Die goete oor boeke vir kinders

  • 0

Ek sien daar is sielkundiges, opvoedkundiges (is dit die mense wat ge-lobby het vir die vak “Lewensoriëntering?”) wat helse menings het oor wat ander mense se kinders behoort te weet of nie.

As dit kom by die dieper dinge van die lewe sal ek doen wat ek dink goed is vir my kind. Ek wil hom nie in ‘n skool hê waar daar lewensoriëntering is of boekies in sy hand gedruk word oor “weet jy wanneer ‘n meisie ‘n meisie is nie”. Oor my dooie liggaam. Dis vir my so eienaardig dat hierdie mense wat almal se kinders oor dieselfde kam skeer so uitdruklik ‘n ding moet doen. Ek sou sê hou hulle juis weg van die oningeligtes, dis die heel kwesbaarstes onder ons. Dit het ook absoluut niks met konserwatief of liberaal te doen wanneer dit by my kind kom nie.

Hemel, dis ook twee dom woorde, konserwatief en liberaal. Alles moet net juis in een van hierdie slympoele val. Ek sal vir hom die waardes leer waarvan ek weet (the ones I know in my knower) en wanneer hy so 14 of 16 is kan julle oorvat want dan is hy groot genoeg om ‘n man te moker wat vir hom van bytjies wil vertel, of wat vir hom transgender- of enige ander trans-begeleiding wil gee.  

Daai goeters sal ek self met my kind in groot liefde en met baie humor om ‘n groot tafel, aanspreek. Niks se ge “kom spreek my in kantoor of kamer nie”. No Sirree! Alles onder liefde en gelag – ONS manier. Leer my kinders goeie wiskunde, wetenskap, biologie (o hel, nee liewer nie ek – net nog ‘n geleentheid om die parraboek uit te haal), twee sterk tale, ag miskien so ‘n ou klein (baie klein) bietjie geskiedenis, beslis nie van mev Pless nie, sy val vir my ook onder parraboeke), en miskien nog so bietjie wiskunde by, in plaas van lewensoriëntering.

Hoekom wil ander mense altyd met mens se kinders se koppe neuk? Verdomp man. Hou julle ‘n slag in.

Rietha Zondagh

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top