Die Patriot vs The New York Times

  • 0

Hello

Jan Rap het dit so dat die nuusblad se nuus wat rapporteer word ondergeskik is aan wat die redakteur voorskryf en dat die weer voorgeskryf word deur die aandeelhouers of so iets. Soos alreeds aangedui is dit ‘n baie lui stelling om ‘n argument af te sluit met daardie “of so iets”.

Hoe moet bogenoemde stelling ontleed word. Dit kan aanvaar word dat die redakteur die onderwerp wat ondersoek moet word aan die joernalis sal toeken, maar om dan te beweer dat die redakteur die bevindinge ook kwantifiseer is te dik vir ‘n daalder.

Hoe kan die verslaggewing uit Irak, Afghanistan, Egipte, Suid-Afrika in sy totaliteit vooraf bepaal word en die verslag dien ooreenkomstig opgeskryf word. Soos alreeds aangedui die verslaggewer is daar op voetsoolvlak en rapporteer soos die storie ook al mag ontwikkel.

Dit kan ‘n skok vir Jan Rap wees om te ontdek dat die poging tot onpartydigheid is wat betroubare nuusinstellings nastreef ‘n werklikheid is.

Ben Bradlee van die Washington Post verwys na die “best obtainable version of the truth” en daar is instellings wat streef om so te doen.

Sulke instellings sal wees die BBC, New York Times, Washington Post, The Guardian en nuwe instellings soos Pro Publica voorbeelde daarvan.

Die Washinton Post het die vergrype van Nixon ontbloot. (Die Grahams wat beskerming gebied teen pogings om die nuus te onderdruk.)

Die New York Times het die “Pentagon Papers” ontbloot, net soos dit later die bedrog rondom die redes vir die inval in Irak ontbloot het. (Die Sulzbergers wat beskerming gebied teen pogings om die nuus te onderdruk).

The Guardian het die skandaal van News International ontbloot en juis weer bevestig hoe kragtig die media is om knoeiwerk te ontbloot. (Scott-familie trust wat verslaggewing as ‘n morele verantwoordelikheid sien.)

Soos alreeds aangedui die New York Times se argiewe oor apartheid is sonder weerga. Dit is jammer dat Die Burger, The Cape Times, Cape Argus en koerante van die noorde se argiewe nie op dieselfde skaal beskikbaar is om te vergelyk hoe die verloop intern tot Suid-Afrika gedek is nie.

Met dit, word dit aanvaar dat die enigste “koerant” wat vir Jan Rap en sy maat aanvaarbaar sal wees, sal die Patriot van die laat 90’s wees.

Daar was nou ‘n koerant wat na die pype van sy aandeelhouers gedans het.

Dan is daar Henn, wat niks van bogenoemde verstaan nie, en dink dit alles is ondergeskik aan dit wat in Wikipedia gevind kan word.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top