die Doversaak. En dis vandag nog 'n strydkwessie.
    Volgens jou praat ek snert as ek sê 'n Christen ook 'n Kreasionis is en dus daarin glo dat God die hemel en die aarde geskep het. As Christene dan nie glo dat God die hemel en die aarde geskape het nie, waaraan glo hulle dan? Hier laat jou onkunde jou ook in die steek: jy weet nie wat 'n Kreasionis is nie.
    Dan hou jy dr. M Jarvis se werk aan my voor om my nou te bewys watter snert ek praat. Ek sal jou dit vergewe want jy doen dit uit pure onkunde. Dr Jarvis is 'n groot wetenskaplike, en daarvoor respekteer ek hom. Seker maar deur indoktrinasie, is hy ook 'n Christen en groot gelowige. Soos die Amerikaanse Intelligent Designers, probeer hy ook om die Bybel met die wetenskap te versoen.
    Dis egter fataal; dit kan net nie gedoen word nie. Hy sal in die eerste plek moet wetenskaplike bewys lewer dat God bestaan, en dit kan nie. So ook kan dit nie wetenskaplik bewys word dat God nie bestaan nie. Hierdie probleem is unfalsifiable, maw op die vraag of God bestaan, is geen bewysbare antwoord nie.
    Kyk na die "founding principles" van factandfaith. Aan die eenkant word evolusie aanvaar, en aan die anderkant word geglo dat God alles geskape het. Behalwe dat God se bestaan wetenskaplik bewys moet word, is dit onmoontlik. Die mens kan nie 'n evolusionêre produk wees en terselfdertyd binne oomblikke volwasse uit grond en ribbebeen geskep word nie.
    Daar kan slegs letterkundig bewys word datr God bestaan: hy is die hoofkarakter van die Bybel.

  • Spook Speurder

    Angus, dis interressant hoe jy fiksie en mites bybring. Wat beteken hulle vir jou en hoekom sê jy "kom hulle nie by die werklike doel van die Bybel uit nie"?

  • Beste Angus
    Nou spartel jy verskriklik.
    Jy sê ek raak beledigend. Ver van dit. Wat ek vir jou kortweg sê is: God skep deur evolusie.
    As jy nou verder gelees en verstaan het dat die skeppingsverhale niks te doen het met 24uur skeppings nie.
    Daarom sê Johannes: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. Johannes praat hier van Christus. Die Christus wat jy verwerp. Daarom is daar geen weerspreking in 'founding principles' nie.

    Jy soek bewyse dat God bestaan.Het jy dan nie geleer dat Christus tussen ons kom woon het,die Woord wat vlees geword het?

    Laat ek jou nou reg help. Die Genesisskeppingsverhale oor watter diere geëet en nie geëet mag word nie bevat 'n waarheid. Dit sê kortweg: Bly weg van die aasdiere in die lug, die op aarde en die in die see. Hulle e is die vullisverwyderaars wat die opruimingswerk doen en besoedeling beheer.

    Bly weg van die roofdiere wat lewendige prooi vang en ook aas op oorskotte. Ook diere wat kruip en ander lewende goed vang soos rotte, muise ens. Diere met skubbe soos die pangolin ens. Varke is ingesluit want die het in antieke tye wild rondgeloop en aas gevreet.

    Nou kom jy as ateïs en klap hande as die Bybel verban word. Het die mense van Sjina maar die Genesisverhale verstaan, dan is daar 'n groot moontlikheid dat ons vandag nie in hierdie gemors gesit het nie.

    Begin dit nou tot jou deur te skemer dat die antieke mites, lesse was wat oorgedra is van geslag tot geslag omdat hul waarhede bevat het.Jou probleem is dat jy die betekenis wat woorde soos mite vandag dra net so van toepassing wil maak op dit wat duisende jare gelede beteken het.

    Dit is juis die houding wat jou uit die Sondagskoolklas laat stap het.Jy het nie verder gedink as wat jou neus lank is nie.

  • F.C ,
    Lees die gespreksartikel, God en ons brose wêreld - in Menings. Dit is regtigwaar 'n voorreg om sulke artikels hier te kan lees en te bestudeer. 'n Mens hoef nie jou siel te versondig met Angus se "wyshede" nie.

  • Beste Spook Speurder, aan jou naam kan ek nie agterkom of jy dink jy is ’n spook en nou speel jy speuder, en of jy ’n speurder is wat spoke opsoek nie. Hoe dit ookal sy, ’n spook is die skepping van die mens se verbeelding; dit bestaan nie werklik nie. Stories oor spoke is dus die skepping van die mens se verbeelding, daarom is dit fiksie. Die bonatuurlike is skepping van die mens se verbeelding, en skryf hy daaroor, dan is dit fiksie. Die mite is ’n besonderse storie waarin diere, bome, plante, insekte optree asof hulle mense is, maw hulle kan ook praat. Hierdie verhale was eens net oorvertel, maar lateraan het kunstenaars dit begin neerskryf. Die doel van so ’n storie was om een of ander religieuse begrip aan oa die kinders tuis te bring. Kinders sal grootoog luister na hoe ’n pampoen in ’n koets verander het, en muise in spogperde, maar as hulle bietjie ouer word, sal hulle besef dat dit fiksie is; dit het nie werklik gebeur nie. As dit egter by die Bybel kom, sal volwasse grootmense nie tot die besef kom dat die storie van Noag en die ark net ’n storie is nie. Hulle skryf boeke en boeke vol om te bewys dat dit werklik gebeur het, en in hulle pogings om die Bybelstories waar te bewys, verloor hulle die boodskap daarvan, en maak hulle die Bybel belaglik. Nou kan nie-gelowiges lekker die spot daarmee dryf. Ek hou my skaaptjoppies eekant, want een van die dae gaan God vir my skaapooie daarvan maak, as ek mooi bid. Die Bybel beweer mos dat jy sal kry waarvoor jy bid. (Ek hoop jy volg die strekking van my woorde.)

  • Beste Raed-na-Gael
    Ek verkondig nie “wyshede” nie. Ek haal uit die geskiedenis en die wetenskap my bewyse.

  • Angus,
    Daar is Christen (en ander) gelowige wetenskaplikes, en ook ongelowige wetenskaplikes. So .. jy is selektief.

  • Beste Raed-na-Gael
    Angus probeer sy bes. Dit is baie moeilik vir ’n ateïs wat voorheen ’n Christen was om te erken dat hy verkeerd is en nou soos Paulus ’n Damaskus oomblik sal beleef, want dit is moeilik want hoe sê Paulus nou vir die mense wat saam met hom reis. “Stop gaan huis toe – ons is verkeerd ons vervolg Jesus – Hy leef”. Wat sê jy vir jou vriende, jou vrou, jou kinders, jou werkmense?
    Na die skielike ommekeer sal mense enigiets glo wat jy nou sê en dit met agterdog bejeen.
    Nou wat van die wetenskap waarop Angus hom beroep. Die woord het ’n baie lang geskiedenis wat beste verduidelik kan word soos volg:
    ‘science (n.)
    mid-14c., “what is known, knowledge (of something) acquired by study; information;” also “assurance of knowledge, certitude, certainty,” from Old French science “knowledge, learning, application; corpus of human knowledge” (12c.), from Latin scientia “knowledge, a knowing; expertness,” from science (genitive scientist) “intelligent, skilled,” present participle of scire “to know,” probably originally “to separate one thing from another, to distinguish,” related to scindere “to cut, divide,” from PIE root *skei- “to cut, split” (source also of Greek skhizein “to split, rend, cleave,” Gothic skaidan, Old English sceadan “to divide, separate”).https://www.etymonline.com/word/science
    Die wetenskap in die verband ontdek dus die reeds bestaande. Dit is om die rede dat ek vir Angus Johannes aanhaal: “Daarom sê Johannes: ‘Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie’.”
    Dit sluit dus ook die evolusionêre prosesse in. As dit nie so was nie, so die Bybelskrywers, ’n reeks uitsonderings, wat op die stadium aan hul bekend was, gelys het wat hul reken buite die vermoë van ons Skepper geval het.
    Die Jode het baie gebede vir feitlik alle geleenthede. By https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_Jewish_prayers_and_blessings kan jy voorbeelde kry.
    Dink net hoe ontsteld, die skrifgeleerdes en ander was toe Jesus hul kort en kragtig leer bid het:
    9: “Hier is ’n voorbeeld hoe jy moet bid:
    Ons Vader in die hemel, laat almal op aarde groot eerbied vir u heilige Naam hê. 10: Laat u nuwe wêreld tog gou aanbreek. Almal in die hemel doen wat U sê. Gee dat almal hier op die aarde ook doen wat U wil hê. 11: Gee ons vandag genoeg om van te leef. 12: Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie. 13: Help ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen” – Mat 6.
    My bede is dat Angus soos Paulus tot ander insigte sal kom.

  • Beste Raed-na-Gael,
    Ek stem saam met jou, omtrent alle wetenskaplikes is ook gelowiges. Hulle glo aan een of ander god, opperwese, hoër hand. ’n Goeie ou vriend van my, ’n mediese dokter, en van Zulu herkoms, glo vas aan voorvaderlike geeste. ’n Vriend van hom wat ’n genetikus is, is weer ’n Christen. My Duitse vriend, ’n lekeprediker, met wie ek altyd diepgaande teologiese kwessies debatteer, is ’n bioloog en ’n goeie Christen. As ek olik voel, besoek ek my dokter, ’n groot Christen. Die mens se brein is nou enemaal “gehardwire”, gebreinspoel, om in ’n bonatuurlike god of gode te glo. (Selfs dit kan evolusionêr verklaar word.)
    Dit is egter nie my argument nie; my argument is dat die Bybel en die wetenskap mekaar weerspreek, veral watter dit gaan oor skepping en evolusie. Ek selekteer niks, ek probeer niemand oorhaal om ook ateïs te word nie, ek stel maar die saak van die ateïs deur te kyk na die geskiedenis, die Bybel, die wetenskap, die letterkunde, die feite.
    Natuurlik word ek aangeval. FC Boot vertel my elke keer dat ek snert praat, dat ek spartel, en as ek hom wys op sy onlogiese skrywe, dan ignoreer hy dit deur my te antwoord met ellelange aanhalings uit die Bybel. Hy wil my met alle mag oorhaal om soos hy te dink. My dominee het dit ook al probeer met huisbesoek, en is eenkeer hier weg sonder dat hy eers vir my gebid het.

  • Beste Angus
    Wat is onlogies aan my skrywe? Verduidelik 'n bietjie wat die mens se bydrae tot sy ontstaan was? As jy daarmee klaar is, lys dan al die faktore wat nodig is om tot sy ontstaan te bewerkstellig.
    Jy hardloop weg van die onderwerp want jy ontken die bestaan van Christus en probeer dan jou sienswyse agter logika wegsteek en verdoesel want jy hou vol dat 'n mens nie 'n Christen kan wees as jy die wetenskaplike benadering tov die ontstaan van die mens aanvaar.
    Jy weet nie waarvan jy in die opsig praat nie en probeer jou onkunde weg te steek deur te beweer dat my denke onlogies is.Jy is die onlogiese een in hierdie gesprek en probeer betekenis aan woorde gee wat hul nooit gehad het nie.
    Goeie genugtig man kom ;n slag by en word wakker.Self die Vatikaan het sy eie wetenskaplikes wat met 'n baie moderne gevorderde teleskoop die hemelruim bestudeer.
    In 2004 het die kerk al 'n verklaring omtrent evolusie uitgereik.
    Hier is 'n kort uittreksel.
    "Concerning human evolution, the Church has a more definite teaching. It allows for the possibility that man’s body developed from previous biological forms, under God’s guidance, but it insists on the special creation of his soul. Pope Pius XII declared that “the teaching authority of the Church does not forbid that, in conformity with the present state of human sciences and sacred theology, research and discussions . . . take place with regard to the doctrine of evolution, in as far as it inquires into the origin of the human body as coming from pre-existent and living matter—[but] the Catholic faith obliges us to hold that souls are immediately created by God” (Pius XII, Humani Generis 36). So whether the human body was specially created or developed, we are required to hold as a matter of Catholic faith that the human soul is specially created; it did not evolve, and it is not inherited from our parents, as our bodies are.
    While the Church permits belief in either special creation or developmental creation on certain questions, it in no circumstances permits belief in atheistic evolution."

    Dink jy nie die tyd het aangebreek om jou sienswyse aan te pas nie? Dit is so uit die oude doos.

  • Beste FC Boot,
    Jy wil hê ek moet jou onlogiese skrywe uitwys? Amper elke sin van jou skrywe hierbo (2020-14-7) is onlogies. Om alles vir jou uit te wys, sal net my tyd mors. Buitendien sal jy vir vrek stry, want dis hoe jy dit verstaan. Kom ek neem 'n paar.
    1. "As jy nou verder gelees en verstaan het dat die skeppingsverhale niks te doen het met 24uur skeppings nie." Die sin is nie net ongrammatikaal nie, maar van watter skeppingsverhale praat jy, en wat is 24uur skeppings, en waarom kan hulle niks met te mekaar te doene hê nie?
    2. "Jy soek bewyse dat God bestaan.Het jy dan nie geleer dat Christus tussen ons kom woon het,die Woord wat vlees geword het?" Hoe kan wat jy dink wat ek geleer het, 'n bewys wees van God se bestaan? As ek wil bewys dat Piet bestaan, dan kan dit nie 'n bewys wees as Jan geleer het dat Piet tussen hulle woon en dat sy woorde vleis geword het nie.
    Feitlik elke sin wat jy skryf is onlogies.
    Nou wil jy hê ek moet verduidelik wat die mens se bydrae tot sy ontstaan was. Dis mos twak. Die mens het absoluut geen bydrae tot sy ontstaan gehad nie. Het jy enigsins 'n bydrae tot jou ontstaan gehad? Dan moet jy oppas; jy kan dalk jou eie oupa wees.
    'n Lys van faktore om sy bestaan te bewerkstellig? Net jy sal weet wat jy hiermee bedoel. Die bestaan van die mens is nie bewerkstellig nie --- hy het evolusionêr tot stand gekom.
    Ek hardloop nie weg van enige onderwerp nie. Ons onderwerp is Skepping vs. Evolusie, of Bybel vs. Wetenskap. Die Bybel sê God het elke lewende wese geskep (create) na sy soort. Die evolusieleer sê elke spesie het geëvolueer vanaf 'n eensellige organisme. Wetenskaplikes werk volgens die evolusieleer, nie volgens die Bybel nie, al is hulle ook hoe gelowig en godsdienstig. Die professor in medisyne kan bv. nie aan sy studente leer dat die mens eensklaps deur God gemaak is uit grond en die vrou van die man se ribbebeen nie. As my dokter my gesond wil bid pleks van medisyne gee, gaan soek ek 'n ander geneesheer. Die medisyne wat hy vir my voorskryf moet volgens die evolusieleer saamgestel word, nie volgens die Bybel se voorskrif nie.
    Die meeste wetenskaplikes is ook maar gelowiges van een of ander soort, maar wanneer dit by hulle werk kom, moet hulle maar die geloofsbaadjie tuis laat. Selfs gelowiges soos die Roomskatolieke, waarvan jy skryf, het begin besef dat 'n mens nie die bybel letterlik moet vertolk nie. Roomses het al lankal weggebreek van die Bybel, en waar hulle in die verlede die boek streng nagevolg het, het hulle nou begin besef dat hulle verkeerd was. Copernicus en Galileo is onlangs eers om verskoning gevra dat hulle as ketters verklaar is omdat hulle verkondig het dat die aarde nie die middelpunt van die heelal is nie, maar dat die son die middelpunt van ons planetestelsel is.
    Lees ook mooi dit wat jy self aanhaal. Die Roomskatoliek is verplig om aan skepping (creation) glo. Dit word aanvaar dat daar evolusie plaasvind binne die soort, maar Darwinistiese evolusie word verwerp. (Hulle noem dit net ateïstiese evolusie.)
    Daar het jy dit voor jou, en jy stry nog. Of verstaan jy nie jou eie aanhalings nie?

  • Beste Angus
    Jy raak by die dag meer onsinning. Kyk as jy eers begin vra van watter skeppingsverhale, terwyl die onderwerp oor die skeppingsverhale soos opgeteken in die Bybel staan,dan dien dit mos geen doel om verder met jou te praat nie.
    Nou verstaan jy ook nie my vraag nie nie. Jou antwoord bevestig dit.Jy sê die mens:’ hy het evolusionêr tot stand gekom”.Onthou jy dan nie dat ek dit jou aan jou verstand probeer bring het,dat God deur evolusie skep.
    Dus die Bybel openbaar WIE verantwoordelik is,want soos Adrio König dit uitdruk:
    Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
    Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is. Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
    Die wetenskap het dus die meganisme ontbloot waardeur die mens onstaan het aan die mens bekend gestel en die Bybel die oorsaak agter dit alles. Let nou mooi op. Die twee weerspreek mekaar nie,maar is aanvullend tot mekaar. Jy sal dit waarskynlik nie verstaan nie, want Christus het volgens jou nie bestaan nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top