Die geliefde Liewe Heksie is terug

  • 0

Die geliefde Liewe Heksie is terug!  Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag by die Suidoosterfees - Kunstekaap Hoofteater op Saterdag 2 Feb om 10:00.  Met haar persente, ’n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.  Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry.  Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ’n Aanbieding vir die hele gesin: van die volwassenes het by die KKNK gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare! Mariana Malan skryf in die feeskoerant die Krit “Impromptu teater op sy beste.  Margit Meyer-Rödenbeck het as Liewe Heksie die jong gehoor in die palm van haar hand.

Kaartjies is R50 en beskikbaar by Computicket.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top