Die gemors wêreld waarin ons woon

  • 0

Let bietjie op die vreeslike nuusberigte wat mens daagliks lees: 'n Baba word by 'n woonstel se venster uitgegooi (Sjina); babas word verkrag, vir moeti vermink of in die toilet afgespoel (Suid-Afrika); tientalle mense word vermoor en onthoof (Meksiko); bomme ontplof byna daagliks in talle lande (bv Irak en Afganistan). So kan mens aangaan, daar is geen einde aan die lys nie en veral hier in ons land is dit erg met moorde, verkragtings, rooftogte, stropery, korrupsie en diefstal ... noem maar op. (Wat nogal amusant is, is die RSG se nuusberigte oor misdaad. As hulle bv uitsaai korrupsie is aan die toeneem in Suid-Afrika, voeg hulle vinnig by dat dit wêreldwyd toeneem. Sodat linkses nie moet dink dat hulle rassisties is nie. So al asof dit dan 'n aansteeklike siekte kan wees wat wyd versprei.)

En korrupsie, korrupsie, korrupsie in ons land. 'n Politikus wat teregstaan op 'n ernstige korrupsieklagte, stig 'n nuwe party en sê een van sy doelwitte is om juis korrupsie te bestry. Hy beweer die klagtes teen hom is polities gemotiveer. Hy verstaan blykbaar nie dat die reg maar net sy gang gaan nie. Nee, "hulle" verstaan nie dinge op dieselfde manier as ons nie. "Hulle" het nie 'n geskiedenis van 'n geskrewe, verantwoordelike en verantwoordbare regstelsel nie. Dít is natuurlik apartheid se skuld, meer as wat enigiets anders op apartheid gelaai kan word. Of miskien glo die betrokke persoon dat, as jy in die politiek is, is jy immuun teen vervolging. En boonop beloof die knaap om wittes se grond en myne af te neem. So sal hy baie stemme kry, want hulle glo almal die wittes het hul beroof! Daar is geen nugter beskouing van die geskiedenis en geen begrip vandag meer van hoe hulle geleef het voor die witman hier gekom het nie - dat die meeste van hulle maar arm was en bitter min besit het nie. Nie dat ek ontken dat die wit pioniers die stamme nogal taamlik van hul grond beroof het nie. In die Oos-Kaap het die Britte die Kôsas telkens verder teruggedryf, tot anderkant die Keirivier. In die Transvaal en Natal het dit nie juis anders verloop nie. Maar het die stamme die grond behoorlik benut? Dis 'n ope vraag ...

Maar ons praat van korrupsie - elke dan en wan word 'n politikus of amptenaar bevind om ernstig onder verdenking te wees. Selfs ons president is sterk onder verdenking, maar hy is soos 'n glibberige paling en ontduik die gereg met gemak. Gepraat van presidente: ons is glo 'n demokratiese republiek, maar ons het ook 'n aantal konings wat belastingbetalers se geld gulsig en met oorgawe opvreet. En bigamie is vir my verbode (ek sou graag 'n aantal mooi jong mans wou hê), maar die president het minstens drie vrouens, wat seker ook elkeen staatstoelaes kry. Van die konings en hoofmanne het seker ook meer as een vrou.

Dis 'n uiterse gemors land waarin ons woon, in 'n gemors wêreld. En hier by ons is politieke korrektheid seker die grootste vyand, want die waarheid word sodoende gedurig onderdruk. Mens mag nie 'n ding op sy naam noem nie.

Waar gaan alles eindig? Sowaar, ek wens Jesus wil nou kom, om alles weer reg en verstaanbaar te maak. Want tans leef ons in totale verwarring.

Varkspek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top