Hoezit! se flambojante Februarie-uitgawe is nou op die rak.
Dié maandelikse voortiener-tydskrif vir ouens en meisies is propvol moet-weet-inligting, vermaaknuus en tonne kompetisies!
Op die voorblad pryk die oulike sangeres Carly Rae Jepsen, wat vir twee Grammy-toekennings benoem is. Vind uit hoe die aansteeklike liedjie “Call me maybe” haar sterstatus besorg.
In “wie's in en wie's uit” wys ons jou watter celebs jy in 2013 moet dophou!
Wetenskapboffins kan regmaak vir ’n fantastiese eksperiment oor hoe jy tussen ’n suur en ’n basis onderskei.
Reis saam met ons na kleurvolle stede en leer oor watter rol kleur in verskillende kulture speel.
Vir aanhangers van Disney se Shake it Up-televisiereeks is daar ’n pragplakkaat van Bella and Zendaya.
Daar is ook hope ander pryse op die spel, soos albums van Die Heuwels Fantasties, The Plastics, Katy Perry: Part of Me- en Hotel Transylvania-DVD's, en natuurlik fantastiese boeke soos Graham Isaacs en Katrin Coetzer se Trein na Kalkbaai, Brotherband-stelle en Diary of a Wimpy Kid: The Third Wheel.
Onthou ook dat Hoezit! nou beskikbaar is as ’n digitale tydskrif, om afgelaai en gelees te word op jou rekenaar, tablet of selfoon. Maak ’n draai by http:// www.mysubs.co.za/magazine/hoezit om sommer nou in te teken.
Sluit ook aan by ons Facebook-groep: www.facebook.com/ATKVHoezit vir nuus en kuier elke dag.
![]() |
| Die Februarie-uitgawe van Hoezit! is nou op die rakke. |
Inligting oor Hoezit!
Hoezit! is ’n maandelikse Afrikaanse tydskrif vir ouens en meisies tussen die ouderdomme van 8 en 14. Die inhoud fokus op vyf spesifieke afdelings:
* Vermaak – alles en nog wat oor flieks, musiek, boeke, speletjies en sternuus.
* My wêreld – ’n kykie na verskillende lande, diere, kulture, die ruimte en tegnologie.
* Ek voel – fokus op die emosionele welstand van jongmense. Hoe hanteer jy boelies? Hoe voel eerste liefde?
* Slimkop – skoolsillabus-gedrewe inhoud perfek vir skooltake en weetgieriges!
* Vet pret – sudoku's, woordpret, soek die verskille en hope praktiese doengoed.
Vir meer inligting oor die tydskrif en om in te teken:
Redakteur
Donnay Torr
011 919 9063
donnayt@atkv.org.za
Intekenare
Lillian Meyer
011 919 9112
LillianM@atkv.org.za
Bemarking
Brink Olivier
072 842 1159
BrinkO@atkv.org.za



Kommentaar
Hi ek is Chante Joubert, ek bly in Swartklip. Ek is in graad 7 en ek het eers nie van jul tydskrif geweet totdat my vriendinne my van dit gewys het en nou is ek mal daaroor. Jul is so AWESOME ek geniet dit baie.
Goeienaand,
Ek like Hoezit
Ek hou baie van hoezit en ek sal dit nog meer like as ek dit op my electronic toestel kon kry.
Asb
Ek like hoezit dit is so super cool😘