Die Gebed
Kom ons buig die hoofde
en hou die gedagtes oop
Netnou mis ons die boodskap
deur ? split sekonde verloop
Heer, kan U my vergewe
want ek hou my oë oop?
Heer, sien U dit brandend?
Want ek wil haar net sien
en as ek brand
het ek my loon verdien
Ek bid vir vrede
vrede in my gemoed
Laat sak jul gewere
want deur die kerk is die koeël
Ek vra om vergifnis
maar ek herhaal die daad
sê by my begrafnis
ek het haar liefgehad
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


