"Die Held Binne My" deur Claus Wegmann

  • 0

Die Held Binne My

Moeder Aarde het gordyne toegetrek
en die mis en donderwolke het die vlaktes bedek
Die bome stoei teen die wind
en dis reeds op so 'n dag ...
wat ek 'n engel soos jy kon vind

Die rustigheid in my het hoogtepunt bereik
en my oë was tevrede en my gedagtes vreedsaam ...
My bloed het vinniger gepomp as wat my breinselle kon dink
dit het gevoel asof ek van jou stralendheid kon drink

KOOR:
Hardloop saam met my
Ek lei jou na die beter kant
Wys my jy vertrou my en vat my hand
Noem my jou ridder wat op 'n wit perd ry
en ek wys vir jou die held binne my

Ons lewens saam is al klaar opgesaal
Laat weet my net wanneer kan ek jou kom haal ...
Moenie tob oor ander mense se sedes nie
Ek is seker iewers daarbuite
wag 'n wonderlike wêreld vir ons

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top