Die essensie van spirituele intelligensie

  • 1

As enige SêNetter al ooit gewonder het wat spirituele intelligensie behels dan gee hierdie skakel 'n baie goeie idee van die misterieuse werkinge van spirituele intelligensie (SI).

My opsomming daarvan is:
SI het sy fisika-wette.
As jou kennis tekort skiet maak jy uit jou eie SI-bronne nuwe wette en stellings op (sonder enige toetse of bewyse).
Wetenskaplikes en akademici draai die hele wêreld 'n rat voor die oë.

Die nuutste uit die SI-kennisbron is dat dit nie alleen Jupiter se mane is wat nie van die aarde af sigbaar is nie, maar die hele Jupiter is 'n optiese illusie! Die ganse kennis oor astronomie word met een veeg van die tafel gevee en vervang met nuwe voorstelle (wat terstond feite word omdat bewyse onnodig is) uit die SI-wêreld.

Om te dink ons hier op die Sê het dit die eerste gehoor.

Groetnis
Thomas

  • 1

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Thomas, ek stel voor dat die skakel wat jy hierbo verskaf sy eie plek kry op die hoofblad. Dit sal tragies wees as hierdie skakel wat KdK se SI so mooi demonstreer moet verdwyn in die argief.

    Ek hoop ook nie dat Brianvds en Mefiante dink niemand volg hulle skrywes nie. Ek verstaan nie alles nie (om eerlik te wees, eintlik min van die tegniese inligting), maar die manier van argumenteer, konstruktief en altyd ordentlik, selfs al is dit vir geen ander rede, verdien 'n spesiale plek op die Net.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top